Pasgelaai
Inskrywings ingewag vir die Helgaard Steyn-toekenning vir Afrikaanse skryfkuns
2020-05-29Inskrywings word nou ingewag vir die Helgaard Steyn-toekenning in skryfkuns vir 2020. Afrikaanse boeke deur Suid-Afrikaanse skrywers wat in die tydperk 2016 tot 2019 uitgegee is, word in aanmerking geneem.
Persverklaring: Kortlyste vir Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020 bekend
2020-05-29Media24 Boeke kondig met trots die kortlyste aan vir die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020.
Pasverskyn: Somtotaal deur Anchien Troskie
2020-05-28Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam grootgeword op ’n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. En nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al ’n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester.
Elders gesien: Stelwerk
2020-05-28"Die aarde is branding
en oral is klip, het jy juis gewaarsku.
Ook digters sal brand, soos fakkels in ’n donker land."
Is alles oraait byrie hys?: ’n Onderhoud met die stigter van Vannie Kaap
2020-05-28Met ’n Instagram-following van 181 000 en meer as 380 000 likes op hul Facebook page is Vannie Kaap, in hul woorde, ’n sosiokulturele beweging. As jy al gevra het of alles oraait by die huis is, het jy al Vannie Kaap se memes iewers gewaar/geshare. In Maart 2020 het Bernie Fabing, die stigter van Vannie Kaap, ’n memeboek by Kwela uitgegee getiteld, natuulik, Is alles oraait byrie hys? LitNet het vir Veronique Jephtas gevra om met Bernie Fabing te gesels.
"Toneelspel is vir my soos dagga vir Snoop Dogg" – ’n onderhoud met Beer Adriaanse
2020-05-28"Vir my is humor die enigste lens waardeur die klug van die mensdom sin maak. Die ander lense sal my ’n vroeë dood laat sterf."
’n Manifes vir Afrikaans
2020-05-28"Afrikaans word nie net aan universiteite deur verengelsing bedreig nie; dit geld ook vir skoolonderrig. En Afrikaans word nie slegs in die onderwyssektor afgeskaal nie, maar in alle staats-, openbare en selfs privaat sektore. In ’n poging om die situasie te beredder, word ’n konsep-Afrikaansmanifes hiermee as ’n werks- of gespreksdokument voorgelê."
Die aap is uit die mou: Pharos se skoolwoordeboeke sal iets vir elke kind beteken
2020-05-28"’n Kind in graad 1 kan nie ’n literêre werk lees nie, want hy het nog nie die vaardigheid daarvoor nie. Net so kan jong leerders nog nie ’n gesofistikeerde leksikografiese naslaanwerk (oftewel standaardwoordeboek) ten volle ontsluit nie."
Now we are all Swedes
2020-05-28"On 18 May, I had the opportunity of participating in an insightful FB discussion on a topic we are all obsessed with – COVID-19. Our discussion focused on the much celebrated 'Swedish way' of dealing with the virus. At the time, South Africa was under a strict level four lockdown, while Swedes seemed to be going about business as usual. Towards the end of May, most countries in the world were easing their lockdown regulations – it seemed that we were now all becoming Swedes."
Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys
2020-05-28"Ek dink dis fantastiese motivering om weer, en beter, te skryf. Ek het gaan kyk na vorige skrywers, en het gedink: 'Bliksem, jy bevind jouself nou in goeie geselskap.'"
Hoop in die donker: ’n onderhoud met André van der Merwe
2020-05-28"Ek glo aan die einde van hierdie tydperk sal koorsang (soos baie kunsvorme) selfs sterker as voorheen terugkeer."
Elders gesien: "Troosgoed vir ’n bang gemoed"
2020-05-27"Aangesien ek kwalik iets anders het om daardie tyd van die nag te doen, trek ek die Google-verseboek nader. ’n Paar minute later lees ek vir haar Jan FE Celliers se lang en pragtige verhalende gedig 'Die brand' voor."
Op vlug
2020-05-27"Parkstasie, Johannesburg, wemel van die malende menigte wat wag om aan boord die ronkende busse te gaan, maar, anders as die ronddraaiendes, stap sy in ’n reguit lyn tussen hulle deur. Haar lyf is gespanne en die kennetjie is vorentoe gestoot. Sy systap die dralende skare met die geringste voetwerk."
Die probleem met handewas
2020-05-27"Jy maak die kraan oop met jou 'besmette' hande, was die hande en maak besette kraan weer toe met jou hande, veral by kinders."
Elders gesien: ’n Nuwe normaal?
2020-05-27"Ek weier om te aanvaar dat ek nie by my ouma en oupa kan kuier, of die kinders in my klas kan druk nadat ek hulle nege weke lank nie gesien het nie."
Legkaart van ’n jong lewe deur Dolf van Niekerk: ’n resensie
2020-05-27"Dit word ’n eie reis na ’n verlede met ’n ryke verskeidenheid van belewenisse en die blywende indrukke wat nog steeds vorm gee aan ’n groeiende bewussyn op hierdie pad."
Lesersindruk: Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, saamgestel deur Wendy Maartens
2020-05-27"Hierdie lekker storieboek is goed nagevors en bevat ’n ryk skat van verhale vir alle ouderdomme."
PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van romans deur Harry Kalmer en Jaco Jacobs
2020-05-27PEN Afrikaans kondig met trots die jongste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds aan. Die PEN Afrikaans Vertaalfonds bestaan te danke aan die ruim ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys en ter wille van die bevordering van die Afrikaanse letterkunde in die buiteland.
Waar was jy?
2020-05-27"Jy was by jou kerk, online het wonderlik gewerk.
Die gemeente was bymekaar, almal om elektronika geskaar."
