Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, en in 2025 haar versebundel, Skemerversedeur Naledi gepubliseer.

Daar is méér: ’n gesprek tussen Estelle Kruger en Daniël J Louw

Estelle Kruger, Daniël Louw Skrywersonderhoude 2023-02-03

"Hoe gee jy gestalte aan dit wat jy nie sien nie, maar jou elke dag inspireer om sinvol te leef? Is daar ook nie tog méér as dit wat die sintuie kan sien, voel en empiries kan waarneem nie?"

Gesprek tussen Estelle Kruger en Elias P Nel oor Woordenaars

Estelle Kruger, Elias P Nel Skrywersonderhoude 2023-01-12

"En in ’n land waar wetteloosheid hoogty vier en moorde aan die orde van die dag is, klink die noodkreet van hierdie bundel op: kom ons pleeg liewer woorde as moorde!"

Om lekker boeke vir die klaskamer te maak

Estelle Kruger, Marieta Nel Skrywersonderhoude 2022-11-04

"My opdrag was om lekker boeke vir die klaskamer te maak – boeke wat werklik ’n verskil gaan maak. Dit is die lekkerste werk ooit en ek kan nie glo dat ek daarvoor betaal word nie."

’n Gesprek tussen Estelle Kruger en Fanie Olivier oor sy vertaling van Mister Angelo Alzheimer

Estelle Kruger, Fanie Olivier Skrywersonderhoude 2022-09-28

"Jy lees die teks sekerlik minstens twee keer deur sodat jy die 'gevoel' van die storie kan kry en vasstel hoe die storie vertel word. Laasgenoemde is seker die moeilikste ding om oor te besluit, en dan veral wat jy gaan doen rondom die hantering van tydvorme, spesifiek die verlede tyd."

’n Pa se gene en keuses

Estelle Kruger Rubrieke 2022-08-24

"Omdat my pa blind was, het ek geleer om onsigbaar te wees. Ek kan nie so goed van my pa onthou nie, maar ek vermoed dis van lankal af dat mense my nie kan sien nie."

Mooi Annie – die spieël in my raaisel

Estelle Kruger Rubrieke 2022-08-08

"Ek verlang na pannekoek wat jy vir ons gebak het op sulke reëndae, ’n tradisie wat ek weer vir my kinders voortgesit het. Maar nou het ek niemand vir wie ek kan pannekoek bak nie en ’n mens doen dit nie net vir jouself as jy alleen is nie."

Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman Laaste lewe (2020)

Estelle Kruger, Fanie Viljoen, Daniël Hugo Skrywersonderhoude 2022-08-02

"Strokiesprente kombineer die visuele en geskrewe wêreld op ’n unieke manier. As bonus is dit vermaaklik."

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – op reis na akademiese uitmuntendheid en innovasie

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-08-01

"My verhouding met die leerders en studente het vir my toenemend belangrik geword. Ek het omgegee vir hul persoonlike ontwikkeling, die ontdekking en realisering van hul potensiaal en hul ervaring van gebrokenheid in hul wêreld, tesame met die soeke na kreatiewe oplossingsmoontlikhede binne hul bereik."

Trompie ’n chauvinis?

Estelle Kruger, Corene de Wet, Dewald Koen Onderhoude 2022-07-14

Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.

Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees

Ronel van Oort, Estelle Kruger Onderhoude 2022-06-22

"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – ’n afdraaipad na interkulturele onderwys

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-06-10

"Ek het by beide die kontak- en afstandsonderrig studente aangemoedig om Afrikaanse tydskrifte soos Huisgenoot te lees omdat dit ’n gebruikersvriendelike aanslag het en hulle eweknie in Drum en You gevind kon word om te help met leesbegrip en hulle aanleer van Afrikaans. Tog jammer dat daar nie toe reeds 7de Laan (wat eers in 2000 verskyn het) op die televisie was nie."

’n Heilige oomblik

Estelle Kruger Poësie 2022-06-01

"wanneer
jy by die strandmeer
’n engel ontmoet
terwyl sy honde
heen en weer hol"

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

Estelle Kruger SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-05-03

"Dit was ’n aangrypende ervaring om voor (opstandige) hoërskoolseuns in die klas te staan terwyl die 1976-onluste rondom Afrikaans as onderrigmedium in Soweto plaasgevind het. Hoe verduidelik en regverdig ’n mens dit dat leerders gedwing word om in die 'landstaal' onderrig te ontvang, terwyl jou eie politieke oortuigings nog aan die ontwikkel is."

Elders gesien: “Waar is weg, Mamma?”

Estelle Kruger Elders gesien 2021-12-22

"Vandag het ek die molshoop-masurka gedans. Gewapen met tuinhandskoene en plastieksakke was my weeklikse pilates-oefeninge om op-en-af te buk, gemors te pluk."

Losprys in Parys, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-12-20

"Die byna humoristiese aanslag van die verhaal relativeer die spanning en die gevare waaraan sy blootgestel is. Die storielyn vloei lekker en dit kan tieners bewus maak van die gevaar daarvan om iemand té maklik te vertrou."

Top