Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: Bibi Slippers oorgehaal vir die muse van die Karoo

Bibi Slippers is die intreeskrywer van Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywerskap. Vanaf 30 Junie gaan sy vir ’n maand lank as gas van LitNet en die Victoria Manor in Cradock se Tuishuise woon om ongesteurd aan haar nuwe digbundel te werk. Bibi gesels met Melt Myburgh oor dié salige vooruitsig.