PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2021

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Augustus

Resensie: Die ontnugtering van Prometheus Pienaar
Marius Crous resenseer Seisoene op parool deur Hans Pienaar

Resensie: Memoires ’n frappante fees
Jonathan Amid resenseer How I Accidentally Became A Global Stock Photo deur Shubnum Khan

Resensie: ’n Veerligte en vlot verhaal
Francois Bekker resenseer Die waarde van stil bure deur Zelda Bezuidenhout

Resensie: Gerugte van geweld ‘in die stad van onrus’
Joan Hambidge resenseer Simoelégri deur Jaco Fouché

3 Augustus

Skrywersnuus: ‘Die lewe is morsig, stories kan die wêreld verander’
Elmari Rautenbach doen verslag oor ’n openbare lesing deur die Nigeriese skrywer Chimamanda Ngozi Adichie.

4 Augustus

Boekgesprek: Zelda Bezuidenhout gesels oor nuwe roman
Sy is met Cintaine Schutte in gesprek.

7 Augustus

Boekenuus: Stap saam agter Strandlopers aan in voorlesing van boek

Boekenuus: Ena Jansen praat oor Elisabeth Eybers
Oor die Boeken uit het Huis-gesprek wat op 26 Augustus plaasvind.

10 Augustus

Boekenuus: kykNET en Rapport se boekpryse: Hier is die kortlyste

Sterfteberig: Akteur, smulpaap en joernalis Johan Liebenberg sterf

11 Augustus

Boekgesprek: Francois Smith gesels oor sy verslag van drome en visioene

14 Augustus

Boekenuus: Boek nie net ’n treffer onder jonges
’n Nuusberig oor die Engelse vertaling van Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenage

16 Augustus

Resensie: ’n Merkwaardige dubbel-kunstenaarskap
Louise Viljoen resenseer Hokhokaai: Fragmente deur Breyten Breytenbach

Boekevat: Maak boeke met opdragte voorin die nuwe munt
’n Rubriek deur Jean Meiring

Resensie: ’n Geslepe, vernuftige riller
Sonja van der Westhuizen resenseer The Last House on Needless Street deur Catriona Ward

Resensie: Regte boek op die regte tyd
Jonathan Amid bespreek Skeur deur Carel van Rooyen

Boekenuus: Groot lof vir Damon Galgut se boek op Booker-lys
AJ Opperman berig

18 Augustus

Boekenuus: ATKV: Kinderboek-pryse, Woordveertjie-benoemings bekend

20 Augustus

Boekenuus: Boek oor skrywer se kleintyd in Kroonstad sien die lig
Gideon Hugo kyk terug op die Kroonstad van sy kinderjare

21 Augustus

Boekenuus: Daar word weer boeke gepraat op Franschhoek
Die toonaangewende Franschhoekse Literêre fees herleef weer.

23 Augustus

Resensie: Kuns van moord in Seepunt
Stella Heyns resenseer Die Seepunt-insident deur Gerhard Greyvensteyn

Resensie: Hoe om sinvol te ‘ontwaak’
Koos Kombuis resenseer Tao van wakker word deur Abel Pienaar

Resensie: Woordeboek soos ’n vuurtoring teen rotse
Ingrid Winterbach resenseer die WAT Deel XVI (Hoofredakteur: Willem Botha)

Boekevat: Wêreld van stoei en skryf volgens John Irving
’n Rubriek deur Jo Prins

26 Augustus

Boekenuus: Troeteldier inspireer boek
Oor die kinderboek The Adventures of Patchy Moon Dog

27 Augustus

Boekenuus: Kortlyste van boekresensent van die jaar bekend

Boekenuus: Dié Afrikaanse boeke tot dusver 2021 se gewildste
Oor tendense en uitblinkers in die plaaslike boekemark.

30 Augustus

Boekevat: ’n Goeie boek is nou eenmaal net ‘beterder’
’n Rubriek deur Ilza Roggeband

Resensie: ’n Brandende geheim word met lesers gedeel
Jonathan Amid resenseer Die getuienis deur Francois Smith

Profiel: Naómi Morgan woeker met Franse vertalings
Elretha Britz in gesprek met Morgan oor haar werk as vertaler.

