Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Februarie
Kunsblad: 4 Kanadese skrywers kom na literatuurfees
Vier skrywers van Kanada wat die literatuurfees in Bloemfontein bywoon
3 Februarie
Kunsblad: Kiwi-kinders kry nou ’n Dahl-boek saam met kitskos
Brok oor McDondald’s wat Roald Dahl se boek bevorder.
4 Februarie
Boekeblad: Pynlik intiem oor kerk se binnewerking
Resensie van Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen
Boekeblad: Weerbarstig teen banaliteit
Resensie oor Terry Kurgan se essay- en fotobundel Everyone is Present
Boekeblad: Verhaal laat jou moer pluk
Resensie oor Scent of Fear deur Tony Park
5 Februarie
Kunsblad: Boek oor vrou se ryk lewe in drie lande
Boekberig
8 Februarie
Kunsblad: Meer oor Min in Shaw-biografie
Berig oor nuwe biografie oor die sangeres Min Shaw
11 Februarie
Kunsblad: Madonsela bied Adam Small-lesing aan
Die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela lewer die Adam Small-gedenklesing
Boekeblad: Oopknakbare boek ’n lusmaker vir dieper en wyer lees
Resensie oor Illuminating Lives, geredigeer deur Vivian Bickford-Smith & Bill Nasson
Boekeblad: Net 100 woorde daagliks per vrou
Resensie oor Vox deur Christina Dalcher
Boekeblad: Om die soetste taal in Engels te laat dans
Resensie oor Afrikaans Poems with English Translations – saamgestel deur: H.P. van Coller, Helize van Vuuren en Louise Viljoen
Boekeblad: Dubbele dosis vir tussen die lakens
Resensie oor Ultrasatyn 3 deur Lucille du Toit & Elsa Winckler
18 Februarie
Boekeblad: ’n ‘Boekeneuroot’ lek sy lippe af vir 2019
Loftus Marais skryf oor boeke wat eersdaags verskyn.
Kunsblad: Koshuislewe bekyk in nuwe versamelbundel
Erns Grundling se boek oor koshuisverhale
Boekeblad: Woorde wat ontplof en val
Resensie oor As sy weer kom deur Marlize Hobbs
Boekeblad: Klein juweel van ’n novelle
Resensie oor The Drop deur Mick Herron
Boekeblad: Wie met klippe gooi in glashuis Suid-Afrika
Resensie oor Bos deur Jaco Wolmarans
20 Februarie
Kunsblad: Mazza se boek reeds in derde druk
Die Suid-Afrikaanse skrywer Eva Mazza het ’n beroering met haar roman Sex, Lies and Stellenbosch veroorsaak
21 Februarie
Kunsblad: Koos Kombuis betree ander 'universe' met kinderboek
Koos Kombuis het ’n nuwe kinderboek – in Afrikaans en Engels – die lig laat sien. Ook met ’n nuwe Engelse skrywersnaam.
22 Februarie
Kunsblad: Dolf van Niekerk: ’ná alles bly die verwondering’
Onderhoud met die skrywer Dolf van Niekerk oor sy 90ste verjaardag.
22 Februarie
Kunsblad: Hulde aan Dolf van Niekerk
Letterkundiges bring hulde aan die skrywer Dolf van Niekerk op sy 90ste verjaardag.
25 Februarie
Boekeblad: Klaas Vakie kom red die nag
Resensie oor As Klaas Vakie se sand nie werk nie deur Elana Alberts
Boekeblad: Nagmerries uit die newels hier opgejaag
Resensie van Medusa deur Rudie van Rensburg
Boekeblad: Kombuis stof die eendjie af
Oor Koos Kombuis se nuwe kinderboek
Boekeblad: Gepaste huldeblyk ’n moet vir aanhangers
Resensie oor die biografie oor Min Shaw
Boekeblad: Kwaai Uil slaan die kitaar
Korte oor die kinderboek Kwaai Uil slaan die kitaar
Boekeblad: Boek vir tyd waarin ons leef
Resensie oor Fanie Viljoen se nuwe jeugboek
Boekeblad: Oor die wonder van die lewe
Korte oor Franciscus en die diere
26 Februarie
Kunsblad: Prys ter ere van Brink 1ste keer in 2020 toegeken
Berig oor die nuwe Philida-letterkundeprys
27 Februarie
Kunsblad: Carina se pad na misdaadskryf begin in Berlyn
Onderhoud met Carina Diedericks-Hugo oor haar eerste misdaadroman
Kunsblad: Van Rensburg ondersoek ‘mans en hul wonde’ in laaste boek
Cas van Rensburg se laaste boek
28 Februarie
Kunsblad: Besin saam met Dolf oor die mens se tog op aarde
Skrywe oor Dolf van Niekerk wat onlangs 90 geword het.
