Annie Klopper oor David Kramer

  • 0
Annie Klopper

My gunsteling van David is ... 

... die liedjie “Meisie sonner sokkies”.

My boodskap aan David is ...

Ek was nog baie klein toe my ma een skemeraand vir my “Skipskop” op die kitaar speel. Ek wou huil, maar ek het nie geweet waaroor nie. Dit word toe een van die eerste liedjies wat ek self leer speel het. En saam met my maats het ek in pajamas op die bed gedans terwyl ons saamsing met “Meisie sonner sokkies”. Daar is niemand in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf wat met David vergelyk kan word nie en sy werk sal vir ewig ’n baken in ons musiekgeskiedenis wees. David is ’n veelsydige en meesterlike musiek- en liriekskrywer, ’n entertainer met ’n fyn sin vir intelligente humor en begrip vir die rol van musiek in die samelewing. Daar is so baie mense, insluitende ek, wat dank aan David verskuldig is vir wat hy vir musiek in Suid-Afrika beteken het, oor klas- en kleurgrense heen. Hy het die liefde vir musiek in my help wakker maak. Hy is ’n baanbreker soos min en ek salueer hom met nederigheid.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top