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:

Can we be safe? deur Ziyanda Stuurman: ’n resensie

Anna M Louw. Fassinerende, veelkantige skrywer: ’n resensie

Verhale van hoop deur Pieter van Zyl: ’n resensie

Klinkklaar deur Daniel Hugo: ’n resensie

Swatland deur Ashwin Arendse: ’n resensie

Moet ons waai? Om te emigreer of nie, saamgestel deur Alet Law – ’n lesersindruk

Onthou my deur Helena Hugo: ’n lesersindruk

Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam

Erla Diedericks oor die rol van die moderne courtesan in vyfsterhotelle

Onverskrokke vroue: uitdagings en oorwinnings van Bybelse tye tot vandag – ’n onderhoud met Bettina Wyngaard

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Jeremy Vearey

Die Stella-moorde: Stefaans Coetzee gesels met Susan Cilliers

Chanette Paul gesels oor Marilyn

 

Die volgende resensies het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

1 Augustus

Resensie: Danie Marais resenseer Blues for the White Man: Hearing Black Voices in South Africa and the Deep South deur Fred de Vries

Resensie: Hein Viljoen resenseer Konfessies, kaarte en konterfeitsels en Nomadiese sterre deur Joan Hambidge

Resensie: The Profiler Diaries: From the case files of a police psychologist deur Gérard Labuschagne, geresenseer deur Stefaans Coetzee

Nuut op die rak: “’n Boekebanket vir fiksielesers”

  • Man in die maan deur Etienne Fourie;
  • Marie Lotz se Roofdier;
  • Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure;
  • Carié Maas se Die miskruier en die maan;
  • Wildekus deur Morné Malan;
  • Man Down, die Engelse vertaling van Irma Venter se Skrapnel; en
  • Marilyn deur Chanette Paul

8 Augustus

Resensie: Into Dark Water: A Police Memoir deur Jeremy Vearey, geresenseer deur Deon Meyer

Onderhoud: Elmari Rautenbach gesels met die Australiese skrywer Pip Williams oor haar veelbekroonde blitsverkoper-debuutroman, The Dictionary of Lost Words

Resensie: Jonathan Amid bespreek Die Seepunt-insident deur Gerhard Greyvensteyn

Nuusbrok: Wen R30 000 met jou kortverhaal

15 Augustus

Resensie: Jean Meiring oor Die getuienis deur Francois Smith

Resensie: Johann Kriegler bespreek The New Apartheid deur Sizwe Mpofu-Walsh

Resensie: Die waarde van stil bure deur Zelda Bezuidenhout, geresenseer deur Juliana Coetzer

22 Augustus

Resensie: Lindie Koorts resenseer Afrikanersondebok: Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwagleier: deur Albert Blake

Resensie: Trisa Hugo resenseer Alfonzo’s Quest deur Toekie Oberholzer

Nuut op die rak: “Leesstof vir politieke diere”

  • Ralph Mathekga se The ANC’s last decade: How the decline of the party will transform South Africa;
  • A Pretoria Boy: The Story of South Africa’s ‘Public Enemy Number One’ deur Peter Hain;
  • Dawie Jacobs se memoires Diplomacy of Change: From apartheid to democracy;
  • Raka en die verloop van die politiek van Suid-Afrika: Die politieke geskiedenis in poësie deur Wynand Harmse; en
  • Day of the Assassins: A History of Political Murder deur Michael Burleigh

Nuut op die rak: “’n Vars aanbod in Afrikaans”

  • Zandra Bezuidenhout se derde bundel, Derde gety;
  • Koos Kombuis se “crazy komedie” Help! My dorp hou ’n kunstefees!;
  • Madelein Rust se jongste naelkouer, 25 Trappe na benede;
  • Leon van Nierop se Moord op Lake Panic; en
  • Christine Louw se debuutbundel Reisgogga

