Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Junie
Onderhoud: Twee digters gesels: Daniel Hugo en Johan Myburg
2 Junie
Nuus: Planne om Louw-broers se vervalle geboortehuis op Sutherland op te knap
6 Junie
Resensie: Kontreiverhale van die hart wat jou ráák
Trisa Hugo resenseer Die hart het sy redes deur Helena Gunter
Resensie: Meesleurende roman uit niere van Kewtown
Jonathan Amid resenseer Hou jou oë oop deur Brian Fredericks
9 Junie
Profielonderhoud: Johan Retief: ‘Wedergebore en verlos van geloof en die Bybel’
Murray la Vita gesels met Retief, onder meer oor sy nuwe boek.
10 Junie
Profielonderhoud: Boek oor eetverslawing tref diep
Cheréne Pienaar in gesprek met Adele Vorster oor haar debuutroman, Tien voor een.
11 Junie
Boekenuus: 2de uitgawe van ‘Om te skryf’ nou beskikbaar
13 Junie
Boekevat: ’n Koningin en ’n noodvoorraad toebroodjies
’n Rubriek deur Jean Meiring
Resensie: Verse vir die oopklief van die SA narreskip
Neil Cochrane resenseer Narreskip deur Johan Myburg
Resensie: Só vóél dit in ’n oorlog
Gert van der Westhuizen resenseer Tenk deur Pieter Stoffberg
Resensie: Jeugroman vir oud en jonk
Louise van der Merwe resenseer Toe als groen was deur An-Mari do Carmo
13 Junie
Profiel: 100 jaar | Etienne Leroux ‘was ’n gentleman’
AJ Opperman het mense oor Leroux uitgevra
14 Junie
Profielonderhoud: Skrywer oor ‘Hou jou oë oop’: Dié fiksie vra of jy weet wie jy is
Candice Jantjies in gesprek met Brian Fredericks
Boekenuus: Kom snuffel ten bate van donkies op Eseltjiesrus-boekefees
18 Junie
Boeke: ’n Bietjie meer noir in Afrikaans, seblief
Deur Carla Lewis
20 Junie
Resensie: Fantastiese hel van ’n stad in hart van Afrika
Jean Meiring resenseer Babilon deur Karel Schoeman
Resensie: Verse van ‘meester’ De Vos
Johan Brits resenseer Môre en gistraand en die einde van die maand deur Philip de Vos
Resensie: Storie vermaak, laat jou gril en jou kop skud
Jonathan Amid resenseer Three Assassins deur Kotaro Isaka
Resensie: Takamura se magnum opus
Sonja van der Westhuizen resenseer Lady Joker deur Kaoru Takamura
Nuus: Van Coller se mening oor ‘randfigure’ in kinderboeke sy eie – Akademie
24 Junie
Nuus: ‘Nou’s ek ’n Gupta’, sê digter oor haar wengeld
Lynthia Julius is die eerste ontvanger van die JC Steyn-beurs vir ’n MA-student in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van die Vrystaat.
Boekenuus: Afrikaanse biografie oor Ingrid Jonker nou in Nederlands uitgereik
25 Junie
Boekenuus: Saul loop binnekort ‘kringe in ’n bos’ in Arabies
Oor die jongste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds
26 Junie
Resensie: Die krag van taal in ’n Goue ster vir Faizel
Candice Jantjies resenseer dié kinderboek deur Rafiek Mammon
27 Junie
Boekevat: Moenie dat skryf vir jou Skryf word nie
’n Rubriek deur PP Fourie
Resensie: Lotz rig volgelaaide wapen
Stefaans Coetzee resenseer Polsslag deur Marie Lotz
Resensie: Bellville-bromance ’n uitsonderlike bydrae
Ali van Wyk resenseer Die onsigbare pou deur Zirk van den Berg
Resensie: Gety om van kennis te neem
Jonathan Amid resenseer Rooigety deur Bets Smith
28 Junie
Boekenuus: Verpulping van bundel ‘skokkend’
Elretha Britz berig oor die verpulping van die bloemlesing Vers en vrou, saamgestel deur Karen de Wet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:
Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux: Foto’s en nuwe waarheid
Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke
Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n resensie
Boereverneuker of opreg? ’n Resensie van Die siener deur Yolanda Barnard-Lemmer
Dood, vrees en hoop: ’n resensie van Tenk deur Pieter Stoffberg
Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud
Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: Bibi Slippers oorgehaal vir die muse van die Karoo
Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
5 Junie
Resensie: Joan Hambidge bespreek Bot deur Carien Smith
Resensie: Polsslag deur Marie Lotz, geresenseer deur Jonathan Amid
Nuut op die rak: “Vier vir verslesers”
- Die Jirre is my Wagter: Psalms en inkele annerlike tekse ytie Bywel yt deur Elias P. Nel;
- Pirow Bekker se tiende digbundel, Rakelinks;
- Skeletaal deur Franco Colin; en
- Handspoor deur Louse Boshoff
12 Junie
Resensie: Juliana Coetzer resenseer Tien voor een deur Adele Vorster
