Pasgelaai

Wanneer die verlede herhaal

Elridus Grobler SêNet-briewe 2020-07-13

"Verbeel jou, liewe leser, ons bevind onsself in ’n uitsonderlike jaar met uitsonderlike uitdagings. Buite dreig die gevaar. Ons moet binnenshuis bly. Eers vind ons dit amusant. Dan verveel dit ons. Die verveling neem toe. Ontstellende drogbeelddrome."

Die lewe volgens Wim Vermaak: ’n onderhoud

Cliffordene Norton, William Oosthuizen Skrywersonderhoude 2020-07-10

"Die beste was om te sien hoe die stukke van Wim se lewe stadig maar seker bymekaar kom ten spyte van struikelblokke wat hy soms self geskep het weens sy dromerige lewensuitkyk."

’n Brief aan my ouma

Peet van Dyk Fiksie 2020-07-10

"Ek kry swaar, Ouma. Ons kry almal swaar. Die lewe het skielik langs die pad gebreek. Nou staan ons almal alleen langs die pad en wag en wag vir hulp. Die warrelwind waai stof in ons oë. Dit voel of die hele wêreld ophou leef het. Dis swaar om net stil te staan, Ouma."

Sê vir Hannes van Brendan

Paula Hartzenberg Fiksie 2020-07-10

"Dalk is dit net die naam van ’n nuwe fliek, of dalk ’n hond by die dierebeskerming. Dit kan niks ernstigs wees nie. Tog is daar ’n hol kol op sy maag wat hy nie weggedink kry nie. Sy kan netsowel in gevaar wees en wou sy hom nog waarsku oor iemand wat haar lastig val."

Nog net een ding, Meneer …

Berdéhan Brand Fiksie 2020-07-10

"Dis asof die dag met my gekskeer, my koggel, my uitlok. Kwart-voor-agt en die buitetemperatuur is 34° Celsius. Dit help ook nie ek peuter aan die lugreëling nie – Laika blaas net warm asem uit."

ATKV vier vanjaar 90ste bestaansjaar

Marli van Eeden, Gerrie Lemmer Onderhoude 2020-07-10

"Ná 90 jaar wil die organisasie steeds die verskil wees wat hy al vir jare vir Afrikaans in Suid-Afrika was." Marli van Eeden gesels met Gerrie Lemmer, die uitvoerende hoof van kultuur van die ATKV.

Die nuusmedia se toekoms het opgedaag

Herman Wasserman Menings 2020-07-10

"Wêreldwyd was die drukmedia al vir jare in ’n wurggreep."

Bekroonde Libertaskoor hou aanlyn vertoning ten bate van liefdadigheid

Marli van Eeden, Johan de Villiers Onderhoude 2020-07-10

Sluit aan by die bekroonde Libertaskoor op Saterdag 11 Julie om 19:00 vir ’n virtuele aanlyn vertoning, gelei deur seremoniemeester Gillian Arendse. Instrumentale begeleiding word aangebied deur Gerhard Niemand op die klavier, die Ramon Alexander Trio, en Zorada Temmingh op die orrel. Die vertoning sal tot 18 Julie beskikbaar wees om te kyk. Johan de Villiers, wat sedert die stigting van die koor in 1989 die dirigent van die koor is, vertel meer oor hul eerste aanlyn vertoning.

Meertalige skrywersonderhoud: Nederlandse skrywer Esther Verhoef gesels oor Liewe Mamma

Naomi Meyer, Esther Verhoef Skrywersonderhoude 2020-07-10

"Ik wil als schrijver bij voorkeur, net zoals de lezer, verrast worden."

Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat

Elvis Saal SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-07-10

"Dialekte geniet maar nog steeds slegs beperkte aandag in die Afrikaans-klaskamer, en daarmee saam is die sosiale evaluering van dialekte ook nie altyd gunstig nie. Dialekte word dikwels eerder gesien as ’n besoedeling van die standaardvariëteit, eerder as wat dit as ’n hulpbron gesien word wat waarde tot die verwerwing van die standaardvariëteit kan toevoeg."

