Pasgelaai
Gillette se advertensie skeer ná aan die vel
2019-01-17"Danksy die hipsters en ander modegiere het die baard ’n groot comeback oor die laaste paar jare gemaak en heel moontlik het dit ’n negatiewe invloed op Gillette-verkope onder jong mans gehad."
Sanri Steyn, die rustelose mummie: ’n onderhoud met Theresa van Baalen
2019-01-16"Nee, ek dink nie ek het ’n ideale leser nie. Ek hoop wel my stories beland in die hande van onwillige lesertjies, want ek probeer die gegewens van my stories so buitengewoon en verrassend as moontlik aanbied, sodat selfs die onwillige leser geboei sal word en wil aanhou lees."
Elf dae op ’n eiland: ’n onderhoud met Elizabeth Wasserman
2019-01-16"’n Boek gebeur mos iewers tussen die skrywer en die leser. Dus moet jy die leser se ervaringswêreld (eerder as ’n spesifieke ouderdom) die hele tyd in gedagte hou, of die storie val op die grond."
ANC-verkiesingsmanifes: skisofrenie of kollektiewe geheueverlies?
2019-01-16"Die manifes werk as mens vergeet dat die ANC alreeds ’n kwarteeu lank regeer, en nog steeds nie hond haaraf kon of wou maak op enige van daai beloftes nie. Seker moeilik om te regeer as jou snoet so diep in die trog is."
Openbaring 2
2019-01-16"Elkeen wat ’n oor het moet luiste na wattie Gies virrie gemeente sê. An elkeen wattie oorwinning behaal sal Ek iets gie vannie boem vannie liewe af om te iet, wat innie paradys van God is."
Roma, ’n filmresensie
2019-01-15"Hierdie film kry volpunte vir atmosfeer en heelwat minder vir dramatiese impak – dis betekenisvol dat Cuarón net twee van sy drie benoemings vir die Golden Globes kon realiseer: dié vir beste regisseur en beste buitelandse film, maar nie vir beste draaiboek nie."
Uitnodiging vir nominasies: SA Akademiepryse 2019
2019-01-15"Nominasies word ingewag vir 2019 se SA Akademiepryse. Kandidate vir enigeen van hierdie pryse kan tans by wyse van volledig gemotiveerde voorstelle genomineer word. Die sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2019, behalwe waar andersvermeld."
Persvrystelling: Uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Maraisprys vir 2019!
2019-01-15"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2019. Enige persoon of instansie is welkom om voor Donderdag 31 Januarie 2019 nominasies in te stuur."
Environmental governance, the human being and the social order: a reinterpretation
2019-01-15"The objective of this article is to reinterpret the increasingly dominant economic approach to environmental governance. This objective will be achieved by focusing on three interrelated factors, namely the importance of the human person in environmental governance, the images of social and moral order, and the implications for human behaviour and decision-making."
Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos: ’n resensie
2019-01-15"Hoewel Aankoms en vertrek nie dieselfde oemf as Stamatélos se vorige romans het nie, is dit wel die lees werd. Buiten die geloofwaardigheid van die karakters, verras die wendings en ontmoet die verskillende verhaalelemente mekaar op ’n besonderse wyse."
Djy kôt net 30%. “Dis genoeg!” sê hulle.
2019-01-15"Soe hulle sê nou actually dat djy hoef net 30% van Engels of Afrikaans te vestaan dan kan djy maa universiteit toe gan?"
Spuug tydens sport
2019-01-15"'Daar is vyf goue reëls vir spoeg tydens fietsry,' val hy opgewonde weg en druk afgemete met sy een hand se wysvinger op die ander hand se vingers."
Omgewingsregeerkunde, die menslike persoon en die sosiale orde: ’n hervertolking
2019-01-15"Sonder ’n staat wat sterk genoeg is om openbare goedere te voorsien, misluk die geliberaliseerde moderne markorde in vele opsigte om die wêreld se grootste ekologiese en sosiale probleme die hoof te bied. Die populistiese reaksie is ’n gevaarlike pad wat na ander vorme van totalitarisme lei."
Jou dorp is my dorp, jou seun is my seun
2019-01-14"Wanneer jy gekonfronteer word met die mens in sy naakte menswees, as jy sien hoe mense ’n hele lewe eensklaps verloor, sien jy dinge in perspektief. Die essensie van die lewe het niks te doen met dit waarmee ons onsself groot dele van die dag besig hou nie."
Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom?
2019-01-14"Maar ten spyte van die negatiwiteit rondom sulke gevalle bied dit telkens aan ons ’n geleentheid – ’n geleentheid om op te hou om weg te hardloop daarvan om ons blinde kolle oor die aangeleentheid aan te spreek ..."
Kantelpunt deur Sophia Kapp
2019-01-14"Kapp kán ’n storie vertel, en haar waarnemingsvermoë is fyn ingestel. Die alledaagse word raak beskryf. Wie het nie al oë toegeknyp en meer kos probeer optower wanneer ongenooide gaste vir ’n braai-en-rugbykyk opdaag nie?"
Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis
2019-01-14"Kombuis se gemaklike, vloeiende skryfstyl lees lekker en is ontspannend. Sommer van die eerste hoofstuk af is ’n mens reeds verdiep in Basjan se storie en is dit maklik om sy emosies te volg deur sy daaglikse gebeure en stryd op skool."
Kan die gedrukte media oorleef?
2019-01-14"Die onlangse sluiting van Die Burger Oos-Kaap se daaglike papieruitgawe tussen Maandag en Donderdag is ʼn tragiese voorbeeld. Dié koerant se papierweergawe verskyn voortaan net op Vrydae en kan op ander dae (Maandag tot Donderdag) aanlyn gelees word."
