Annie Klopper

Dr Annie Klopper woon in Seepunt. Sy is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en nagraadse navorsingsgenoot tans verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Annie behaal ’n BA in Geesteswetenskappe asook ’n Honneurs (cum laude) en ’n MA (cum laude) in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Die titel van haar MA-tesis is “Die opkoms van Afrikaanse rock en die literêre status van lirieke, met spesifieke verwysing na Fokofpolisiekar”. Op haar MA volg die publikasie van haar debuutboek getiteld Biografie van ’n Bende: Die storie van Fokofpolisiekar (Protea, 2011)dié rockgroep se amptelike biografie.

In 2017 behaal sy haar PhD aan die Universiteit Stellenbosch met ’n studie getiteld “Identiteitskonfigurasies in wit Afrikaanse rap-musiek met spesifieke verwysing na Die Antwoord, Jack Parow en Bittereinder”. En in 2018 verskyn haar fiksie-debuut Die tragiese saak van Pamina Vermaak (Kwela) wat genomineer is vir ’n ATKV-Woordveertjie.

Tydens haar vroeëre loopbaan as musiekjoernalis wat gereeld saam met bands toer, verskyn haar foto’s en artikels in onder meer die HuisgenootTaalgenootRapport TydskrifBlunt MagazineFynproeSondagDie Burger se JIP en KampusBurger24 Student MagazineBRAVO! asook op die musiekkanaal MK se webwerf en op LitNet. As redakteur by Protea Boekhuis het sy heelwat boeke geredigeer, waaronder heruitgawes van Dot Serfontein, Doc Immelman, PJ Schoeman, sowel as Die Uile- en Die Swart Kat-jeugboekreekse.

Annie was mede-navorser vir die MK-dokumentêr Johnny en die Maaiers, mede-samesteller van die 2007-heruitgawe van Eugène Marais se Die Siel van die mier (Protea), bydraer tot Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar (Sun Media) – ook in Engels uitgegee as Reshaping Remembrance (Rozenberg) – en van haar gedigte is opgeneem in Penseel 2007 (Universiteit Stellenbosch), Versindaba 2008 (Protea), Nuwe Stemme 4 (Tafelberg), Toulopers (Lapa) en Sterkykers (Lapa).

kykNET Silwerskermfees 2023: ’n onderhoud oor Die tragiese saak van Pamina Vermaak

Naomi Meyer, Annie Klopper kykNET Portaal 2023-08-24

"Destyds toe ek die idee vir die storie gekry het – en dis nou al ’n paar jaar gelede – het ek dit voor my geestesoog as ’n fliek gesien afspeel. Maar in daardie stadium het ek nog geen benul van draaiboekskryf gehad nie en besluit toe om dit as roman te skryf, want dit was eenvoudig makliker."

Hip hop, injustice and agency: Dookoom’s Isaac Mutant as Boland badman figure

Annie Klopper Academic research 2021-05-21

"The song’s lyrics and music video are therefore explored by considering the nature and ethos of hip hop as oral practice rooted in a long history of black oppression, and as one that plays a role in the creation of agency within these oppressive circumstances."

Hip-hop, onreg en agentskap: Isaac Mutant van Dookoom as Bolandse badman-figuur

Annie Klopper LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-05-21

"Terwyl hip-hop nie ’n kitsoplossing vir sosioëkonomiese en politieke ongelykheid en ander sosiale euwels is, was of ooit sal wees nie […], het die ontstaan daarvan in die 1970’s onder die swart Amerikaanse jeug ’n platform daargestel vir die artikulasie van identiteit en werklikhede in ’n omgewing wat andersins vir hulle ontegemoetkomend was [...]"

’n Gesprek met HemelBesem oor “Witbooi”

Annie Klopper, HemelBesem Musiek 2020-11-19

"Ja, kyk, hip-hop op sigself is maar iets wat ’n baie conscious movement is," antwoord hy. "Obviously, die commercial idea is nie waarvan ek praat nie." Volgens hom het kommersiële, radiovriendelike hip-hop wel ’n plek, ofskoon dit "baie middeweg" is. "Maar daar’s ’n rede daarvoor: brugbou."

