’n Heilige oomblik

  • 10

Foto: Canva.com

’n Heilige oomblik
wanneer
jy by die strandmeer
’n engel ontmoet
terwyl sy honde
heen en weer hol
elkeen op soek na ’n mol
en hy jou weerloos groet
vir jou vertel 
van die operasie
om sy vlerk
wat geskeur het
te herstel
en jy wil swem
in die poel
van sy saffierblou oë
as
hy dan opstaan
vra vir jou naam
en hy herhaal dit
asof hy dit toedraai
in sagte sjokolade
wat hy in sy
mond om en om rol
dan
koester jy dit in jou hart
en dra dit met jou saam

  • 10

Kommentaar

  • Johannes Slabbert

    Dit is so sag, verhelderend met diep gewaarwordende emosies van waardering en liefde, soos die lewe altyd behoort te wees.

  • When we allow presence to touch us we thrill. Just reading this verse is another such moment, wrapped in saffron-blue tranquility and imagining the healing breeze of the lagoon. Thanks for sharing this gift.

  • Dit is hemels. Inderdaad 'n heilige oomblik. Dankie vir die deel, my dag voel sommer rosiger. En laat my droom vir 'n mooi toekoms saam met 'n vreemdeling wat 'n geliefde geword het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top