Alta Engelbrecht en Best Books se Eksamenhulp: Graad 8 Taal- en leesoefenboek vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal sal leerders se taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat taal- en begripsoefeninge, sommer alles in een. Dit sal leerders se taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) verryk en hulle help om Afrikaans onder die knie te kry. Die lees- en begripsoefeninge in hierdie boek bevat uittreksels uit die jongste jeugboeke vir lekkerleesgenot terwyl leerders leer.
Hierdie oefenboek bied begripstoetse, agt hoofstukke met taaloefeninge, oefenvraestelle vir toets- en eksamenvoorbereiding. Dit bevorder taal- en leesvermoë en bied toeganklike opsommings van taalkonvensies en -strukture. Die oefenboek gebruik Engels en Afrikaans as instruksietaal, en bou op die basiese taalstrukture en konvensies wat leerders reeds begin leer het. Ook ontwikkel dit kennis van Afrikaans as addisionele taal. Die boek is geskik vir gebruik deur IEB-leerders.
Die antwoordstel is gratis op www.bestbooks.co.za beskikbaar.
Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.
Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsi Store.
As toonaangewende boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.
Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:
- ’n Taaloefening
- Antwoorde op die vrae
Kommentaar
Ek sukkel met Afrikaans; kan jy my help?
Hallo! Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is - dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Klik gerus op die vraestel wat kan help en laai dit in PDF-formaat af: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Groete, die LitNet-redaksie