Tasché gesels oor haar debuut, Fokof en vreemde obsessies

Annie Klopper, Tasché Burger Musiek 2020-03-30

"Kom ons wees eerlik: Die alternatiewe Afrikaanse musiekwêreld is tans ’n bietjie van ’n worsfees en ons het sterk vrouestemme nodig, wat Tasché se toetrede tot die toneel ekstra-opwindend maak."

Van Coke se Dagdrome in suburbia – ’n resensie

Annie Klopper Musiek 2019-11-06

"Van Coke is fantasties op sy eie, maar wat sy albums laat skitter is die variasie wat meewerkings met ’n verskeidenheid kunstenaars en musiekregisseurs bring."

LuBOY en V.I.T.0 se song vir die underdog – ’n onderhoud

Annie Klopper, Vito Heyn Onderhoude 2019-10-16

"Hierdie song is daar om die underdog te bemag om vir homself op te staan. Ons het steeds probeer om die delivery van die song so skoon as moontlik oor te dra, deur middel van metafore en humoristiese punchlines."

Rosey die Rapper: “Dié is ek en ek wil rap”

Annie Klopper, Rosey die Rapper Musiek 2019-03-14

"Dit is altyd nodig vir ’n rapper om ’n boodskap te hê, want ons is baie powerful en musiek is een element van kuns wat baie kragtig is."

Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper: ’n (musikale) onderhoud

Naomi Meyer, Annie Klopper Skrywersonderhoude 2018-08-21

"Ek wou die tipe boek skryf wat ek en my vriende sal kan geniet. Ek is mal oor liefdesverhale, maar daar is dinge wat my hinder in sommige meer tradisionele Afrikaanse liefdesromans. Soos dat die hoofkarakters meestal net wit en straight is. Of dat die vroue se krisisse altyd veroorsaak – en opgelos word – deur mans, eerder as deur hulleself."

"Un silence de plomb/’n Doodse stilte": ’n Gesprek met Willemien Rust oor hierdie liedjie

Annie Klopper, Willemien Rust Musiek 2018-02-28

"So al wat ek gevoel het ek prakties kon doen om die warboel van emosies te verteer, was om ’n liedjie daaroor te skryf."

Nuwe stemme 6, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé en Bibi Slippers: ’n resensie

Annie Klopper Resensies 2018-02-12

"Nuwe stemme 6 slaag daarin om ’n paar sterk stemme klokhelder te laat opklink – sommiges sterker as ander – en soos met vorige uitgawes van Nuwe stemme speel die publikasie daarvan nie net ’n rol in die bewaring en ontwikkeling van hierdie stemme nie, maar spreek dit ook van diversiteit, durf en bowenal belofte onder ontluikende Afrikaanse digters."

Loki Rothman: Dit is passie

Annie Klopper, Loki Rothman Musiek 2017-12-11

"Die reaksie op mense se gesigte by ’n lewendige optrede. Wanneer ek doodstil sit in die ateljee maar sweet van opgewondenheid wanneer daar iets mooi gebeur. Dit is passie. Die woorde, kommentaar en ondersteuning van die publiek voer dit en inspireer en druk my vorentoe."

Driven by experimentation, flowing with the current: Boskasie

Annie Klopper, Boskasie Musiek 2017-11-27

"My music comes from a deep place of emotion and vulnerability – merely speaking about my truths, and hoping that someone else out there can relate to them, and, furthermore, that they will comfort them in some way."

Eksistensiële krisis met ’n elektriese ritme? Bittereinder stel die diep, donker enkelsnit “Donderwolk” vry

Annie Klopper, Jaco van der Merwe Musiek 2017-11-22

"Ons elkeen vertel eintlik maar oor en oor ons eie lewe se storie vir onsself, en dan vir mekaar. Hoeveel van dit 'waar' is, en hoe mens daardie 'waarheid' meet is in elk geval veels te kompleks om ooit regtig te begryp."

V.I.T.O., die Nam-Afrikaanse rapper wat sy wortels omhels

Annie Klopper, Vito Heyn Onderhoude 2017-11-02

"Om Namakwalands te wees is om met trots plat te praat, sonder om jou aksent te verander as jy in die stad kom. Dis om steeds jou Namakwalandse tradisie uit te leef waar ook al jy in die wêreld is. Dis om die Namakwalandse kleure met trots te dra."

Top