Bokomo-brekfisbrief; 01/10/2010: o eina

  • 0

as jy jou geskiedenis vergeet’t,
toetentaal uit pas met wie jy was,
as jou kultuur bestaan uit ‘n braaivuur,
Simba tjips, Stellenbosch wyn, Nuweland bier,
jou tjops lustig, luidrugtig op kole sing,
weier jy om iemand namens jou te laat ry

nee, Mens, jy is rof, dikvellig, onbeskof, onkundig,
boonop ontken, vermy, ignoreer jy dese onkunde,
jou besoedeling waai mos elders innie winde,
blyk’t jou tjappies, stafiekodes, eilandbeleggings,
jou opvatting van post Post Mortem, Lewe Twee,
stuur af op ‘n grotesk’ Armageddon, Apokalips,
ondanks al jou strategies’ onkunde-ontkenningstrips

Mens, jy speel met vuur,
laat ons nu maar eerlik wees,
vrees, op vrees, op vrees,
word al hoe meer konkreet,
allie jare mos sosio-ekonomies,
linguisties, kultureel-histories,
kunsmatig, afgesonder vannie res,
tot superioriteitsindroomdeskundiges,
kenners van meerderwaardigheid, verfyn,
miniskuul min gepla mettie werklikheid,
met God, Skepper, Sy Gebod, Sy Beleid,
kan jy jou mossie skeel, bodder of traak,
met implementering, ‘uitrol’ van Sy Taak,
asof Geregtigheid, Justisie, ooit vir jou,
onrehabiliteerbaar soos ‘n multi-moordenaar,
potblou van allie vulgêr struktuurgeweldsgraffiti,
enigsins ‘n prioriteit sou wees, of sou saak maak,
Mens was nog nooit voorheen só ekstreem ongevoelig,
soveel ligjare ver van Millennium Drie Spiritueel’ realiteit,
verwyder, soos identiteitloses van hul lankverlore identiteit

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top