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Februarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
5 Februarie
- Medusa deur Rudie van Rensburg
- Min Shaw: Sprokie van ’n liefling, saamgesteldeur Shaun Andrew Mynhardt
- ’n Reeks informatiewe kinderboeke uitgegee deur LAPA-Uitgewers, in samewerking met Dorling Kindersley
12 Februarie
- Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo
- ’n Soort van bevryde vrou deur Kristel Loots
- Briljant! deur Robert Winston (Vertaler: Jaco Jacobs)
19 Februarie
- Die verevrou deur Jan van Tonder
- Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg
- Jagter deur Bettina Wyngaard
26 Februarie
- Witboy in Berlin / Witboy in Berlyn deur Deon Maas
- Kas vol monsters: omnibus deur Jaco Jacobs
- Die groot Jaco Jacobs-storieboek
- Wanneer water wyn word deur Vivian Kleynhans
Bibi se boekrak
In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.
Die volgende episodes is in Februarie vrygestel:
7 Februarie
’n Oomblik vir digkuns. Aandag alle poësielesers, hier is van Bibi se gunsteling digbundels.
14 Februarie
Boeke oor liefde. Liefde is nie altyd maanskyn en rose nie. Bibi vang dit vas in haar leeslys vir dié week.
21 Februarie
Hallo, Woordfees! Die direkteur van die US Woordfees se boekeprogram, Elmarie Rautenbach, gesels oor die boeke en skrywers wat vanjaar op Stellenbosch gaan kom feesvier.
28 Februarie
Wat lees Sean? Dié boek het vir Sean van Noordwyk só geraak dat hy dit verwerk het in ’n verhoogproduksie vir die US Woordfees.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:
![]() |
Vereeniging – die onvoltooide vrede deur Leon Wessels: ’n lesersindruk
Mantie Smith 2019-02-27 "Hierdie werk gee mens baie insig in veral die agter-die-skerms-politiek. Sy outobiografie is in keurige taal geskryf en onderhoudend; mens kan dit nie neersit tot die laaste bladsy nie." |
![]() |
Harris Dousemetzis se omstrede biografie oor Tsafendas: nóg ’n leser se indrukke
Gustaf Pienaar 2019-02-27 "In my gereelde Saterdag-rubriek in Die Burger het ek op 19 Januarie 2019 vertel het hoe ek my vervies het vir die Brit Harris Dousemetzis wat in sy boek oor Dimitri Tsafendas, The man who killed apartheid, téén alle logika en doodgewone gesonde verstand in aanvoer dat Tsafendas volkome rasioneel was toe hy Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 in die parlement om die lewe gebring het." |
![]() |
Spanning, intrige en baie aksie maak Jagter ’n meesleurende ervaring
Maryke Roberts 2019-02-26 "Dis skrywers soos Bettina wat jou laat wens skrywers kon boeke vinniger skryf, sodat ons as lesers nie so lank moet wag vir hul volgende pennevrug nie." |
![]() |
Ralph Haynes, Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n resensie
Martie Retief-Meiring 2019-02-20 "Genoeg stof vir ’n rillekker verhaal. En dis hoe Izak du Plessis hierdie verhaal aangedurf het." |
![]() |
Tweede kanse deur Stefan Enslin: ’n FMR-resensie
Alet Mihalik 2019-02-14 "Maar, soos die romantitel voorspel, kry almal tweede kanse, al is dit soms onbeplan en onbedoeld." |
![]() |
Erfskandes deur Trisa Hugo: ’n lesersindruk
Alta Cloete 2019-02-14 "Die verhaal lees vlot en telkens kom ’n nuwe kinkel te voorskyn wat die leser verras. Dis egter die tekening van die twee bejaardes en die interaksie tussen hulle wat vir my die hoogtepunt van die boek is." |
![]() |
Terroris of vryheidsvegter?: ʼn Resensie
Jean Oosthuizen 2019-02-13 "In Wit terroriste word die mite die nek in geslaan dat Afrikaners aanspraak kan maak op die hoë morele grond wanneer dit oor ʼn volk se vryheidstrewe gaan." |
![]() |
Nooit meer slapen deur Willem Frederik Hermans is in Afrikaanse vertaling ’n groot leesavontuur
Etienne Britz 2019-02-06 "Met Wium van Zyl se Afrikaanse vertaling nou beskikbaar, kan die ou Suid-Afrikaanse lesers uit die vorige eeu die boek gerus weer lees, saam met nuwe jong lesers wat dit ’n spannende boek sal vind, ’n boek wat mens nie maklik neersit nie." |
![]() |
