Ingrid Winterbach se jongste roman, Die troebel tyd, is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. Louise Viljoen het met haar gesels.

Die troebel tyd
Ingrid Winterbach
Human & Rousseau
ISBN: 9780798177665
Magrieta Prinsloo, dierkundige, se kop haak uit op die verkeerde antidepressant. Sy beledig haar departementshoof, en haar illustere akademiese loopbaan kom tot ’n einde. Sy aanvaar ’n betrekking by die Buro vir Voortgesette Onderrig, en in haar nuwe pos kom sy heelwat teë – sowel medewerkers as walvisse – wat haar lewe in ’n beduidende ander koers stuur. Met dié roman bewys Winterbach weer haar merkwaardige vernuf as romansier, met ’n buitengewone insig in die menslike psige.
Lees ook
Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

