Annie Klopper

Dr Annie Klopper woon in Seepunt. Sy is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en nagraadse navorsingsgenoot tans verbonde aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Annie behaal ’n BA in Geesteswetenskappe asook ’n Honneurs (cum laude) en ’n MA (cum laude) in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Die titel van haar MA-tesis is “Die opkoms van Afrikaanse rock en die literêre status van lirieke, met spesifieke verwysing na Fokofpolisiekar”. Op haar MA volg die publikasie van haar debuutboek getiteld Biografie van ’n Bende: Die storie van Fokofpolisiekar (Protea, 2011)dié rockgroep se amptelike biografie.

In 2017 behaal sy haar PhD aan die Universiteit Stellenbosch met ’n studie getiteld “Identiteitskonfigurasies in wit Afrikaanse rap-musiek met spesifieke verwysing na Die Antwoord, Jack Parow en Bittereinder”. En in 2018 verskyn haar fiksie-debuut Die tragiese saak van Pamina Vermaak (Kwela) wat genomineer is vir ’n ATKV-Woordveertjie.

Tydens haar vroeëre loopbaan as musiekjoernalis wat gereeld saam met bands toer, verskyn haar foto’s en artikels in onder meer die HuisgenootTaalgenootRapport TydskrifBlunt MagazineFynproeSondagDie Burger se JIP en KampusBurger24 Student MagazineBRAVO! asook op die musiekkanaal MK se webwerf en op LitNet. As redakteur by Protea Boekhuis het sy heelwat boeke geredigeer, waaronder heruitgawes van Dot Serfontein, Doc Immelman, PJ Schoeman, sowel as Die Uile- en Die Swart Kat-jeugboekreekse.

Annie was mede-navorser vir die MK-dokumentêr Johnny en die Maaiers, mede-samesteller van die 2007-heruitgawe van Eugène Marais se Die Siel van die mier (Protea), bydraer tot Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar (Sun Media) – ook in Engels uitgegee as Reshaping Remembrance (Rozenberg) – en van haar gedigte is opgeneem in Penseel 2007 (Universiteit Stellenbosch), Versindaba 2008 (Protea), Nuwe Stemme 4 (Tafelberg), Toulopers (Lapa) en Sterkykers (Lapa).

Foto's: Versindaba 2010

Annie Klopper, Annie Klopper 2010-10-01 Die jaarlikse Versindaba is vanjaar vir die eerste keer onder die vlerk van die US Woordfees op Stellenbosch aangebied. Op 17 en 18 September het digters van oral in die land byeengekom vir ’n onvergeetlike geleentheid. Die Protea ...

Foto's: Versindaba 2010

Annie Klopper 2010-10-01  

Foto's: Oppikoppi (2)

Annie Klopper 2010-08-18 "Dit sal mos nou juveniel wees om te dink dat my enkele oogpunt – nugter, agter ’n kameralens en tot onlangs ’n Oppikoppi-maagd – ’n fees van hierdie kaliber sal kan vasvang." Die tweede sarsie Oppikoppi-foto’s ...

Foto's: Oppikoppi (1)

Annie Klopper 2010-08-18 "Daar is slegs een ding moeiliker as om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat nie daar was nie, en dit is om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat wel daar was. Hier verwys ek nie slegs na die effek van drank, dwelms, dodgy shwarmas, ...

Oppikoppi 2010: Glimlagte, tromslae en narkotika

Annie Klopper 2010-08-18 Daar is slegs een ding moeiliker as om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat nie daar was nie, en dit is om Oppikoppi te probeer beskryf aan iemand wat wel daar was. Hier verwys ek nie slegs na die effek van drank, dwelms, dodgy shwarmas, ...

Gee my jou hart as nagereg

Annie Klopper 2009-02-17 LAPA Uitgewers se Romanza-reeks spog met 'n afdeling vir publikasies wat spesifiek onder hierdie subgenre (Kaapse romanses) val, soos Gee my jou hart, Kim Bock se eerste boek in die Romanza-reeks.

Liriekfabriek: Francois Blom

Annie Klopper 2008-06-12 Wat maak die lirieke van 'n liedjie goed? Ek het geen idee nie. Die eerste ding wat ’n mens opval is seker die tema. As die lirieke jou emosies verwoord of jou opinies deel, is die kans groter dat jy van die song gaan hou. Dis hoekom ...

Van pop tot polemiek: Steve Hofmeyr se Jêmbekseep

Annie Klopper 2008-03-19 Jêmbekseep is nie die eerste publikasie deur Steve Hofmeyr nie. Meer as ’n dekade gelede (in 1997) het sy digbundel, Valkuns, verskyn.
Top