Emily Hobhouse, geliefde verraaier deur Elsabé Brits: ’n lesersindruk
Alexander S Mickel 2019-02-05 "Die leser moet hom of haar telkens afvra waar al die vrou se krag en energie vandaan kom. Wanneer sy nie besig was om geld in te samel of siekes te besoek nie, was sy óf besig om afsprake met mense te reël, óf sy het reëlings vir nuwe reise getref." |
![]() |
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Ellen Deckwitz
Naomi Meyer, Ellen Deckwitz 2019-02-28 "Onlangs had ik een gesprek met Antjie Krog hierover, en we waren het erover eens dat poëzie gevaarlijk moet durven zijn: de vinger op de zere plek leggen, verder gaan dan waar we tot dusver in gesprekken nog durfden te komen." |
![]() |
Video: Grabouw-bekendstelling van Jagter deur Bettina Wyngaard
Naomi Bruwer 2019-02-28 Bettina Wyngaard se jongste misdaadroman, Jagter, is onlangs by Liberty Books in Grabouw bekendgestel. Maryke Roberts het met haar gesels. |
![]() |
Strafjaart: ’n onderhoud met Theo Kemp
Naomi Meyer, Theo Kemp 2019-02-27 "Ons het na al die eeue steeds geen idee wat ons moet doen met hulle wat ons gekoesterde samelewing bedreig en skaad nie." |
![]() |
Video: Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach word bekendgestel
Naomi Bruwer 2019-02-20 Ingrid Winterbach se jongste roman, Die troebel tyd, is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Louise Viljoen het met haar gesels. |
![]() |
US Woordfees 2019: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg oor Medusa
Naomi Meyer, Rudie van Rensburg 2019-02-14 "Ek kan onteenseglik sê dat om boeke te skryf verreweg die lekkerste werk is wat ek nog gedoen het." |
![]() |
Die wêreld van die storie: ’n onderhoud met Willie Burger
Naomi Meyer, Willie Burger 2019-02-05 "[E]k wou ook vir myself en vir moontlike lesers probeer verduidelik waarom ons stories lees, wat ons met stories doen, hoekom ons stories nodig het, wat stories met ons doen en wat dit vir ons kan beteken om stories en hoe hulle vertel en verstaan word, te ondersoek." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Februarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 Februarie
Resensie: Jean Meiring resenseer Die skildpad se laaste traan deur Carol Campbell
Resensie: Johan van Zyl resenseer Weerklink van ’n wanklank deur Pieter-Dirk Uys
Nuut op die rak: Vier nuwe boeke oor die Afrikaner
- The Rise and Demise of the Afrikaners deur Hermann Giliomee
- Afrikaner-Kapitalisme deur David Meades
- Afskeid van ’n volk deur Philip Spies
- Die eggenotes agter die Afrikaner politieke leiers deur Ockert Geyser
Resensie: Magdel Vorster bespreek vier geïllustreerde kinderboeke
- Chris Ridell se Juffrou Goth en die spookmuis en Juffrou Goth en die onfeestelike fees
- Die boombuis met 13 vloere deur Andy Griffiths en Terry Denton
- Wie woon hier? deur Einat Tsarfati
10 Februarie
Resensie: Jean Meiring resenseer Bos deur Jaco Wolmarans
Resensie: Gilbert Gibson resenseer Die Val/The Fall deur Johannes van Eeden
Nuut op die rak: Lekker leesplesier (’n oorsig van nuwe publikasies)
17 Februarie
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo
Uittreksel: Karaktermoord (hoofstuk 4) deur Carina Diedericks-Hugo
Resensie: J.B. Roux resenseer Sara deur Maretha Maartens
24 Februarie
Resensie: Koos Kombuis resenseer Witboy in Berlyn deur Deon Maas
Resensie: Jean Meiring resenseer Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg
Nuut op die rak: Kortverhaalbundels
- Aan die deur van die wis en die onwis deur Pirow Bekker
- Wanneer bloekoms dans deur Rita Gilfillan
- The Snow Sleeper deur Marlene van Niekerk
- Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Februarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
5 Februarie
Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds (vertaal deur Nathan Trantraal)
Soms lees ’n mens ’n boek wat jou soos ’n muil in die maag skop. Jason Reynolds se multi-bekroonde Long way down, meesterlik vertaal in Kaaps as Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal, is só ’n boek.
