Persvrystelling: kykNET-filmreeks – Uitnodiging vir indiening van storievoorstel

  • 1

Soné Combrinck Produksies is deur kykNET gekontrakteer om tien 50-minuut-TV-films vir die kanaal te vervaardig. Ons nooi graag skrywers en storiemakers uit om bestaande verhale vir oorweging in te skryf.

Kwalifiserende kriteria is soos volg:

  • Slegs bestaande Afrikaanse werke, byvoorbeeld teatertekste, radiodramas, kortverhale of prosa, sal oorweeg word.
  • Die verhaal mag ’n maksimum van vyf karakters en drie stelruimtes (locations) bevat.
  • Maksimum van 50 bladsye.
  • Alle genres sal oorweeg word.

Formaat van voorleggings:

  • PDF-leêr met die volledige verhaal of teks.
  • ’n Opsomming wat ongeveer ’n halwe bladsy lank is, asook ’n opsomming van karakters en stelruimtes.
  • Kontakbesonderhede van die skrywer en kopiereg-eienaar.
  • Dui ook aan of jy self die verwerking na ’n filmdraaiboek sal kan of wil behartig al dan nie. Indien wel, sluit ook jou CV van vorige skryfervaring in.

Voorleggings kan gestuur word aan [email protected]. Die sluitingdatum vir inskrywings is Woensdag 12 Augustus om 17:00.

Ons sien uit daarna om wonderlike stories te vertel!

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Marius Absalom

    Hallo Sone
    Verstaan ek reg dat iemand ’n gedig sou kon voorlê vir die verwerking na ’n filmdraaiboek met verwysing na bostaande storievoorstel?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top