Pasgelaai
Bamboozled: in search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson: ’n boekresensie
2022-11-09"Die lewe is beslis nie vir sissies nie, en Melinda Ferguson is beslis geen sissie nie. Sy klim kaalvuis en onbeskaamd in haarself in, en neem die leser op vele insigvolle perspektiewe en roetes van haar deurwinterde en welbeskrewe ervaringe."
Uitnodiging: SA Akademie vier die Afrikaanse Wikipedia se 21ste verjaarsdag!
2022-11-09Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die WikimediaZA Stigting vier die Afrikaanse Wikipedia se mondigwording op Woensdag 16 November om 18:00.
Uitnodiging: FilosofieKafee – "Onthou, vergeet en nostalgie in die Suid-Afrikaanse gemeenskap"
2022-11-09Jy word uitgenooi na die volgende FilosofieKafee-geleentheid op 11 November 2022 in Pretoria, waar Jo-Ansie van Wyk die spreker sal wees. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
Albie Sachs, van beeldestormer tot ikoon, en sy sagte plek vir Afrikaners
2022-11-09"Dit was die Afrikaanse digter Uys Krige wat oudregter Albie Sachs indirek aangespoor het om hom by die vryheidstryd teen apartheid aan te sluit. So het Sachs die afgelope naweek vertel tydens ’n FilosofieKafee-gesprek ('From iconoclast to icon') by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Sachs het uitgebrei oor sy lewe en drome in die jare van die anti-apartheidstryd en hoe dit gebeur het dat hy so ’n sagte plek vir Afrikaners het."
Pasverskyn: Doolhof deur Rudie van Rensburg
2022-11-09Kassie en Rooi pak hul ondersoek sonder forensiese rugsteun aan, en al die verdagtes hardloop kringe om hulle. Gaan iemand dié keer vir Kassie ore aansit – en met die perfekte moord wegkom?
Book launches: Catastrophe by Ian Sutherland
2022-11-08We hope that you can join us at one of these launches planned for November.
Dryf deur Cecilia Steyn: ’n resensie
2022-11-08"Met Dryf vestig Steyn haarself as ’n bedrewe, veelsydige skrywer en verras sy lesers van haar heerlike liefdesverhale met ’n uitdagende en bevredigende speurverhaal. Dryf is ’n verhaal wat die leser mag bybly en laat nadink oor die vervlegtheid tussen mens en natuur en oor hoe lank dit nog moontlik sal wees om onbevange in die see te kan dryf asof jy 'tussen skitterende sterre sweef'."
"My lewe in Oesbekistan": Oor tandartsbesoeke, begraafplase, woonstelpret, ryloop en spoeg
2022-11-08"Dis onvermydelik: Op een of ander stadium moet ’n mens by ’n tandarts uitkom, of jy nou in Tietiesbaai of Timboektoe bly. In Suid-Afrika was my tandarts Emma – ’n sagte mens met helderblou oë. Emma het my altyd laat kies tussen vyf geure wanneer sy my tande gepoleer het. Min het ek geweet hoe baie ek eendag vir Emma sou mis."
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2022
2022-11-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Program: SA Akademie se Studentesimposium 2022
2022-11-08Die SA Akademie se jaarlikse Studentesimposium vind op Woensdag 9 November plaas. Hier is die program.
Die lekkerlag-pretboek: ’n onderhoud met De Wet Hugo
2022-11-08"Dis 100% geskik vir ’n lang rit in ’n motor of ’n vakansie waartydens niggies en neefs mekaar uiteindelik weer na ’n lang tyd sien. En dit kan selfs aan die begin van die skooljaar in die klaskamer gebruik word as ysbreker op die eerste dag."
EKM Dido (1951–)
2022-11-08“Ek droom van ’n dag wanneer die liefde vir inheemse boeke soos ’n veldbrand deur die land sal versprei; en al my mense dit sal kan bekostig om met geleesde boeke op hulle ‘sideboards’ te spog.”
Stemdag in Amerika
2022-11-08"Die fout wat ons maak, en die fout wat die Amerikaners maak, is om te glo demokrasie beteken mense moet stem. In sommige lande is dit selfs verpligtend vir stemgeregtigdes om te stem. Maar dis glad nie wat demokrasie beteken nie. Demokrasie op sy eenvoudigste beteken dat mense hulle stemreg vry van intimidasie kan uitoefen. Dit beteken ook dat mense die vryheid het om teen hulle eie beste belange te stem."
Die belangrikheid van kritieke infrastruktuur in China se Afrikastrategie
2022-11-08Fanie Herman belig China se benadering tot die vestiging van infrastruktuur soos kragstasies, hawens, spoornetwerke en nywerheidsparke in Afrikalande, waar dié moondheid ’n al hoe stewiger vastrapplek kry.
Kompetisie: Wen kaartjies na die TopWineRoots Laailou-Musiekfees
2022-11-07Die TopWineRoots Laailou-Musiekfees bied ’n opwindende nuwe musiekervaring by die Bergrivieroord in die Paarl op Saterdag 19 November aan. Jy kan dalk twee kaartjies wen.
Wasdaggedoentes
2022-11-07"Ai, my dierbare ouma was darem so vol geite. As sy eers met die pink candlewick gown en die plastic showercap op haar high heel slippers, met supports in virrie dropped arches, die gang afgestap kom met ’n towel gedrape oorie arm, het jy geweet dis bathtime vir Ouma."
Persvrystelling: Bekendstelling van "Die algemene demografie van Afrikaans (2022)"
2022-11-07Afrikaanssprekendes krimp as ’n persentasie van die land se algehele bevolking wat hulle bedingingsmag teenoor die staat verminder. Terselfdertyd verskuif die groeiende meerderheid van bruin/swart teenoor wit Afrikaanssprekendes toenemend die magsbalans binne die taalgemeenskap en skep daarmee nuwe uitdagings wat die sprekers sal moet hanteer. Volgens die verslag steek Engels – gevoed deur al die inheemse tale – reeds in 2022 vir Afrikaans, die derde grootste taal in die land, verby.
Press release: Afrikaans Language Council unveils "The general demography of Afrikaans, 2022"
2022-11-07Afrikaans speakers are shrinking as a percentage of the country's overall population which reduces their bargaining power vis-à-vis the state. At the same time, the growing majority of brown and black speakers of Afrikaans are shifting the balance of power within the language community, which creates further challenges. According to the report, English - nourished by all the indigenous languages - will probably overtake Afrikaans, the third largest language in the country, in 2022.
Niemand doen dit beter nie: ’n lesersindruk van Tier one wild deur Dalton Fury
2022-11-07"Die Amerikaner David Wade Doyle, oftewel Daoud al-Amriki, die mees gesoekte man in die wêreld, is in Jemen besig om Engelstalige Jihadiste op te lei om die VSA te infiltreer."
The African Library: An imperfect blessing by Nadia Davids
2022-11-07"Published by Umuzi, its extended narrative provides a vividly localised image of community life in Walmer Estate, an area of Cape Town that is set on the slopes of Table Mountain, most of whose adult and older occupants have haunting memories of District Six ..."
