Annie Klopper

Dr. Annie Klopper woon in Seepunt. Sy is ’n skrywer, digter, taalpraktisyn en nagraadse navorsingsgenoot verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Wes-Kaapland.

Sy behaal ’n BA in Geesteswetenskappe asook ’n Honneurs (cum laude) en ’n MA (cum laude) in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Die titel van haar MA-verhandeling is “Die opkoms van Afrikaanse rock en die literêre status van lirieke, met spesifieke verwysing na Fokofpolisiekar”. Op haar MA volg die publikasie van haar debuutboek getiteld Biografie van ’n bende: Die storie van Fokofpolisiekar (Protea, 2011), dié rockgroep se amptelike biografie. In 2017 behaal sy haar PhD aan die Universiteit Stellenbosch met ʼn studie getiteld “Identiteitskonfigurasies in wit Afrikaanse rap-musiek met spesifieke verwysing na Die Antwoord, Jack Parow en Bittereinder”. In 2018 verskyn haar fiksiedebuut Die tragiese saak van Pamina Vermaak (Kwela) wat genomineer is vir ʼn ATKV-Woordveertjie.

Tydens haar vroeëre loopbaan as musiekjoernalis wat gereeld saam met bands toer, verskyn haar foto's en artikels in onder meer Huisgenoot, Taalgenoot, Rapport Tydskrif, Blunt Magazine, Fynproe, Sondag, Die Burger se JIP en KampusBurger, 24 Student Magazine, BRAVO! asook op die musiekkanaal MK se webwerf en op LitNet. As redakteur by Protea Boekhuis het sy heelwat boeke geredigeer, waaronder heruitgawes van Dot Serfontein, Doc Immelman, P.J. Schoeman, asook Die Uile- en Die Swart Kat-jeugboekreekse.

Sy was medenavorser vir die MK-dokumentêr Johnny en die Maaiers, medesamesteller van die 2007-heruitgawe van Eugène Marais se Die siel van die mier (Protea), bydraer tot Van volksmoeder tot Fokofpolisiekar (Sun Media) – ook in Engels uitgegee as Reshaping remembrance (Rozenberg) – en van haar gedigte is opgeneem in Penseel 2007 (Universiteit Stellenbosch), Versindaba 2008 (Protea), Nuwe Stemme 4 (Tafelberg), Toulopers (Lapa) en Sterkykers (Lapa).

Foto: Retha Ferguson

Annie Klopper resenseer Shunt van William Welfare

Annie Klopper 2014-06-23 "Retrodistorsie met smeersels Pink Floyd, Deep Purple en Creedence Clearwater Revival."

Springsteen: Hoe ouer jy raak, hoe meer beteken dit

Annie Klopper 2014-01-30 “En toe tref dit my – net soos die sewentien tromslae my destyds tussen Minnie Mouse se ore teen my bors getref het: Bruce is nie meer slegs my ouers se Bruce nie. Hy is nou ook mý Bruce.”

Smaatiboy: "Dik Oos-Kaap met ’n J-Bay-twiss"

Annie Klopper 2013-01-24 "Ek kan nie sy oë agter die swart glas van sy donkerbril lees om te sien of hy ’n grap maak nie. Dis inderdaad besonder warm op Jeffreysbaai se strand vandag, en sekerlik die eerste keer dat ek ’n onderhoud met iemand voer terwyl ek op my maag in ’n bikini lê."

WTF? Rudi Cronjé van Ashtray Electric gesels met Annie Klopper

Annie Klopper 2012-08-30 "Ons het nou al twee vollengte-albums op die tradisionele manier uitgebring en ons het gevoel dit is tyd vir iets anders."

Sons of Settlers: Met ’n kopknik aan gister lê groot dinge voor

Annie Klopper 2012-08-08 "Dit is bittersoet ballades wat dit goed laat voel om so ’n bietjie droefgeestig te wees."

Fresh but nostalgic: Annie Klopper chats to Nic Gaud of Goodnight Wembley

Annie Klopper 2012-07-24 "Taxi Violence’s George van der Spuy and Nic Gaud of 7th Son are the founding members of a grungy rock ’n roll side project that has me not only excited, but also a little worried that I might struggle to listen to anything else this year."

Ietsie waarop die siel ook kan langarm: Bouwer Bosch oor Almal maak voute

Annie Klopper, Bouwer Bosch 2012-02-29 Bouwer Bosch weet hy het nie juis ’n stem wat Idols-beoordelaars of koorafrigters sal beïndruk nie. Maar sy gees, selfspot, soms pittige, soms diep lirieke en eerlike aanpak vergoed daarvoor.

Gedempte geweld by Kirstenbosch

Annie Klopper 2012-02-23 Taxi Violence het op Sondag 19 Februarie 2012 by Kirstenbosch gespeel. Annie Klopper was daar, gewapen met haar kamera.

Top 11 plaaslike albums van 2011

Annie Klopper 2011-12-13 Hierdie lys is saamgestel deur Annie Klopper, Rockjagter.

Annie Klopper oor David Kramer

Annie Klopper 2011-11-23 Ek was nog baie klein toe my ma een skemeraand vir my “Skipskop” op die kitaar speel. Ek wou huil, maar ek het nie geweet waaroor nie. Dit word toe een van ...

Toe die Kaap kon kyk hoe aKING mekaar bliksem

Annie Klopper 2011-06-09 Tydens die bekendstelling van hul jongste musiekvideo vir “Catch alight” was aKING foutloos en definitief nie futloos nie. Ten spyte van ’n paar negatiewe aanhangers in die noorde, na afloop van ’n onlangse ... ahem ...

Wilder as die Wildtuin groei geleidelik op die oor

Annie Klopper 2011-03-23 My gemengde gevoelens veroorsaak dat ek moeilik aan dié resensie begin skryf. Maar hoe dan anders as gemengde gevoelens oor ’n vars mengsel gevoelens?

MK Awards 2011

Annie Klopper 2011-03-09 Die MK Awards 2011 het op Saterdag, 26 Februarie by die CTICC plaasgevind en is gevolg deur ’n afterparty by Assembly. Met live optredes deur Foto na Dans, Zebra and Giraffe, Die Heuwels Fantasties ft Thieve, Jack ...

Die musiek beteken nog iets: Bittereinder se ware verhaal

Annie Klopper 2010-11-18 ’n Ware verhaal Bittereinder Ek ervaar ’n onvermydelike behoefte om byna elke reël aan te haal in my dagboek, in my status updates op Facebook, in verjaardagkaartjies en grafredes. Die ritmes en lirieke is so sterk ...

Foto's: Versindaba 2010

Annie Klopper, Annie Klopper 2010-10-01 Die jaarlikse Versindaba is vanjaar vir die eerste keer onder die vlerk van die US Woordfees op Stellenbosch aangebied. Op 17 en 18 September het digters van oral in die land byeengekom vir ’n onvergeetlike geleentheid. Die Protea ...
Top