PlaasJaap, Bobbejaanboer en Oud-Olifantshoeker het my weer laat dink aan 'n hele paar jaar gelede. Mens vergeet mos van die lekker en die swaar wat jy gehad het as kind, totdat iemand die geheue weer bietjie losskud. PlaasJaap het dit reggekry. Ek was in die Seunskoshuis van sub A af tot aan die einde van my skoolloopbaan. Ek het onlangs die afstand van die koshuis af gemeet tot by die skool en dit was een kilometer lank. Elke dag is skool toe en terug geloop met ‘n boeksak wat partykeer nogal swaar was.
Die lekkerste was as oom Hendrik Lekkerlag met sy ou groot blou groen bakkie(GMC dink ek) by die skool sy kleinseun kom oplaai het, dan het hy al die seuns se tasse by die koshuis gaan aflaai.
Woensdae kon die koshuiskinders dorp toe gaan om lekkers te gaan koop met 50c of R1.00 sakgeld vir die week. Maandae, Dinsdae en Donderdae het ons sport by die rugby veld gehad. Ek dink dit was nog ‘n kilometer tot daar en weer ‘n kilometer terug. Woensdag aand het ons weer CSV by die skool gehad. In totaal het ons omtrent 20km per week agter die rug.
Ek weet nie hoe ver ons geloop het om party aande vrugte te gaan steel nie.
Lekker ou dae.
Plaasjakkals


