Ons het suksesvol deur die dal van doodskaduwee beweeg en bevind ons tans in
Ons verblyf in
Die groot dag het uiteindelik aangebreek en die veerbote was gereed om ons voertuie en ons selwers na Wadi Halfa in Soedan te vervoer. Die aand voor die tyd het ons wonderbaarlik, deur middel van een van ons toerlede se kontakte, plek in die eersteklas-kajuite gekry en was ons dus minder avers tot die vooruitsig van ’n rit op die veerboot van hel. Die oggend vroeg het ons begin met die proses om die voertuie weer te deregistreer in Egipte en die nommerplate af te haal en terug te besorg by die owerhede. Daarna was dit doeane toe om die voertuie deur die uitvoerproses te kry. By verskeie geleenthede moes ons natuurlik baksheesh (die Egiptiese woord vir monitêre vergoeding in ruil vir die nie-deursoek van voertuie en die spoediger hantering van papierwerk!) uithaal om die proses aan die loop te hou. Sewe ure nadat ons begin het, is ons uiteindelik toegelaat om ons voertuie op die vlot te laai.
Saam met ons 4 voertuie was daar nog 6 ander voertuie en ’n stuk of 10 motorfietse van Europese Trans-Afrika reisigers wat, as gevolg van die lang tyd wat die veerbote nie geloop het nie, in
As deel van die min uitverkorenes is ons na die eersteklaskajuite begelei. Die kajuite het twee stapelbeddens in met geen venster nie maar is wel lugversorg – die probleem is net dat die lugversorging net één verstelling het van omtrent 15 grade Celsius! In hierdie donker koue hokkies het die mees onsmaaklike reuk (ons het dadelik besef dis hoe dit in die doderyk moet ruik!) gehang wat ons nie met mildelike spuite deodorant en groot hoeveelhede naskeermiddel kon verdryf nie.
Die ablusiegeriewe was ewe afgryslik en is dit slegs in absolute noodgevalle gebruik.
Op die onderste vlak was daar sitplek maar die omstandighede het ons baie aan die ou geleiskepe van weleer herinner.
Na ’n besoek aan die ander Trans-Afrika reisigers wat tweedeklas reis en hulle maar op die dek moes tuismaak, het ons besef dat tweedeklas en eersteklas maar baie relatiewe begrippe was.
Die volgende oggend 11 uur was ons in Wadi Halfa en is ons deur Machied (ons kontak in Wadi Halfa) ontmoet en na sy gastehuis geneem met ’n Land Rover wat na 40 jaar steeds op sy pos is.
Die gastehuis het bestaan uit Machied se eie slaapkamer met twee beddens in (wat hy goedgunstiglik ontruim het) en ’n verdere 10 beddens wat oral waar ’n skadukol is staangemaak is. Die badkamer het uit ’n Arabiese mik-en-druk toilet (soortgelyk aan die Sinai se toilet) bestaan en twee 150 liter dromme met water in wat jy met behulp van leë plastiese houers oor jou gooi om te was. Dit was egter so warm dat die natgooi met die koelerige water ’n absolute wonderlike ervaring was.
Daar was teenstrydige inligting oor wanneer die voertuie sou aankom aangesien die vlotte deur ’n sleepboot gesleep word wat geen navigasietoerusting het nie en dus nie in die nag
Alkohol is natuurlik heeltemal verbode in Soedan en daarom het die flessie Bells wat ek by Jordanië se belastingvrye winkel gekoop het soveel beter afgegaan toe ons saam met die 5 Europeërs, wat saam met ons by Machied tuis gegaan het, ons hereniging met ons voertuie gevier het.
Voordat ons die volgende oggend vetrek het het ons eers 'n groepfoto van ons sewe saam met die 3 Iere, 1 Duitser en 1 Hollander en natuurlik Machied geneem om ons genoeglike verblyf en samesyn te verewig.
Na die uitruil van adresse en uitnodigings om by ons oor te bly wanneer hulle in Suid-Afrika kom het ons die 1200 km lange rit na
Die aand het ons heerlik in ons daktente in die stilte van die Saharawoestyn deurgebring.
Die volgende dag is ons via Meroe Royal City, met sy bykans 200 piramides, na Khartoum wat by die samekoms van die Blou en Wit Nyl geleë is.
In
Groetnis,
Thomas


