Tydens die bekendstelling van hul jongste musiekvideo vir “Catch alight” was aKING foutloos en definitief nie futloos nie. Ten spyte van ’n paar negatiewe aanhangers in die noorde, na afloop van ’n onlangse ... ahem ... problematiese gig by Firkin in Pretoria, kon aKING aan ’n Kaapse gehoor wys waarom hierdie groep tog gereken word as een van die top rockgroepe in die land. Die musiekvideo is puik vervaardig deur Am I Collective en wys in super slow motion hoe die lede van aKING mekaar bliksem. “Catch alight” is een van die eerste treffers op aKING se pas-uitgereikte derde vollengte-album getiteld The Red Blooded Years. Met hierdie album bereik aKING ’n interessante plek wat grens tussen ’n passievolle dryfkrag en haastige erns. (Dat dit nou min sin maak om dit só te beskryf, is gewis, maar ná ’n goeie luister sal jy verstaan wat ek bedoel. En luister dié moet jy.)
![]() |
|
| Lance Daniels hou sy lyf grapjas langs Miranda Myburgh en Lisha Klopper. |
|
![]() |
|
| Riana Wiechers en Aletta Lindveldt | |
![]() |
|
| Merwe le Roux (met die ontwerpersnaam Marchand) het ’n bokkie-oë-oomblik. |
|
![]() |
|
| Carla Schoeman en Sarietha Engelbrecht | |
![]() |
|
| Nic Redelinghuys | |
![]() |
|
| Henry Cloete en Louise Crouse | |
![]() |
|
| Andrew Davenport van aKING staan sy plek op die verhoog vol. | |
![]() |
|
| Ruan Coetzee | |
![]() |
|
| Hennie van Halen wys hoe ’n mens tussen twee instrumente kan kophou. | |
![]() |
|
| aKING kan in hulle noppies wees met ’n foutlose vertoning. |
Foto’s: Annie Klopper











