Afskeid
Watter woorde, alliterasie en assonansie
rym, ritme en digterlike vryheid
het ek nodig om ’n gedig te skryf ...
Wat is die fokaliseerder en milieu, die narratiewe lyn
die begin, middel en einde, die spanning en intrige
waarmee ek ons storie vertel ...
Watter beelde, kleure, vorm en lyne
gebruik ek om ’n prent te skilder ...
Hoe boetseer ek klei of modder
om ’n beeld te vorm ...
Watter klanke, akkoorde, melodie en harmonie
help my om ’n lied te komponeer ...
Om afskeid te neem –
van ’n maat, vriend, mentor en leier
wat my nie meer kan onthou nie
my nooit weer sal herken nie
vergeet het wat ons saam geskep het
nie meer weet watter onbekende paaie ons saam geloop het nie
Hoe sê ek ...
Dankie vir alles
Totsiens
Mooi loop
Lekker dag
Ek dink aan jou
Groetnis
Sien jou later
In hierdie
donker lugleegte?
Afskeid van die see
strand stap magies mooi
son loer moedig nou en dan
steek sy kop uit in die mis
’n eensame silhoeët
groet eerbiedig voor hy gaan
Lees ook



Kommentaar
Hierdie skryfstuk raak mens diep. Die hartseer van verlore vriendskap as gevolg van siekte wat vriendskap ontken.