Die Niewe Jesus, ampe maa noggie!

  • 0

Ek lies ooral oppie internet oo hoe mense skryf oorie storie van pastoor Alph Lukau vannie Alleluia Ministries International en som vannie liesstukke vra oek hoekô mense in die goed in gloe. Ek wonner toe oek oo die vrae, innie sense van hoekô is Suid Afrikaners soe maklik om in die gat te val, of hoekô issit soe maklik om te gloe in iets wattie rêrig daa issie?

Waana soek ôs wannerit kô by godsdiens, kêk gan, Bybel en anner heilige boeke lies? En hoekô is dit soe maklik virrie manne en vroue wat daa voo innie kêk staan met hulle deftige suits en duur jewellery lat dit soe maklik is vi ôs om in hulle te gloe, dan wat die Woord sê?

Ek ken meeran ʼn paa mense wat uit hulle pad uit al gegan het om hulle liewens te vebieter deu groot gelde an pastore en kêke te gie soedat hulle kan gerid wôd van ʼn kwaal of leiding. Nou wannerie geloef stêk is, dan kan enige iets mos gebee. Maa kan dit dooie mense lat wakke skrik? Daa is ʼn paa mense wat ek wens nog kan liewendig wies.

Die selfgedoepte proefete ry in duur karre en hulle vlieg in private jets. Die hele ding voel vi my soes ʼn ponzi scheme met die belofte van ʼn iewige liewe saamit God, en oek daai dadelike veannering in jou liewe in waa geld concern is. Al wat anners is, is dat daa net een klomp is wat rêrig deurie finansies baat: die pastoor en sy minions. Ennie congregation moet maa nog wag vi hulle stukkie hiemel.

En hoekô is dit maa net in baie gemeenskappe waa armoede en geweld hoeg lê wat die goed gebee? Hoekô sien djy nie sulke goed gebee in plekke soes Sea Point, of Camps Bay, Woodstock, of innie stad, daa waarie mense mettie geld bly nie? Waaoo gan die geloef in God of die heilige boeke dan? Soes dit van my level af lyk, lyk dit soes dit net mense anvat wat in armoede of an een of anner siekte ly, en mense wattie geld het vi decent medical aid nie. Of sien ekkie die volle prentjie nie? Is daa mense met hoepe geld wat saam mettie res vannie gemeente gras geïet het of petrol gedrink het?

As ek moet praat uit eie experience uit, dan is die hele kêkgoete nie ʼn rêrige biesagheitie. Ek het maa nog net altyd vi God gekry ienige anner plek dan innie kêk, wan al was daa ʼn deel van my wat wou in ʼn kêk gat staan en saam anner mense die groot God eer en prys, was daa maa nog altyd daai engeltjie op my skouer wat aliewig uitgewys het hoe onregverdig dinge is tussen dies wat oppie stage staan ennie res wat innie banke in sit. Ees het dit vi my gegan oo die feit dat hoe is ôs amal kinners van God, maa daa is mense wat hulle boe anners hou innie naam van God. Dan was dit om te sien die rykdom wat pastore agter hulle aan dra, maa dan is daa ʼn groot deel van hulle gemeente wat baie kere honger loep slaapit. Dan was daa die konstante spot vannie sondaars wat nettie hulleself in lyn kan bringie. Dis daa wat ek myself as jongmens tienie kêk en sy lang lys van T’s & C’s lat besluit het, en ek het my plek gat invat oppie Jaart of sjebien soes baie dit ken. Dit wassie die beste besluit in my liewe nie, maa volgensie kêk is daa net twie opsies: ʼn sondaar of ʼn kind van God.

En as ek trug dink oo watte dwaal dit was om soe swaa deu alles te gan wattie liewe in my pad gegooi het, en om dit te doen sonner om God by my voo- en agtedeu te het, was maa baie moeilik. Maa ek het met daai pad uitgevinne dat God hettie ʼn gebou nodig wat net siekere tye oep is en waa daa ʼn dress code issie. Dis nou ampe soes djy djol toe gat met jou beach plakkies, ennie bouncer stuu jou huis toe.

Maa hoekô hou mense nog soe vas an die publieke diening van God, en dan oppie selle pad wat hulle stap wôd hulle siele maa net nog vêder gerinneweer en hulle sakke lieeg gesuig? En dit alles vi watte riede? Issit om te kan sê, “Ek dien ʼn liewendige Vader”? Maa ʼn mens moet wonner of dit nie na iets dieper wysie. Iets wat praat van hoe vetrap en geskee hierie weefstof van ôs nasie is. Wan soe kan mense nie net wil gras iet, en petrol drink, en rotte en slange iet net om nader an God te wiesie?

Daa is maklikere maniere om nader an God  te wies dan dee mense soes die pastoor wat wil Jesus speel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top