Pasgelaai

Onderhoud met Leandie du Randt oor Kom ons jol op kykNET

Remona Voges, Leandie du Randt kykNET Portaal 2020-06-03

"Die program is belangrik omdat dit die publiek betrek. Almal sit op die oomblik by die huis en niemand kan hul vriende of ander mense sien nie, so op so ’n manier kom ons almal bymekaar en voel dit asof ons saam jol, al sit ons nie in dieselfde kamer nie."

Elders gesien: In memoriam – Jeanne Goosen

Jackie Nagtegaal Elders gesien 2020-06-03

"Tussen haar en my ma kon mens die wêreld verstaan. Sonder mense soos hulle is als stukkend. So vanoggend maak ek my oë toe en hoor haar vingers oor die klavier ... haar blou oë."

Die virus in die onderwys: ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Naomi Meyer, Michael le Cordeur Onderhoude 2020-06-03

"Ek is verheug dat onderrig in sommige skole kon voortgaan, maar hoe normaal is dit dat te midde van soveel armoede en ellende sommige skole kan voortgaan terwyl die grootste gedeelte van ons land se leerlinge nie toegang tot aanlyn klasse het nie?"

Kunsmatige bewussyn

Handré Brand Seminare en essays 2020-06-02

"Teoreties gesproke is dit moontlik dat die argitektuur van gevorderde of toekomstige KI wesenlik en ingrypend van die mens se natuurlike bewussynfunksies kan verskil, veral omdat superintelligente KI oor spesialiskennis op elke terrein kan beskik en dus nie bewussynsinhoude benodig soos dit tans verstaan word nie."

Press release: Connect with The Fugard Theatre online from 1 June with The Fugard at Home

LitNet Lifestyle and entertainment 2020-06-02

The Fugard Theatre’s new digital platform The Fugard at Home launched on 1 June, presenting a unique opportunity to access a range of theatrical content on The Fugard Theatre’s website.

Benodig

David C Jantjies Poësie 2020-06-02

"Wat ons nou uiters nodig het is
Manne met murg in hul pype 
Manne met knap koppe
Manne met ysterbene
En vastegreep-arms"

Vleis-en-hopies-wol

Jannie Pretorius Poësie 2020-06-02

"By die kerk
én in die malhuis,
in Mpumalanga én Modderrivier én Umfeleni
lê vleis-en-hopies-wol."

Resensie: Dwaalgedagtes op ’n fiets deur Pieter Loots

Hugo Truter Resensies 2020-06-02

"Die skrywer slaag daarin om fietsryers, oud en jonk, wat steeds droom van avonture, aan te moedig om nuwe uitdagings aan te pak en die langpad aan te durf."

Soos altyd

Naomi Meyer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-06-02

"Maandagoggend ry ek en die gemaskerde graad 7 na die skool."

Bassie: My journey of hope by Basetsana Kumalo – a reader impression

Barend van der Merwe Books and writers 2020-06-02

"Besides its wonderful historical detail, the book truly lives up to hope – but also hard work and commitment – to achieve and to serve."

Hoekom ry kerke met Jan Tuisbly se karretjie?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2020-06-02

"Wie word bevoordeel deur die heropening van kerke, en wie het die invloed om die regering in ’n blik te druk?"

Seen on Facebook: "George Floyd, we breathe and say your name"

Anne Landsman Elders gesien 2020-06-01

"What does it mean when you squeeze someone’s breath out of them? To break that attachment another human being has with the timelessness of their breath?"

Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor Somtotaal

Maryke Roberts, Anchien Troskie Skrywersonderhoude 2020-06-01

"Is dit regtig moontlik om ten volle te kan vergewe? Dit is die eienskap van die mens wat my die meeste fassineer. ’n Storie het altyd twee kante. Nie noodwendig twee regte kante nie."

Elders gesien: Korona-bewusmakingsveldtog

Hennie van Deventer Elders gesien 2020-06-01

"Dalk moet die regering liewer die geld wat hy op sy vervelige, verbeeldinglose en nuttelose SMS-kampanje mors, steek in ’n professionele bewusmakingsveldtog met reuse foto’s soos hierdie oral in sekere 'brandpunte'."

Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor “Greep”

Zirk van den Berg, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2020-06-01

"Daar is ’n element van openbaring, altyd. Dis die vonk wat aanleiding gee tot die storie. In ’n kortverhaal raak die vonk ’n vlam; in romans steek dit gaandeweg ook ander vure aan."

Greep

Zirk van den Berg Fiksie 2020-06-01

"Ek is nuuskierig, en braaf van die bier. Kinders gaan van verskillende goed dood. Hulle kry ’n virus, die een of ander aangebore kwaal knou hulle, of hulle stik aan ’n vitamienpil."

’n Wenk vir die regering op Maandag

Raed-na-Gael SêNet-briewe 2020-06-01

Hierdie briefskrywer meen die regering kan hierdie Maandag ’n slag by die drankwinkel slaan.

Die liefde

Jaco Fouché Poësie 2020-05-31

"So staan jy onder die stomme kaart,
rekord van stasis en van vaart."

Satori in ’n hap soja-mince

Jaco Fouché Poësie 2020-05-31

"Ruik die diep asem van die fabrieke
hoor die knars van die metaal in die oes
my kake wil my van die binnekant af
opvreet."

Elders gesien: Net een kolletjie van die dice

Albert du Plessis Elders gesien 2020-05-29

"Dit is moeilik om die skielike toename in getalle haweloses in vodde op straat mis te kyk. Nou is hulle na ure die enigstes op straat. Ysige nat donker strate. Nie eers die lockdown polisie wil hulle hê nie. En jy weet. Jy weet daar’s net een kolletjie van die dice tussen ons en daardie mense."

Top