Lees die resensie
7 Februarie
Die vertes in deur Zirk van den Berg
Benewens die historiese gegewe en die vernuftige ontwikkeling van die verhaallyn wat ʼn mens deurgaans boei benut die skrywer die geleentheid ten volle om afgesien van onmenslikheid ook elemente van menslikheid te illustreer.
Lees die resensie
12 Februarie
Kinderboeke bo!
Louise Viljoen het ’n oorsigresensie saamgestel van die heerlike verskeidenheid leesstof wat tans vir kinders beskikbaar is.
Lees die resensie
14 Februarie
Vrystories vir Valentynsdag
Bederf jouself of jou geliefde met hierdie splinternuwe vrystories wat die goedvoelhormone deur jou lyf laat bruis. Viva die liefde!
Lees die resensie
20 Februarie
Kieme: Bose bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse deur Steve Mould
Jong wetenskaplikes sal hulle verlustig in die wonderlike foto’s, grappige karakterillustrasies en verstommende feite wat die wonderwêreld van ’n piepklein, grillerige en fantastiese wetenskap omskryf.
Lees die resensie
27 Februarie
Deur dik en dun: Lekker kos en stories uit ou Pretoria deur Riana Mulder
’n Unieke geskiedenisboek met 93 spesiaal uitgesoekte, handige én interessante resepte. Die boek kan eweneens beskryf word as ’n resepteboek wat geskiedkundige inligting op ’n toeganklike en gesellige wyse oordra.
Lees die resensie
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 6 Februarie
Die digter Lina Spies vertel meer oor D.J. Opperman, haar dosent en mentor, se impak op haar lewe en ook op Afrikaans. Jy kan ook luister na 'n opname uit die argiewe waarin Opperman self vertel van sy Letterkunde-laboratorium. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor die Dylan Thomas-prys.
Woensdag 13 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Karin Cronje oor There Goes English Teacher, haar boek oor die twee jaar wat sy in Korea skoolgehou het. Rouxnette Meiring gesels oor haar twee wetenskapfiksie-jeugromans Kraak en Snak, en Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder andere oor die Britse skrywer Rosamund Pilcher, wat onlangs oorlede is.
Die skrywer Dolf van Niekerk word vandeesweek 90 jaar oud. Luister na uittreksels uit twee argiefonderhoude wat presies 40 jaar uitmekaar met hom gevoer is. In Johan Myburg se insetsel is daar nuus oor vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde.
Woensdag 27 Februarie
Hans Pienaar vertel vir Ilse Salzwedel van sy roman Die Generaal. Nog 'n Tolkien-boek is onlangs in Afrikaans vertaal - kom vind uit hoe die vertaler Janie Oosthuysen dié groot taak aanpak. Johan Myburg gesels in sy insetsel onder meer oor 'n nuwe roman, gebaseer op die klassieke Dr. Zhivago, wat die internasionale boekwêreld aan die gons het.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 5 Februarie
Wessel Prerorius lees gedigte oor ons verhouding met tegnologie van George Weideman, Pieter Odendaal, Fourie Botha, Kobus Lombard, René Bohnen, Fransi Niewoudt en Antjie Krog.
Dinsdag 12 Februarie
Ronél Geldenhuys lees gedigte oor grootouers en oudword deur Lina Spies, Wilma Stockenström, Elisabeth Eybers, Joan Hambidge, Gert Vlok Nel, W.L. van der Merwe en Antjie Krog.
Dinsdag 19 Februarie
Luister na gedigte wat effe met die maan gepla is, so met die volmaan saam. Erica Wessels is die voorleser van gedigte van Ingrid Jonker, Wilma Stockenström, Sheila Cussons, Marlene van Niekerk, Juanita Louw, DPM Botes, Corné Coetzee en Ilse van Staden.
Dinsdag 26 Februarie
Daneel van der Walt lees gedigte oor die see van Breyten Breytenbach, Uys Krige, Pieter Odendaal, René Bohnen, Eckhard Cloete, Lina Spies en Sheila Cussons.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Februarie het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:
Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Die volgende onderhoud is in Februarie geplaas:
18 Februarie
Marlise Joubert gesels oor haar bundel grondwater met Gisela Ullyatt.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Februarie die volgende resensies en rubrieke gelewer:
2 Februarie
Ken jou storie: Hoekom nóg boeke lees?
9 Februarie
Kies ’n boek: Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach
16 Februarie
Kies ’n boek: Weerklink van ’n wanklank deur Pieter-Dirk Uys
26 Februarie
Kies ’n boek: Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen