
Foto: Canva
Vuurvliegie
In die grou van die skemeraand
knipoog-wink jou liggie vir my
van waar die Assegaaibos bloei
en tarentale se laaste geskoffel
padkaarte in die sand gekerf het
tot by die vurk in die grondpad
Waar die maan se sagte blik
nagskadu’s suutjies verjaag
en ek versteen in jou kalklig


Kommentaar
Jou werk is altyd mooi.
Baie dankie.
You always capture the moment in your words, making them last forever.