Nuut by NB-Uitgewers dié Oktober:
Spoor, Finish & Klaar: Selebi’s Fall from INTERPOL to the Underworld , Kan ek maar aan jou selluliet vat: Hoe mans se koppe werk (indien wel) , Pérsomi: Kind van die Brakrant, Sandra se seepresente en Pharos Afrikaans-Engels / English-Afrikaans Woordeboek • Dictionary
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Lemmer, Mat Joubert en ekshuisvrou en nuutste geheimediens-agent Milla Strachan bevind hulle midde-in raaiselagtige gebeure. Mat, deesdae privaatsektor-misdaadbestryder, moet ’n raaiselagtige verdwyning oplos – voordat die geld opdroog – en Milla moet kies tussen hartsake en trou aan die vaderland. Drie verhale in een, vermaak uit die boonste rakke deur Suid-Afrika se spanningsverhaalkoning. Klik hier en koop jou eksemplaar van Spoor nou van Kalahari.net! |
|
|
Finish & Klaar: Selebi’s Fall from INTERPOL to the Underworld Na die moord op mynbaas Brett Kebble in 2005 het van Suid-Afrika se donkerste geheime op die lappe gekom – insluitend dié van Jackie Selebi. Dié Suid-Afrikaanse polisiehoof en president van Interpol het hegte bande gehad met die misdadigers wat hy veronderstel was om aan te keer. Adriaan Basson ondersoek hoe so iets kon gebeur het en wat dit beteken vir die oppergesag van die reg in Suid-Afrika. In this gripping account of Selebi’s rise and fall, investigative journalist Adriaan Basson probes the path that led to Selebi’s downfall. He answers key questions: How was Selebi, trusted by 50 million people to protect them from criminals, corrupted? And what is the bigger meaning of the Selebi saga for South Africa’s democratic state? |
|
|
Kan ek maar aan jou selluliet vat: Hoe mans se koppe werk (indien wel) Hoekom lag ons so? Huil ons so? Hoekom trou ons so? Skei ons so? Gewilde rubriekskrywer André le Roux keer 45 mites oor die liefde op hul kop. Die nuutste teorieë oor verskille tussen die geslagte en neurologiese ontdekkings word vir gewone lesers met die skrywer se kenmerkende aweregse humor aangebied. |
|
|
Pérsomi: Kind van die Brakrant Bywonerskind Pérsomi is verskriklik slim. Dit, vind sy heelwat later uit, kom van haar biologiese pa – ’n skimfiguur wat skynbaar soms tóg sorg. Pérsomi belig maatskaplike probleme soos die armblankevraagstuk, asook die stormagtige politiek van die 1940’s en 1950’s. Uiteenlopende strome wat eindelik saamvloei tot één rivier wat die leser sal meesleur … Klik hier en koop Pérsomi: Kind van die Brakrant nou van Kalahari.net!
|
|
|
Sandra se seepresente Sandra is op pad terug Johannesburg toe ná haar vakansie in die Kaap. Sy het presente vir haar niggie en nefie: ’n seekat, wat sy in haar mond hou, en ’n seevoël in haar sak! In Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys. Ook in Engels beskikbaar as Nici’s Pocket Presents. Klik hier en koop Sandra se seepresente nou by Kalahari.net! |
|
|
Pharos Afrikaans-Engels / English-Afrikaans Woordeboek • Dictionary In die woordeboek se ongeveer 5 000 kolomme word vertalings vir meer as 200 000 trefwoorde en meer as 120 000 frases en uitdrukkings gegee. Nagenoeg die helfte hiervan is van Engels in Afrikaans en die ander helfte van Afrikaans in Engels. ’n Gesaghebbende en onontbeerlike naslaanbron vir skrywers, redakteurs, vertalers, tolke, onderwysers, studente en sakelui. Kortom almal wat doeltreffend wil kommunikeer en hulself mondeling en skriftelik idiomaties korrek wil uitdruk. |







