Bokomo-brekfisbrief; 04/10/2010: Kombuistafel

  • 0

Ons lewe begin onder 'n kombuistafel waarop alle voedsel voorberei word. Dit was so voor Noag, sal op die dag van die wederkoms ook so wees.

In die plaaskombuis loop astrante werfhoenders op die klipvloer en krummels soek terwyl babas lekbekkend onder tafelpote tandekry.

Daar leer ons wat dit is om mens te wees. Ons skinder, vertel, onthou geliefdes en bespreek al kletsend ons voorvaders.

Dis waar ons huil en lag ... Waar 'n vrou verbyster haar egskeiding met tee, gin, wyn, woede en trane verwerk. Waar mans hul ouers se begrafnis beplan.Waar mens teken vir eiendom en jou dankoffer in die koevertjie druk.

Eintlik bly dit 'n plek van koestering, van belong ... van onthou. Die Aga en sy kolekas met 'n kat daarin opgedraai en die radio op die kantafel met sy formicablad.

Al die reuke, geure, teksture... hande op deeg, en pannekoek as die Oubaas weer mildelik die hemel se water op die sinkdak laat raas.

Johan Smit

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top