’n Doolhof en ’n haikoe

  • 1

Doolhof

As die son in die môre
oor my vloer kom loer
Dan weet ek ...
jy is nie meer
hier nie

As ek soms verbyloop
en na my kunsgalery staar
Dan weet ek ...
ek was daar

Hier en daar
vleg deurmekaar
en verdwaal in die doolhof
van my verlange

na jou

son strooi vir oulaas
spatsels kleur op moeë wolke
en sê nag vir dag

Lees ook

Aftree-oord

Selfportret: Gister vandag en môre – ’n pantoen

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top