Foto's: Versindaba 2010

  • 0

Die jaarlikse Versindaba is vanjaar vir die eerste keer onder die vlerk van die US Woordfees op Stellenbosch aangebied. Op 17 en 18 September het digters van oral in die land byeengekom vir ’n onvergeetlike geleentheid. Die Protea Poësieprys is oorhandig aan Breyten Breytenbach.

Versindaba 2010 is moontlik gemaak deur mnr Jannie Mouton, Naspers, mev Caro Wiese en Politika-Uitgewers, Protea Boekhuis, Fonds Neerlandistiek, die US en sy Departement Afrikaans en Nederlands, Protea Boekhuis, die ATKV, Distell, Lourensford-wyne, die Lanzerac-hotel en die wynmaker Teddy Hall.

Foto's: Annie Klopper

Digters by die kollokwium wat deur die US se Departement Afrikaans en Nederlands aangebied is in die Sasol Kunsmuseum.

Antoinette Kellermann het Breyten Breytenbach se “Brief aan Suid-Afrika” voorgelees by die kollokwium wat onder leiding van Marlene van Niekerk aangebied is.

Jitsvinger in aksie.

Leon de Kock

Bibi Slippers

Peet van Aardt en Eulalia Krige by die bekendstelling van Van Aardt se Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje.

Thérèse Hulme en haar Piemp-digters het Versindabagangers se harte gesteel.

Koos Oosthuysen en Antjie Krog het almal gaande gehad met hul voorlesing in Xhosa en in Afrikaans.

Leerders het hulleself gate uit geniet by Verf- en Verswerkswinkel wat aangebied is deur die US Woordfees se WOW-projek.

Prof Dorothea van Zyl en die WOW-leerders voor die Ou Hoofgebou

Deon Knobel en Marius Crous het hulde gebring aan Wilhelm Knobel wat vanjaar 75 sou word.

Deon Knobel en Marius Crous het hulde gebring aan Wilhelm Knobel wat vanjaar 75 sou word.

Niël Rademan het verse uit Melt Myburgh se Oewerbestaan getoonset en gesing.

Etienne Bloemhof en Amanda Botha in gesprek by die Versindaba se dagprogram wat in die Ou Hoofgebou aangebied is.

Prof Dorothea van Zyl, direkteur van die US Woordfees, het opgetree as seremoniemeester by die Digtersgala wat in die Lanzerac-hotel aangebied is.

Lize Beekman by die Lanzerac-hotel, waar mev Caro Wiese en Politika-Uitgewers Versindaba-gaste onthaal het.

Tom Gouws, wie se Ligloop pas verskyn het by Human & Rousseau.

Joan Hambidge in volle vaart!

Johann Nel en Elsabé Daneel het gedigte voorgelees van Breyten Breytenbach, Fanie Olivier, Lina Spies, Kobus Lombard en Hans Pienaar.

Nicol Stassen van Protea Boekhuis het die wenner van die Protea Poësieprys aangekondig.

Alida Potgieter van NB-Uitgewers het die Protea Poësieprys namens Breyten Breytenbach in ontvangs geneem.

Dries Millard het gedigte voorgelees by Verras! se oop mikrofoon-geleentheid in die Lanzerac-hotel.

Monty Isaacs het gedigte voorgelees by Verras! se oop mikrofoon-geleentheid in die Lanzerac-hotel.

Die jong digter Pieter Odendaal was gasheer van Verras! in die Lanzerac-hotel.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top