Estelle Kruger

Estelle Kruger het by Noordwes-Universiteit haar Hons BA (Psigologie) en Hons BA (Afrikaans-Nederlands) behaal. By Unisa voltooi sy haar studie vir haar Nagraadse Onderwysdiploma en by UKZN behaal sy ’n MA (cum laude) vir die onderrig van Afrikaans as addisionele taal. Ook verwerf sy by die Universiteit Stellenbosch ’n PhD oor die onderrig van Afrikaans. Hier het sy vir 10 jaar Afrikaans-onderrig aan onderwysstudente in die Fakulteit Opvoedkunde doseer. Estelle ontvang in 2006 die rektor en visekanselier se toekenning vir voortreflike onderrig.

Estelle was vir sewe jaar die redakteur van LitNet Akademies (Opvoedkunde). Tans leef sy haar passie uit in die baie wonings van LitNet, waar sy resensies oor nuwe Afrikaanse jeugromans skryf, nou en dan ’n gedig of twee skryf, en e-gesprekke met skrywers voer.

In 2023 is haar metaroman, kammawaarwêreld, en in 2025 haar versebundel, Skemerversedeur Naledi gepubliseer.

’n Klein bietjie magic, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-11-26

"Die verhaal handel uiteindelik oor Janke se ontwikkelende vriendskap met Stefan, wat belangstel in en kennis het aangaande sterre – hy wil ’n sterrekundige word. Hy en Adriaan en hulle pa woon in McDougallsbaai en gee vroeg in die verhaal te kenne dat hulle ’n ruimteskip gesien het en dit geheim hou."

Op die maat van Maya, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-11-22

"Die titel is meerduidig – dit kan handel oor musiekritme (maat), en ook oor Maya se vriende (maats)."

Verkleurmannetjie deur François Bloemhof, ’n lesersindruk

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-10-20

"Omdat die roman baie slim geskryf (gekonstrueer) is, wil ek die skrywer salueer deur dit so deeglik as moontlik te bespreek."

Tyd om te skaats deur Jacolet van den Berg, ’n lesersindruk

Estelle Kruger Lesersindrukke 2021-10-18

"Hannah se kreatiewe taalgebruik deur middel van vars vergelykings en metafore in beskrywing van haar gedagtes en gevoelens kan die leser se verbeelding stimuleer om só opnuut bewus te raak van die kreatiewe krag van taal en hoe dit ’n ewewig skep en moralisering voorkom."

’n Boekgesprek met Anna Emm

Estelle Kruger, Anna Emm Skrywersonderhoude 2021-10-01

"Stephen King het dit een keer so raak beskryf. Hy’t gesê om te skryf is soos om ’n bonfire te maak op ’n donker strand, en dan kom die karakters en storielyne na die lig toe. En elkeen wat kom, bring meer lig, kom pak nog ’n stuk hout op die vuur totdat die hele strand verlig is en jy as skrywer alles kan sien. Dis presies hoe ek dit ook ervaar."

Wat Werner doen met sy drie miljoen deur Tertius Janse van Rensburg, ’n resensie

Estelle Kruger Resensies 2021-09-22

"Nou begin die groot uitdaging: Sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?"

Tao van wakker word deur Abel Pienaar: ’n Persoonlike indruk en huldeblyk

Estelle Kruger Boeke en skrywers 2021-09-22

"Hierdie stuk is nie ’n resensie nie, maar ’n essay met my gewaarwordinge van wakker word rondom die boek en my eie ervaring van ’n spirituele reis saam met Abel Pienaar terwyl ons per e-pos die gesprek vir LitNet beplan het. Ek bied in hierdie huldeblyk ’n (langasem) oorsig oor die inhoud van hierdie boek en verwys telkens na enkele verbandhoudende tekste."

COVID-19 en verlore skooltyd: Estelle Kruger se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Estelle Kruger Skole 2021-07-28

"Wat vir my uitstaan in onderrig – behalwe die vakinhoud – is kreatiwiteit, humor en pret."

My wakkerwordpad saam met Abel Pienaar

Estelle Kruger In memoriam 2021-07-01

"En vandag het die boek aangekom – ’n kosbare geskenk ... Saam met – net ’n uur of wat daarna – die skokkende nuus van Abel se dood."

Spiritualiteit: ’n gesprek tussen Abel Pienaar en Estelle Kruger

Estelle Kruger, Abel Pienaar Geestelik 2021-05-19

"Ek verstaan spiritualiteit as ’n reis en nie ’n bestemming nie. Daarom is dit vir my en my medereisigers so belangrik om ’n lewe van verwondering en eerbied voor die groot en onpeilbare Geheim, wat ons die goddelike noem, te leef en te sterf."

Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie

Estelle Kruger Resensies 2021-01-08

"Dis die onstuimige tagtigerjare. Bethel Hendrix, haar broers en hulle ma reis deur die land in ’n Kombi. Hulle leef ’n nomadiese bestaan en bly net vir ’n kort ruk in een dorp voor hulle na ’n volgende beweeg. Om die gesin aan die lewe te hou, verkoop Bethel se ma vetkoek. Maar oral waar hulle kom, is dit duidelik dat die gesin anders is."

My reis met blokkiesraaisels

Estelle Kruger Leefstyl 2021-01-05

"Nog ’n voordeel is dat blokkiesraaisels ander kognitiewe funksies soos intuïsie en kreatiwiteit bevorder, omdat die oplos (en skep) van raaisels beide hierdie breinvaardighede gebruik wanneer ’n mens gereeld moet raai en soek vir alternatiewe."

LitNet Akademies-resensie-essay: Baster deur Jan Vermeulen

Estelle Kruger Resensies 2020-12-17

"Deur lesers aan betrokke (“engagement”-)literatuur bloot te stel, kan ook hulle etiese standpunt in die ontginning van die probleme van menswees ontwikkel word, soos in Baster die geval is."

LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen 

Estelle Kruger Seminare en essays 2020-10-15

"Al het dit gelyk na doodlooppaaie, was dit vir my inderwaarheid asof ek deur ’n labirint stap – soveel keer kom ’n mens by dieselfde plek uit, maar die pad kronkel steeds vanaf die begin na die einde, hede en verlede vleg deurmekaar en vorm ’n digverweefde netwerk van oorsaak en gevolg. Wat ’n stimulerende leesavontuur!"

Saam in jou spelonk

Estelle Kruger Poësie 2020-10-06

"Of ons kan saam op ons rûe lê 
op die bodem en 
die nattigheid van die 
eensame aarde 
voel"

Top