Bettina Wyngaard se jongste misdaadroman, Jagter, is onlangs by Liberty Books in Grabouw bekendgestel. Maryke Roberts het met haar gesels.

Maryke Roberts en Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard

Eerwaarde Glenda Jordaan (middel) saam met Bettina en haar ma, Katie Wyngaard.
Jagter
Bettina Wyngaard
Uitgewer: Umuzi, 2019
ISBN: 9781415210048
Oor die boek op Penguin Random House se webwerf:
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan
Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom. Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou. Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.
Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.
In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.
Lees ook
https://www.litnet.co.za/spanning-intrige-en-baie-aksie-maak-jagter-n-meesleurende-ervaring/

