Pasgelaai
Huldeblyk aan ’n belangrike boek wat my soos ’n fokken idioot laat voel het
2008-07-10Genugtig! Uitgewers is een van my gunsteling Afrikaanse uitgewers. Hulle gee boeke uit wat waag, wat mense laat praat, boeke deur skrywers wat dinge anders en nuut doen.
Die gruishoop vol misgekykte diamante: Joan Hambidge in gesprek met Daniel Hugo
2008-07-09 "Die letterkunde is soos ’n gruishoop wat ’n mens oor en oor moet sif om die misgekykte diamante te vind. Die patroon waarin dié vondste dan in ’n tematiese bloemlesing gerangskik word, gee daaraan ’n uitsonderlike flonkering."
Bokomo-brekfisbrief; 09/07/08: Coke, brood en polonie
2008-07-08 In die 1980’s het ek vir ʼn paar jaar skoolgehou by ʼn Kleurlingskool in die Vrystaat. Dit was ʼn nuwe skool met pragtige skoolgeboue, maar niks anders nie. Dit was in ʼn baie arm woongebied en daar was geen ...
Bokomo-brekfisbrief; 07/07/08: Willempie en stoei
2008-07-07 So aan my oorvertel en nie gesien. Hoorsê-getuienis. Daar doer op Garies het oom Groot Willem net duskant die hoenderstellasie, wat Garies genoem word, geboer. Hy was Groot Willem genoem vanweë sy klein figuur, maar leeuhart. ’n ...
Bokomo-brekfisbrief; 04/07/08: Ai, Namib!
2008-07-03 Namib, ou pel , ou maat, mý landgenoot. Jy laat my vandag verlang na vergange se dae. Die dae van egte Oosweer, dik mis en ’n dosyn 5kg kabeljoue voor ontbyt. Ek onthou Swakopmund met snotgladde soutpaaie, Bonusmark en sy ...Mooiloop | LitNet-skrywersdorp: Waar die wolke middag maak
2008-07-03 Daar waar die Stormberg en die Bakenberg jou in die Oos-Karoo se kom veilig hou, en waar die reën sy stippelgordyn oor die droë veld laat hang, is waar Hennie Aucamp se grootword lê. So tussen gister se herinneringe en vandag se ...
Alles het ’n afloop
2008-07-02 op die ring van ’n welgestelde profeet, hierdie inskripsie: alles het ’n afloop!
Van sand het ons gepraat
2008-07-02 oor sand het ons gesels … ons het die weerstand van skulpe verpletter, ons het gepraat oor versonke stede, gebroke amforas, ondergrondse bewegings van sand; gepraat oor die ...
Bokomo-brekfisbrief; 02/07/08: Sy verduidelik nie hoe sy bykomende inkomste verdien nie
2008-07-01 Die vrou staan oorkant SARS, by die robot. Die robot word groen vir voetgangers en sy stap so semi-uitlokkend en met lang treë op haar hoë boots, amper asof sy net vyf treë hoef te gee om oor die pad te kom. Lang, lang bene wat ...
Bokomo-brekfisbrief; 01/07/08: My rekenaar, my muisie en ek
2008-06-30 Ek was al in die vyftigs toe ek vir die eerste keer ʼn rekenaar leer ken het. Vroeg uitgetree weens gesondheid, het ek bedags by die huis gesit en tob oor my omstandighede: ʼn minder as wonderlike pensioen, my ma wat die huishouding ...
Bokomo-brekfisbrief; 30/06/08: Namib het reg, dis net ons wat so kan 'Namlish'
2008-06-27 Dat almal mekaar kan verstaan in hierdie land bly ’n wonder. Namlish kraai daagliks koning – Engels soos net ons Namibiërs dit kan praat. Verlede week het ek een hogere staatsamptenaar uitgenooi om die kursusgangers toe te spreek. ...
Bokomo-brekfisbrief; 29/06/08: My vriend Chigurh
2008-06-27 ʼn Gelowige ou Tannie gaan staan elke dag soos klokslag op haar voorstoep, bid hardop en bedank die Here vir alles wat sy uit Sy hand ontvang. Die ongelowige man wat langs haar bly luister na haar gebede en telkens as sy klaar gebid het, snou ...
Bokomo-brekfisbrief; 28/06/08: Die dae toe rugby nog gevaarlik en seks veilig was ...
2008-06-27 Ek het Namib se brief oor rugby in die woestynland geniet. Dit bring vir my nostalgie van die rugbywedstryde wat ek in die toe nog Suidwes gespeel het. Soos die Amerikaners kan spog met Nam, was ek ook in Nam op ʼn stadium van my lewe. Ons het ...
