Alta Engelbrecht

Alta Engelbrecht (née Claassen) matrikuleer aan die Hoërskool Goudrif in Germiston. Sy verwerf haar BA (Ed)-graad in 1980 aan die Universiteit van Pretoria. Nadat sy vir twee jaar by die Hoërskole Kempton Park en Silverton skoolgehou het, word sy die projekorganiseerder van die destydse ATKB, waar sy kultuurprojekte soos redenaarskompetisies, koorkompetisies en storievertelkompetisies ontwikkel en bestuur het.

Haar tersiêre loopbaan begin by die destydse Onderwyskollege van Pretoria (NKP) nadat sy haar BA (Honneurs) in Afrikaans-Nederlands aan Unisa verwerf het. Hier is sy genader om deel te word van ’n span wat Afrikaans-handboeke vir ’n postapartheid Suid-Afrika geskryf het. Dit het haar belangstelling in die rol wat handboeke in die amptelike en nie-amptelike kurrikulum speel, laat posvat.

Sy verwerf haar MEd en PhD ook aan die Universiteit van Pretoria, waar sy tans senior lektor in die Fakulteit Opvoedkunde is. Sy is verantwoordelik vir die metodoliekopleiding van voorgraadse en nagraadse onderwysstudente en het reeds ses MEd- en PhD-studente suksesvol begelei.

Elf akademiese publikasies het reeds uit haar pen in geakkrediteerde tydskrifte of boeke verskyn. Haar publikasies word gekenmerk deur twee navorsingsfases: stereotipering in skoolhandboeke as oorgangspublikasies ten tye van die oorskakeling van apartheid na demokrasie, en postapartheid publikasies wat deur situasionele veranderlikes soos kurrikulumontwikkeling en tegnologiese ingrypings beïnvloed word.

Twintig handboeke en werkboeke vir skool- en tersiêre opleiding vorm ook deel van haar publikasielys. Sy is onder andere die medeskrywer van handboekreekse soos Afrikaans ons taal en Platinum Afrikaans (Huistaal), ’n Afrikaanse navorsingshandboek vir nagraadse studente, en twee metodiekhandboeke vir studente en onderwysers, getiteld Afrikaansmetodiek deur ’n nuwe bril (Oxford) en Vuvuzela-Afrikaans: taalonderrig wat nie geïgnoreer kan word nie (Mediakor). Sy het onlangs ook werkboeke geskryf vir die roman en film Pad na jou hart, sowel as die Alles-in-een Afrikaans Eerste Addisionele Taal Lees- en taal-reeks vir graad 4–7.

Krisis in die onderwys: ’n onderhoud met Hanlie Dippenaar

Alta Engelbrecht, Hanlie Dippenaar SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-13

"Dit is duidelik dat daar finansiële druk op die Departement van Onderwys is. Ek voel onderwys is die laaste item op die finansiële begroting wat onder druk geplaas moet word. ’n Moontlike oplossing kan wees om ’n verpligte een-jaar-internskap vir nuwe onderwysers in te bring, wat die druk kan verlig."

SA Skoleseminaar: Besnoeiing van onderwysbefondsing

Alta Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-09-12

"Onderwysers is die waarborg dat die volgende geslag opgevoed sal wees. Goeie (en genoeg) onderwysers is die enigste verweer teen die moontlike verval van die samelewing."

The application of a multiliteracies approach in an Afrikaans First Additional Language classroom

Alta Engelbrecht, Anike Conradie Academic research 2023-03-23

"The findings suggest that a multiliteracies approach might become non-negotiable in a contemporary additional language classroom, especially in highly diverse contexts."

Die toepassing van ’n multigeletterdheidsbenadering in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-klaskamer

Alta Engelbrecht, Anike Conradie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-03-23

"Die doel van hierdie studie is om die hoekom, wat en hoe van multigeletterdheid te ontgin om die aanleer van ’n addisionele taal te vergemaklik."

The cultivation of global competencies in an Afrikaans First Additional Language textbook for grade 12 learners

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht Academic research 2023-02-15

"The contribution of this research lies in the new knowledge pertaining to textbooks and global skills in Afrikaans FAL methodology and may serve to alert practitioners and policy makers to reassess its continued use of an officially approved textbook."

Die ontwikkeling van globale vaardighede in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-handboek vir graad 12-leerders

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-15

"In hierdie artikel poog ons om eerstens vas te stel wat die KABV ten opsigte van die ontwikkeling van globale vaardighede vereis en hoe dit vervolgens in die vraestelle en ’n goedgekeurde KABV-handboek van Afrikaans EAT neerslag vind."

Graad 9 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

Alta Engelbrecht Notas, toetse en vraestelle 2020-08-12

Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 9 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Alta Engelbrecht se Eksamenhulp-boek.

Graad 8 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

Alta Engelbrecht Notas, toetse en vraestelle 2020-08-04

Hier is ’n lekker taaloefening en memo vir graad 8 Afrikaans EAT-leerders uit Best Books en Alta Engelbrecht se Eksamenhulp-boek.

Die "ons" in Afrikaanse handboeke

Estelle Kruger, Alta Engelbrecht Onderhoude 2017-03-20

"Ek dink almal kan op hierdie stadium ’n tuiste in Afrikaanse handboeke vind, maar ons moet net bly waak daarteen dat ons nooit weer ’n 'ons' en 'hulle' in ons handboeke skep nie."

Practices pertaining to visual representation in an Afrikaans home language textbook series after apartheid

Alta Engelbrecht Academic research 2017-03-16

"The importance of identifying stereotyping and inequality in school textbooks has again been brought to the foreground by the minister’s recent call for investigating prejudice and inequality in South African textbooks."

Praktyke met betrekking tot visuele voorstellings in ’n Afrikaans Huistaal-handboekreeks na apartheid

Alta Engelbrecht LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2017-03-16

"Omdat leerders van verskillende kulture dieselfde handboeke gebruik, behoort handboeke van vooroordele gestroop te wees. Dit is die ononderhandelbare, sosiale verantwoordelikheid van alle handboekskrywers, in die besonder in ’n postapartheid Suid-Afrika."

As universiteite verengels, hoe gemaak met opvoedkundestudente wat by Afrikaanse skole gaan skoolhou?

Estelle Kruger, Gert van der Westhuizen, Alta Engelbrecht SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2016-09-02

"Om opgelei te word as onderwyser deur medium van Engels is die realiteit vir meer as 90% van onderwysstudente aan Suid-Afrikaanse universiteite."

Top