Gedempte geweld by Kirstenbosch

  • 0

 Ek sal nooit vergeet hoe die bedankings in Taxi Violence se heel eerste EP gelui het nie:

Louis: Would like to thank God for fast cars, beautiful women, poker and Rock ’n  
Roll.
Loedi: Ditto.
George: Ditto.
Rian: Ditto.

Dit was sewe jaar gelede (en Loedi van Reenen se plek agter die baskitaar word nou deur Jason Ling volgestaan), maar daardie byna roekelose energie waarmee die “geweld” begin het, is steeds onstuitbaar. Dit is nou dalk net verpak tot iets gesofistikeerd genoeg om met ’n akoestiese klank op ’n Sondagmiddag ’n groot skare van wisselende ouderdomme by Kirstenbosch se somerkonsertreeks te betower. En dit nou ’n band wat by rockfeeste ’n man met ’n kettingsaag op die verhoog nooi om letterlik te sorg vir vuurwerke. Sowat van veelsydigheid is daar min te vinde. Dis dié veelsydigheid wat sterk na vore tree in Taxi Violence se jongste, akoesties-gedrewe album, Long Way From Home. (Kyk die video vir die titelsnit hier.)

 

Dit wat op Long Way From Home gehoor word, was hoofsaaklik wat die afgelope Sondag by Kirstenbosch die pas aangegee het. Die band beskryf hierdie unplugged klank van hulle as “modern vintage”: “[S]omething new, but done in a classic way. Or something classic, that’s done in a new way … it’s up to interpretation. We’re deep like that.”

 
Taxi Violence het die hulp van onder meer gasmusikante Richard Brunyee van We Set Sail (keyboard) en Nic Roos van The Sleepers (akoestiese kitaar) ingeroep. Lara Block het tjello gespeel.
George en Murray Hunter van Sixgun Gospel wat op "Unholy" en "Venus Flytrap" die bekfluitjie laat huil het.
Tromspeler Louis Nel en Jason Ling op baskitaar
Voorsanger George van der Spuy

Louis Nel gooi.
Vernuftige kitaarspeler Rian Zietsman
Machineri het die vloer geopen en voorsanger Sannie Fox maak toe weer 'n verskyning, vir die liedjie "Jimi's Revenge".
George het die kinders oortuig die laaste liedjie, "The mess", is besonder geskik vir hoelahoep.
Wie kan dan nou tot die einde bly stilsit?

 
Foto's: Annie Klopper
 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top