
Foto:Canva
Stormdenke
oor mekaar
spat golwe deurmekaar
skrik op verdwyn
wit skuim
mossels klou
duisende vingers
aan swart rots
soutwater bestaan
herinneringe
sink in seesand
verdrink in rippelgolwe
en vuil skuim
vrylik swem
gedagtevissers
as horisonne golwe
vervang