LitNet: Reguit met Robinson

LitNet Nuusbrief 2020-07-09

LitNet: Reguit met Robinson

Pasverskyn: Maggie – My lewe in die kamp deur Maggie Jooste

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-07-09

Maggie is die merkwaardige verhaal van ’n Afrikaanse tienermeisie en haar belewenis van die Anglo-Boereoorlog.

George Hallett (1942–2020): Flitse van ’n fotograaf se lewe

Heindrich Wyngaard In memoriam 2020-07-09

"Oor die fotograaf George Hallett word daar gesê dat hy sonder twyfel een van Suid-Afrika se grootstes was; en as dit waar is wat Baldwin oor Delaney geskryf het, dat gróót kuns slegs uit liefde geskep kan word, dan het geen groter minnaar al ooit ’n kamera vasgehou as die cat George Hallett nie."

Karel Benjamin se storie

Annari van der Merwe Boeke en skrywers 2020-07-09

"Staan uit die water uit! (Kwela Boeke, 1996) is waarskynlik die eerste boek in Afrikaans oor ’n werkersgemeenskap wat van binne uit geskryf is deur ’n volmondige lid van daardie gemeenskap ... Karel Benjamin gebruik die uitsonderlikste Afrikaans [wat] ryk is aan uitdrukkings onbekend aan ons ... Inderdaad ’n outentieke nuwe stem in Afrikaans. En ’n nuwe soort skrywer in Afrikaans."

Language-in-education planning in the Northern Cape and Free State. An assessment of two language acquisition programmes in schools

Jani de Lange, Theodorus du Plessis Academic research 2020-07-09

"The problems encountered with suitable teaching and learning material in particular pose a major challenge that deserves urgent attention. Nevertheless, it would be ideal to set up a heritage language category in the language curriculum."

Taal-in-onderwys-beplanning in die Noord-Kaap en Vrystaat. ’n Beoordeling van twee taalverwerwingsprogramme in skole 

Jani de Lange, Theodorus du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-07-09

"Een van die belangrikste uitdagings is die feit dat Nama nog nie as TAT geïnstitusionaliseer is nie en dat die implementering van die IIAL nie heeltemal vlot verloop nie. Die studie van die implementering van Sotho as TAT in Philippolis wys dit uit."

Nederlandse seemanstaal en Afrikaanse uitdrukkings – ’n onderhoud met Annél Otto en Else Boekkooi

Remona Voges, Else Boekkooi, Annél Otto Onderhoude 2020-07-09

"Al is ons taal minder as 400 jaar oud, gaan sy wortels veel en veel dieper. Dis waar ons wil uitkom, juis in hierdie tyd waarin soveel idiomatiese uitdrukkings besig is om in onbruik te raak."

Die smal of die breë weg? Stof tot nadenke ook vir georganiseerde landbou!

Christo van der Rheede Menings 2020-07-09

"Dit is die taak nou van Mboweni om die ekonomie op die herstelpad te plaas. Daarom sy beroep op almal om van die breë weg af te sien en hul tot die smal pad te wend."

Jakes Gerwel se soet nalatenskap vir Afrikaans

Melt Myburgh Boeke en skrywers 2020-07-09

"Sy pa was ’n eweneens formidabele man wat vir sy tien kinders ’n skool gebou het, want daar was geen skool naby nie. Hierdie skool het die plek geword waar vele ander Oos-Kaapse kinders hulle geleerdheid ontvang het …"

Ennio Morricone: meester van die klankbaan

Leon van Nierop In memoriam 2020-07-09

"Hier is een van die weinige rolprentkomponiste wie se musiek nie alleen sekere beelde opgeroep het met slegs enkele note nie, maar waarna sonder beelde geluister kon word."

Top