Resensie: Tenk deur Pieter Stoffberg, geresenseer deur Fanie Olivier
Resensie: Jonathan Amid oor Here’s the thing deur Haji Mohamed Dawjee
Nuut op die rak: “Menslike stories”
- Hoerkind deur Herman Lategan,
- Bulelani Ngcuka: The sting in the tale deur Marion Sparg,
- Mianke fluister vir perde en skryf ’n storie deur Jan Bezuidenhout, en
- Thando Pato se outobiografie On the rocks: Memoir of a high-functioning alcoholic
19 Junie
Resensie: Johann Kriegler lees Bulelani Ngcuka: The sting in the tale deur Marion Sparg
Resensie: Joan Hambidge oor Verdeelde stand / Divided Stance deur Celeste Fritzé
Resensie: Jonathan Amid bespreek Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
26 Junie
Resensie: Antoinette Slabbert resenseer Sabotage: Eskom under siege deur Kyle Cowan
Artikel: “Vertalings bly ’n liefdeswerk”
Nicol Stassen gesels oor Protea Boekhuis se Afrikaanse vertalings
Nuut op die rak: “Uit ander tale”
- Madame Pylinska en die geheim van Chopin deur Eric-Emmanuel Schmitt en in Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan;
- Vreemde vis deur Milton Schorr, in Afrikaans vertaal deur Toast Coetzer;
- Mister Angelo Alzheimer deur Jef Geeraerts, in Afrikaans vertaal deur Fanie Olivier; en
- Anne van Green Gables deur Lucy Maude Montgomery, in Afrikaans vertaal Jackie Lätti
Die volgende resensies het gedurende Junie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
8 Junie
My Stasie Straat Kombuis
“Nie net het ek die kommentaar en anekdotes geniet wat sjef Mynhardt bo-aan elke resep lewer nie, maar ek hou veral van die beskrywende name van die geregte.”
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
21 Junie
Die Anglo-Boereoorlog in kleur
“Die persone op die foto’s kry ‘lewe’. Dis asof jy aan hulle kan raak of hul hoor gesels,” skryf Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
28 Junie
Meer as jou seerkry – Groei as jy stukkend is
“Die gevolg is ’n helende boek wat inspireer en vol wysheid en insig is. Daar is ook praktiese wenke en raad wat die leser kan toepas.”
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
17 Junie
Profiel: Van klippe en berge: die poësie van Kobus Moolman
Deur Marike Beyers (vertaal deur Elodi Troskie)
Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.
Daar is nie in Junie ’n episode vrygestel nie.
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 1 Junie
Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika is ’n splinternuwe, opgedateerde boek wat ’n baie gebalanseerde oorsig gee oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis. In net meer as 700 bladsye word die hele land se geskiedenis opgesom, beginnende by die eerste nasies wat hier gewoon het, tot die Suid-Afrika van 2022. Ilse Salzwedel se gaste, professore Hermann Giliomee (een van die redakteurs van die boek) en Albert Grundlingh, is albei gerekende geskiedskrywers, en gesels nie net oor hulle bydraes tot hierdie pragboek nie, maar ook oor hul eie publikasies, wat onder andere Die Afrikaners: ’n Biografie (Giliomee) en Van Zyl Slabbert: Man on a mission (Grundlingh) insluit.
Woensdag 8 Junie
Johan Myburg het nuus oor Tomb of Sand, die wenner van die Booker International; The Art of Losing, wat met die Dublin-letterkundeprys bekroon is; en ’n nuwe roman deur die Turkse skrywer en Nobelpryswenner Orhan Pamuk. Ilse Salzwedel gesels ook met Johan, wat in 2018 met die Hertzogprys vir poësie bekroon is, oor sy nuwe digbundel Narreskip. Ina Strydom praat oor kopiereg, en die RSG-bonuspotgooi van Jeanne Goosen se Sneeu in die Karoo. Elsje van Jaarsveld praat met Stephen le Roux oor sy boek Toy van Carnarvon. In ons reeks radiodrama-slypklasse, bespreek Ina Strydom die ontwikkeling van ’n storie.
Woensdag 15 Junie
Suzette Kotze-Myburgh gesels met Hannes Barnard oor sy misdaadroman Die wet van Gauteng. In Johan Myburg se internasionale boekenuus kan jy meer uitvind oor ’n nuwe roman uit die pen van die Britse skrywer Julian Barnes, die skrywer Abdulrazak Gurnah se bespreking tydens vanjaar se Hay-letterkundefees en ’n inspirerende skoolbiblioteek-veldtog deur die bekende Britse skrywer Cressida Cowell. In die voorlaaste radiodramaslypklas gesels Ina Strydom oor die gebruik van byklanke. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor die boeke (en mense) wat van haar ’n leser gemaak het.
