Pasgelaai
Drag me to church: ’n preek deur Maryna Blomerus
2024-09-04"En daar hang ek toe ook by ’n Tollie Parton drag show uit. Die konsertsaal sit op die rand van die dorp, aan die eindpunt van Kerkstraat wat begin daar waar dit met Hoofstraat kruis. Die Moederkerk sit reg by hierdie kruising."
Glans en glorie op 12de kykNET Silwerskermfees
2024-09-03"Dit kan nie méér glansryk as die Silwerskermfees nie. Die uitsig oor die see aan die voorkant van The Bay Hotel in Kampsbaai, die berg in die agtergrond, wiegende palmbome en die room van die land se fliek- en filmmakers wat vanjaar vir die 12de fees daar gekuier het. Die fees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, toe die land se wenners in televisie en film met die pragtige kristal-rolprentkamera-trofeë vereer is."
Anastasia was ma' net nou eenmal "Ôse Stacey"
2024-09-03"The B lecture hall would be packed at that time. This small woman managed to bring students together to such an extent that they would even sacrifice their lunch breaks to attend her classes instead of watching the daily Klawerjas tournaments in the student cafeteria."
Bonus-Silwerskermfees-film van Jaco Bouwer internasionaal gewild
2024-09-03"Bouwer se film het kritici gaande – nie net oor die rilleraspek met die toordokterondertone nie, maar ook oor sy keuse van akteurs."
The story of Emily: ’n gesprek oor Emily Hobhouse se huis as besienswaardigheid in Engeland
2024-09-03"Die huis het alles in wat ’n gesin van die tyd sou gehad het: gordyne, beddegoed, klere, meubels, boeke, speelgoed, skilderye van die familie teen die mure, en kos in die spense. ... Die resultaat is die mees akkuraat gerestoureerde middel-Victoriaanse huis in Engeland."
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun
2024-09-03Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.
Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk
2024-09-03"Al kan Breekpunt op sy eie as ’n roman staan en al is al die bestanddele van ’n geslaagde misdaadroman teenwoordig, is daar hier en daar haakplekke."
Die mag van vreugde in politiek
2024-09-03"Kyk na die uitdrukkings op mense se gesigte. Daar is hoop, daar is vreugde. Dis in skerp kontras tot die strak gesigte by Trump se skares. Haat kan net só ver gedryf word. Deur te kies om dit weg te lag eerder as om vurige retoriek te lewer, het Harris bewys dat sy die Amerikaanse temperament baie beter lees as wat die Republikeine kan."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Zorada Temmingh oor Hoe speel die orrel (sit-sit so)?
2024-09-03"Min mense wat weet hoe ’n orrel klink, weet ook hoe die klank gebeur. In hierdie praat-en-wys gesels ek oor hoe ’n klawer se afdruk ’n pyp laat praat, oor hoe verskillende klankkleure geskep word wat die orrel amper soos ’n orkes kan laat klink, oor hoe die orrelis soos ’n seekat tekere moet gaan om betyds by al die note en knoppies uit te kom."
Kortliks met Stefaans: 2 September 2024
2024-09-02"Hier is twee klippe-kou-publikasies. Albei kan hewige debat veroorsaak, veral onder lesers wat dit nie gaan lees nie. Albei het ook die vermoë om groei te ontkiem."
Press release: Commonwealth Short Story Prize opens for entries as panel of judges announced
2024-09-02The Commonwealth Short Story Prize is now open and we will be accepting entries until 1 November 2024. Now in its thirteenth year, the prize is awarded for the best piece of unpublished short fiction (2 000–5 000 words). In addition to English, submissions are accepted in Bengali, Chinese, Creole, French, Greek, Malay, Maltese, Portuguese, Samoan, Swahili, Tamil, and Turkish. Stories that have been translated into English from any language are also accepted and the translator of any story that wins (regional or overall) also receives prize money.
Persverklaring: Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied
2024-09-02Die BA Hons (Media en Kommunikasie) sal in Afrikaans via die voltydse kampusmodel by die instelling se Centurion-kampusse aangebied word. Let daarop dat daar slegs ’n beperkte aantal studente tot dié nuwe program toegelaat sal word en die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2024.
Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach
2024-09-02"Sy vergelyk hul verhouding met die dramaturg, Aristofanes, se vertelling in Plato se Simposium van die kragtige, endogene, ronde skepsels, man én vrou, wat eens op aarde was en toe deur ’n jaloerse Zeus geskei en vervloek is om vir altyd rond te dwaal op soek na hul ander helfte."
La Campanella: Wat is alles in ’n naam?
2024-09-02"Jislaaik, ons het darem eienaardige name nou in ons land. En met die talle herdopings deesdae van dorpsname wat ons erfnis mismaak en ontneem, raak dit nóg meer snaaks."
Persverklaring: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat
2024-09-02(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
Persverklaring: Suid-Afrika se ryke oes aan talent skitter by kykNET Silwerskermtoekennings vir film en TV
2024-09-02Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer uitgedeel aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.
Laat die vervolgingsgesag ons almal in die steek?
2024-08-31Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het. Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende "lening" ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christine Gerber
2024-08-30Hierdie onderhoud met Christine Gerber is die sesde aflewering oor ons biblioteke.
Donker water deur Martin Steyn: ’n resensie
2024-08-30"Wat die boek uniek en ’n moet-lees maak, is die feit dat dit alles geskied in die uiters fassinerende duikersmilieu waarvan die meeste van ons maar min weet."
’n Regering van nasionale eenheid en die pad vorentoe
2024-08-30"Die uitdaging waarvoor ons primêr te staan gekom het, is om met bestaande demokratiese waardes as grondslag ’n Suid-Afrika te herbou wat die gekompliseerde eise maar ook die verwagtinge van ons tyd daadwerklik kan aanpak; met kortertermyn-suksesse ’n grondslag vir langtermyn-ontwikkeling kan lê; en waarin algemene belang hoër geag word as bepaalde belang. Dit benodig leierskap wat vanuit ’n gesonde waardestelsel kan dink en help bou aan ’n nuwe tydvak wat voor die deur lê."