29 Augustus

Resensie: Louise Viljoen resenseer Simoelégri deur Jaco Fouché

Resensie: Sophia van Taak resenseer Roofdier deur Marie Lotz 

Resensie: Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte – ’n hersenskim deur Aryan Kaganof, geresenseer deur Herman Lategan

Nuut op die rak: “Boesmans kry hul kans”
Marco Botha se Die spore van Gert Saggiestrap en Dominique Botha se eerste solodigbundel, Donkerberg/Bloodwood

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Augustus op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

3 Augustus

Die geheim van die bloedsteen

Ek het my nie net verlustig in Antoinette Venter se ryk verbeelding nie, maar ook in haar goed ontwikkelde sin vir humor en opwindende aksie.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

16 Augustus

Twee reekse vir kinders

Alhoewel Die aardigste kinders op aarde-reeks aanbeveel word vir kinders ses tot nege jaar oud en die Kies-jou-avontuur-reeks vir nege tot twaalfjariges, het ek as volwassene sommer baie lekker aan albei reekse gelees. Dis malse pret, skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie.

18 Augustus

Onverskrokke vroue

Ek het haar skryfstyl gemaklik, gesaghebbend en boeiend gevind. Die behendige wyse waarop sy die teks tussen gister en vandag rangeer, dui daarop dat sy haar navorsing deeglik onder die knie het en haar onderwerp(e) goed verstaan. Sy gee haar kennis weer op ’n lekkerlees wyse, skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie.

25 Augustus

Hou die kruit droog

In hierdie dae dat mense nie meer so geredelik vrylik rondbeweeg en met vakansie gaan nie, smag leunstoelreisigers na boeke wat ten minste hulle verbeelding op reis neem.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

26 Augustus

Boek van die maand: Die getuienis

Die getuienis is die neerslag van die mens se soeke na sin – of dit nou die swart-wit vergestalting van sin is, of in terme van ʼn goddelike komedie, skryf Johan Myburg.

Lees die resensie.

31 Augustus

Jakkals en Wolf

Ek het my nie nét aan die verbeeldingryke teks en pragtige taalgebruik verlustig nie, die kleurvolle en skreeusnaakse illustrasies sorg vir vet pret en dra mildelik daartoe by dat Jakkals en Wolf ’n onvergeetlike leeservaring is, skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie.

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793.

Woensdag 4 Augustus

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Miriam Telanie oor haar debuutroman, Hier verlaat ek jou.  Bibi Slippers deel haar indrukke van S.J. Naude se kortverhaalbundel, Dol heuning. Johan Myburg vertel meer oor Karen Jennings en Damon Galgut, twee Suid-Afrikaners wie se boeke albei op vanjaar se BOOKER-kortlys verskyn. In haar laaste slypklas vir skrywers gesels Ina Strydom met die radiodramaskrywer, Lee Doubell.

Woensdag 11 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Zirk van den Bergh oor sy roman Een of ander held. Daar is nuus oor KykNET-Rapport-Boekpryse se kortlyste, afslag op Afrikaanse boeke ter viering van die Koop-’n-Afrikaanse-boek-dag eerskomende naweek en meer inligting oor die kortverhaalkompetisie vir die samestelling van die jaarlikse US Woordfeesbundel. In Johan Myburg se weeklikse bydrae oor die internasionale letterkunde gesels hy oor EJ Levy se roman The Cape Doctor en Maryse Conde se roman Waiting for the Waters to Rise. Jy kan ook luister na twee gedigte deur die Jamaikaanse digter Jean “Binta” Breeze.

Woensdag 18 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Leon van Nierop oor sy nuwe boek, Moord op Lake Panic. Johan Myburg gesels oor twee internasionale literêre pryse wat tans in die spervuur is, asook die digter Magmoed Darwisj. Ter viering van Vrouemaand kan jy luister na ’n argiefopname oor Petronella van Heerden, feminis, die eerste Afrikaanse vrou wat medies studeer het en die skrywer van twee memoires, Kerssnuitsels en Die sestiende koppie. Daar is ook meer inligting oor ’n kursus in boekherstelwerk en die Avbob-poësiekompetisie.

