Pasgelaai
Dood en lewe loop hand aan hand: Marjan Setrapi en Lieke Marsman is oorlede, ure uitmekaar.
2026-06-05"Wanneer lewe en dood mekaar in die oë kyk, kan ons soms net seker maak dat die saamstap na die einde mooi kan wees."
Universiteitseminaar: Gedagtes rondom die Universiteit van die Vrystaat (UV) se gewysigde KI-beleid
2026-06-05"KI is reeds deel van die universiteit en sal nie geheel en al uit tersiêre onderrig verwyder kan word nie. Die vraag is dan hoe om te verhoed dat studente glad nie leer nie en net op KI steun."
’n Spietkop op puntdiens
2026-06-04"Sy dans op puntdiens is ’n plesier,
word afgewissel volgens gier.
En as sy bewegings soos karate lyk,
het hy waarskynlik kung fu gekyk."
Stof in my oë
2026-06-04"tussen die gerammel
wat my nooit gepla het nie
maar vanoggend
is hier ’n fout"
Wiskunde: Graad 11-vraestel en memorandum, vraestel een, kwartaal twee
2026-06-04Is jy in graad 11 en skryf jy binnekort Wiskunde-eksamen? Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel en memorandum kan jou help om vir die eerste vraestel voor te berei. Laai dit hier af.
Uitnodiging: Gerald Groenewald (UJ) se gesprek "Die grootste van ons volk: MER, MT Steyn en Afrikaanse taalnasionalisme"
2026-06-04Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na Gerald Groenewald (UJ) se gesprek, “Die grootste van ons volk: MER, MT Steyn en Afrikaanse taalnasionalisme”, op Woensdag 10 Junie 2026 om 18:00 by NALN.
Derick van der Walt (1958–2022)
2026-06-04"Wanneer daar ’n storie in my kop is, bereik dit ’n stadium waar die dam breek en waar ek letterlik fisiek ongemaklik begin voel en nie van die skryfproses kan afskakel nie. Vir die skrywery gebruik ek g’n plan of skema nie. Ek duik net in."
Jou dienskontrak en aftreeouderdom: ’n onderhoud
2026-06-04Weens baie faktore, veral finansiële oorwegings, tree baie mense later af as in die verlede. Vir sommige mense is "aftrede" nie eens meer deel van hul woordeskat nie. Maar hoe gemaak as jou werk se dienskontrak bepaal dat jy slegs tot op ’n sekere ouderdom mag werk voordat jy verplig word om af te tree? Jacques Nieuwoudt en Judith Geldenhuys praat oor hul onlangs verskene LitNet Akademies (Regte)-vonnisbespreking: die billikheid van ouderdomsgebaseerde diensbeëindiging.
Pasverskyn: Die Serwiër deur Carel van der Merwe
2026-06-03’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in Kaapstad se berugte nagklubdistrik. Die polisie was hulle hande – dit was ’n gewone straatroof; die skuldiges is onbekend. Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, koop dit nie.
Nuut by Naledi: Tussen asem deur Hannes Visser
2026-06-03In sy tweede digbundel, tussen asem, besoek die digter die gedagte dat die heel eerste asem van ’n lewe die begin van die heel laaste asem is. Tussen die eerste en laaste asem is ’n reis wat onderneem word.
Nuut by LAPA: Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg
2026-06-03Kato word opgekommandeer na Uganda om ’n woud daar te probeer red. Hy wil glad nie gaan nie, maar hy het nie ’n keuse nie. Dit grief hom die meeste – dat hy uitgelewer is aan ’n mag buite sy beheer.
Nuut by LAPA: Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen
2026-06-03’n Slegte ding gebeur in hulle gesin: Eers met sy ma. En toe met sy pa. Tumelo en sy sussies bly alleen agter in hulle sinkhuis in die township. Wat gaan hy nou doen? Hulpeloos bly lê? Of kan hy weer vlieg?
Persverklaring: US WOW bied landwye Telfees aan om syfervaardighede by leerders te bevorder
2026-06-03Danksy die ondersteuning van die Millennium Trust word die WOW Telfees vanjaar op kring-, distriks- en provinsiale vlak in ál nege provinsies van Suid-Afrika aangebied.
Van Oekraïne tot Iran deur Evert Buurman: Reis is meer as net ontdekking en verkenning
2026-06-03"Dis ’n heerlike leunstoelervaring en kan in klein dosisse op ’n slag geniet word; of as jou reisvoete jeuk, alles na mekaar."
Wyngaard Weekliks: "Ek het baie by Helen Zille geleer," sê Geordin Hill-Lewis. Om Suid-Afrika sterker te maak is sy groot missie.
2026-06-03Die nuutverkose leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, praat met Heindrich oor hoe sy ouers se egskeiding hom as mens gevorm het, hoe baie hy by Helen Zille geleer het, sy verhouding met pres Cyril Ramaphosa, en waarom hy alles in die stryd gaan werp om van Suid-Afrika ’n sterker land te help maak.
PenAfrican: Taiwan Travelogue by Yáng Shuāng-zǐ – a book review
2026-06-03"In many ways, this is not merely a historical novel about Taiwan under Japanese rule, but a novel about every colonised society where the coloniser arrives convinced of their own sophistication while remaining blind to the humanity standing beside them."
Gewildste plasings op LitNet: 27 Mei tot 2 Junie 2026
2026-06-03Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week 27 Mei tot 2 Junie 2026.
