Snaaks hoe vinnig die tyd omvlieg as mens nie oplet nie. Sit en kyk so met die boekedinge deur hoe 'n jongeling nou tot hiperster gevorder het so terwyl sy eie pa lank reeds daar is. En ek sit en dink terug aan die aand toe hy gemaak is. Doer in die noorde toe ons nog almal jonk en onskuldig en jonk en jeukerig was. En dronk. Ek sit en dink aan die aand toe die bekende die meisie met sterre in haar oge na die kamer gelei het en ons almal gesit en weet het: Nou gaan die "Brass band speel".
Maar ***** het nie mooi geweet van daai pille met die dae van die week op die pakkie nie. Sy het sommer hier en daar ene gedrink en gehoop vir die beste. En die beste het toe gebeur 'n maand of twee later. En toe wonder ons almal en ons help dink aan wat sy vir haar bedonnerde pa gaan vertel hoekom sy in die annertyd is. En ****** se hy sal met haar trou. Sodat die kind darem 'n pa
En die twee kom tot trou en dis nie hoe nie of ***** kom huil dat als goed en wel is maar sy sien nie haar kind met so 'n pa nie. Al het hy 'n goeie naam en al is die konneksies almal in plek. Sy staan vol lyf en grens dat dinge nou maar eerder tot skei moet kom en dat die belofte voor die kansel gemaak net vir die eye blind was. En sulke goed
Ek onthou hoe ek hierdie man as pap baba in my arms gehou het en hoe ek gewens het dat ek sy rondloperpa se gevreet kon inslaan. Nie vir die sperms wat hy so oral rond geskenk het nie, maar vir die drome van jong meisies wat hy met passiefluisterstem in 'n kussing vernietig het. Ek sien hoe die tyd loop sonder dat mens dit agterkom en ek onthou nog 'n troudag toe hierdie man langs sy ma gestaan het toe sy met 'n Ingelsman loop trou sweer het. En ek onthou hoe hy net nie in my oë kon kyk nie. En ek vir ***** gesê het dat sy gaan seerkry. Maar dat sy moet laat weet dat ons sy gesig se vorm
Ek wens dikwels ek kon die tyd net soms terugdraai. Al is dit om sommige ikone se gesigte net effens te verander. Want net soms, verdien die hoe bome nie die winde wat deur hul takke waai nie.
oester