Bonuspotgooi 15 Junie
In hierdie bonuspotgooi is daar onderhoude met twee baie uiteenlopende Afrikaanse skrywers, wat albei op die 13e Junie gebore is. Verna Vels, die skepper van die legendariese Liewe Heksie, is in 1922 gebore, en die Sestiger Etienne Leroux in 1933. Albei is reeds oorlede, maar hulle boeke word steeds gelees en geniet. Die onderhoud met Verna is in 2013 deur Ilse Salzwedel opgeneem, byna presies ’n jaar voor haar dood op 21 Augustus 2014 (sy was 81). Die onderhoud met Etienne Leroux is op 14 Junie 1987 uitgesaai in Kuiergaskeuse. Dit was ’n dag na sy 65e verjaarsdag. Twee jaar later is hy in die ouderdom van 67 oorlede.
Woensdag 22 Junie
Ilse Salzwedel gesels met die Christelle Van Rooyen-Wessels oor haar misdaadroman Om beter te kan moor. Voornemende radiodramaskrywers kan luister na die laaste van Ina Strydom se radiodramaslypklasse. Ina gesels met ’n vorige wenner van die radiodramaskryfkompetisie, Lee Doubell. Johan Myburg se bydrae oor die internasionale boekewêreld klink bietjie anders as gewoonlik. Jy kan luister na ’n gesprek tussen Yves T’Sjoen, hoogleraar in Letterkunde aan die Universiteit van Gent, en Daniël Hugo, digter en die Afrikaanse vertaler van die Belgiese skrywer Hugo Claus se Het verdriet van België.
Woensdag 29 Junie
Die skrywer en dramaturg Athol Fugard het op 11 Junie sy 90ste verjaarsdag gevier. Kom luister saam na ’n profiel oor hom, saamgestel deur wyle Margot Luyt, waarin bekende teatermense, soos Sandra Prinsloo, John Kani, Marius Weyers en Yvonne Bryceland oor Fugard en sy werk gesels. Fugard self kan ook daarin gehoor word. Dan kan jy luister na ’n uittreksel uit ’n 1993-onderhoud waarin Fugard aan Gerda Coetzee vertel oor die inspirasie vir sy bekende Master Harold and the Boys. In Johan Myburg se internasionale bydrae, gesels hy oor Ruth Ozeki en haar boek The Book of Form and Emptiness, en die polemiek rondom ’n onlangse uitlating van die topverkoperskrywer James Patterson.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 7 Junie
Wat skryf ons digters oor die digkuns? Hoe kom hulle aan die dinge waaroor hulle verse skryf? En hoe skep ’n mens iets uit die niet? Luister na gedigte oor die skryf van gedigte deur, onder andere, Cas Vos, Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers en Uys Krige. Die voorleser is die aktrise Nicole Holm.
Dinsdag 14 Junie
Die winter is nou werklik op ons! Teen die kus langs sak swaar buie uit, en die binneland bibber van die koue! Pak jou kaggelvuurtjie, skink ietsie warms en luister na gedigte oor storms en gure weer. Die voorleser is Elsabé Daneel.
Dinsdag 21 Junie
Die tweede aflewering van gedigte oor die winter en sy storms, soos voorgelees deur Elsabé Daneel. Jy kan ook uitsien na meesterlike toonsettings van gedigte deur Eugéne Marais, H.A. Fagan en Koos du Plessis.
Dinsdag 28 Junie
Die seevaarders van ouds was sekerlik van die dapperse mense ooit. Om die ongekarteerde stormsee aan te durf, het vir sommige groot rykdom bekom, maar ander het nooit weer aan wal gestap nie. Luister na verse oor die rampe waardeur ’n paar skeepskapteine en hulle bemannings getref is. Jy kan uitsien na verhalende gedigte oor die volksheld Wolraad Woltemade, die groot, wit walvis Moby Dick se skrikbewind en natuurlik ook daardie spookskip, die Vlieënde Hollander. Die voorleser is Anrich Herbst.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.
In hierdie episode is die fokus op die poësie met Joan Hambidge se bespreking van Johan Myburg se Narreskip, Philip de Vos se Môre en gisteraand en die einde van die maand en Franco Colin se debuut, Skeletaal. Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Zarine Roodt is ateljeegaste. Hélene de Kock se roman, Stella se dogters, word ook bespreek.
’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
7 Junie
Resensie: Joan Hambidge resenseer Môre en gistraand en die einde van die maand deur Philip de Vos
10 Junie
Resensie: Marlies Taljard resenseer Handspoor deur Louise Boshoff
13 Junie
Resensie: Marius Crous resenseer Rakelinks deur Pirow Bekker
14 Junie
Resensie: Neil Cochrane resenseer Aarde na firmament deur Lina Spies
29 Junie
Resensie: Joan Hambidge resenseer A Short Treatise on Mortality deur Douglas Reid Skinner
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Junie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
- Onderhoud: Phyllis Green gesels met Troula Goosen oor haar jeugromans
- Boekuittreksel: Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom
- Onderhoud: Liani Jansen van Rensburg met Magda Wierzycka oor haar boek, Magda
- Onderhoud: Phyllis Green praat met Michael Vlismas oor sy boek, Elon – Risking it all
- Resensie: Danica Gouws resenseer ’n Dagreis ver deur Zarine Roodt
- Onderhoud: Phyllis Green in gesprek met Cas Vos oor sy skryfwerk en die vertaling van Inferno