Woensdag 25 Augustus

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Ingrid Winterbach oor haar jongste roman Voorouer. Pelgrim. Berg. Daar is meer inligting oor vanjaar se ATKV Woordveertjie-finaliste en die wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings. In Johan Myburg se insetsel kan jy luister na ’n uittreksel uit ’n onderhoud met die topverkoperskrywer Khaled Hosseini. Daar is ook nuus oor ’n roman gegrond op die lewe van die Griekse skrywer Nikos Kazantzakis en ’n nuwe biografie oor Elisabeth Barret Browning.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896.

Dinsdag 3 Augustus

Ons luister na gedigte deur Willem de Swyger. Hy is ’n voltydse regsgeleerde en ’n deeltydse sanger-liedjieskrywer, wat saam met sy gesin in die Eikestad woon. Nic de Jager lees 'n paar van sy verse voor. Ons hoor ook verse begelei deur musiek, en toonsettings en liedjies op sy album, Kaalvoet, wat in 2020 die lig gesien het. As jy vir Willem vra hoe hy oor die album voel, haal hy graag die woorde van Beethoven aan: “Uit die hart het dit gekom, mag dit weer die hart bereik.”

Dinsdag 10 Augustus

Chris van Niekerk skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling gedigte voor, met toevallig (of nie?) die leitmotif van die liefde. Jy kan uitsien na verse deur Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, Ronnie Belcher, Peter Blum, Tessa Louw, Henning Pieterse, Churchil Naudé, M.M. Walters en Jeanne Goosen.

Dinsdag 17 Augustus

Ons hoop dat hierdie aflewering ʼn eerste van sy soort sal wees in ʼn reeks wat fokus op plekke en streke wat as tema of gebeureruimte dien in die poësie van ʼn verskeidenheid Afrikaans digters – op die digterskontreie van Afrikaans, as’t ware. Jy kan uitsien na gedigte deur De Waal Venter, Totius, D.J. Opperman, S.J. Pretorius, Heidi Papadopoulus-Pienaar, Lewies Botha, Barend Toerien, I.L. de Villiers, Elisabeth Eybers, Emma Bekker.

Dinsdag 24 Augustus

Susanne Beyers skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van haar gunsteling gedigte voor. Jy kan uitsien na verse deur Marlene van Niekerk, Elisabeth Eybers, Wilma Stockenström, Antjie Krog, Lina Spies, Luuk Gruwez, Philip de Vos en Olga Kirsch.

Dinsdag 31 Augustus

Ons luister ons na verse en liedjies deur Koos Kombuis, of André Letoit (die skuilnaam wat hy vroeër gebruik het). Pieter van Zyl skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling gedigte uit drie van Letoit/Kombuis se bundels voor.  "Eers was daar André le Roux du Toit wat in 1981 saam met Daniel Hugo, Peter Snyders en Etienne van Heerden in Brekfis met vier sy poetry die wêreld ingestuur het." Onder die skuilnaam André Letoit het Suburbia in 1982 verskyn en ’n tweede druk daarvan is in 2003 uitgegee. Hierdie bundel is toe gevolg deur Die geel kafee in 1985. In Dewald Koen se woorde: "Allawêreld! Daar kom Afrikaans se eie Beat generation-poet toe na vore met sy lekker loslit vrye verse vol surrealisme en dekadensie." In 2018 verskyn die bundel Vandag wil ek my blou skoene dra.

De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In hierdie aflewering praat Ena Jansen oor Immigrant, ’n nuwe bloemlesing uit Elisabeth Eybers se digkuns. Veronique Jephtas besin oor wat Eybers se poësie vir ’n jonger generasie te sê het. Martina Vitackova, gasdosent in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Gent, lei die gesprek.

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/.

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

28 Augustus

Onderhoud: Joan Hambidge gesels met Dominique Botha oor Donkerberg / Bloodwood

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top