Pasgelaai

Prooi van pyn

Michelle van Graan Poësie 2024-10-10

"op die altaar lê ek as prooi van pyn
Dood, slurp my eerder op"

Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-10-10

Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.

Maritha Snyman (1952–2024)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-10-10

"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Die stoele – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Hierdie teks, deur Eugène Ionesco, is hoogs metaforiese, diep en propvol betekenis. En tog kan elke gehoorlid wegloop met hul eie, persoonlike boodskap. Dit gee mens heelwat om oor te dink.  Dit is ’n waagstuk – met meesterlike optredes deur Antoinette Kellerman en Chris van Niekerk en regie deur Marthinus Basson. En die sukses van die stuk wys dat dit die moeite werd is om kanse te neem in kuns."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Vier Panado’s en ’n chardonnay – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Zietsman en haar pianis, Tony Bentel, is treffend mooi in hul skitterende Cabaret-geïnspireerde kostuums. Hulle gemak met en vertroue in mekaar is duidelik en verfrissend. Tegnies is die musiek indrukwekkend. Zietsman se sang is diep, roerend en moeiteloos. Soms doelbewus nie-te-perfek-nie. Skrywer en regisseur Johan Slabbert het ’n ongelooflike teks geskryf wat klassieke treffers met persoonlike stories uit Zietsman se lewe kombineer."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: The return of Elvis du Pisani – an Instagram review

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Eddie du Pisani’s life has not turned out the way he had planned (sounds familiar?), and he is hanging on to a last string of hope. While questioning his own existence, purpose and will to live, he returns to the lamppost in Witbank that he had visited once before on a fateful night that changed his life forever. As he detours through childhood memories, his first love, his emulation of Elvis and the events that led him to this very place, he re-enacts heartbreaking memories."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Is dit ’n outydse allegoriese stuk? Abstrakte teater aangepas vir ’n moderne gehoor? Dit is definitief ’n interessante stuk. Die konsep self het soveel potensiaal: ’n reis na die hiernamaals waartydens Nora se lewe deur verskeie karakters gemeet en beoordeel word. En sy moet ook vir haarself besluit wat haar lewe werklik werd was."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n Begin – ’n Instagram-resensie

Estelle Terblanche Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-09

"Dit is ’n slim teks wat subtiel op die been gebring is – die tipe stuk waardeur jy lag terwyl jy eintlik wil huil oor hoe naby dit aan die werklikheid is. ’n Persoonlike gunsteling by die fees."

Momentum Beleggings Aardklop 2024: Nabetragting – ’n huldeblyk aan twee legendes

Didi Potgieter Aardklop 2024-10-09

"Albei produksies het gefokus op die lewens van hierdie ikone, hul tragiese afsterwe en die tydlose nalatenskap van hul musiek op die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap. Tog was my belewing van hierdie onderskeie stukke wêrelde uitmekaar."

Ons biblioteke: ’n onderhoud met Cecelia Larey

Braam Peens, Cecelia Larey Onderhoude 2024-10-09

"Dit bring ’n knop in my keel wanneer ’n biblioteekgebruiker die gebou verlaat en erkenning gee aan die verskil wat ons diens in hulle lewe of omstandighede gemaak het." Hierdie onderhoud met Cecelia Larey is die agtste aflewering oor ons biblioteke.

Invitation: Book launch – What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange on 15 October in Cape Town

LitNet Books and writers 2024-10-09

Siv Ngesi will be in conversation with Zelda la Grange for the launch of her book, What Nelson Mandela taught me, on Tuesday, 15 October 2024 at 17:30 for 18:00 at Exclusive Books Cavendish (Claremont) in Cape Town.

Postebesnoeiing lei tot lae moraal by onnies

Michael le Cordeur SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-09

"Die regering se voorneme om duisende onderwysposte te snoei lei tot grootskaalse ongelukkigheid in onderwyskringe. In die laaste paar weke het verskeie provinsiale departemente aangedui dat hulle geldprobleme ondervind as gevolg van kwaai begrotings, die swak ekonomiese omstandighede van die land en finansiële wanbestuur van die vorige regering."

Reguit met Robinson: Onderwyssektor onder beleg

Freek Robinson, Paul Philip Sauer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2024-10-09

Die onderwys verkeer tans onder baie druk. Freek Robinson gesels met Paul Sauer, uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Poste, begrotingsinkortings, leerders se gebrek aan leesbegrip, die Bela-wet, die toestand van klaskamers en die welstand van onderwysers word onder die loep geneem.

Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: ’n resensie

Erla Diedericks Resensies 2024-10-09

"Waar vorige resensente die groen geheim van Sati se gawe omseil het, gaan ek my verstout om die geheim te verklap aangesien Die gawe van groen reeds langer as ’n jaar gelede uitgereik is."

Advertensie: Senior Lektoraat – Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans, Grondslagfase)

LitNet Akademies en skole 2024-10-09

Aansoeke vir die volgende pos word ingewag: Senior Lektoraat – Taal- en Geletterdheidsonderrig (Afrikaans, Grondslagfase).

Graad 8: Wiskundevraestel 2 en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-10-09

Is jy in graad 8 en stap jy soggens skool toe of ry jy met die fiets? Ry jy dalk met die taxi of vervoer jou ouers jou? Laai hierdie gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann Langeveld af en oefen somme waarin sulke vervoervoorbeelde voorkom.  Ongeag almal se transport moet al die kinders in die voorbeeldsomme Wiskunde slaag. Hierdie vraestel maak dit sommer maklik! 

Graad 8: Wiskundevraestel 1 en memo, vierde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-10-09

Is jy in graad 8 en moet jy somme doen oor getalpatrone, vierkantswortels en allerlei veranderlikes? Jy kan hierdie gratis oefenvraestel en memorandum van Lee-Ann Langeveld aflaai en aan die einde van die jaar fantasmagoriese punte behaal. (Ja, die woord kom in die woordeboek voor en jy sal aan die einde van die vraestel sien dat die woord ook in een van die somme voorkom.)

Pasverskyn: Troep: Die dinge wat hulle saamdra deur Bun Booyens

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-09

In Troep vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Fotoblad 2 van skrywers (EasyEquities Skrywersfees)

Menán van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-08

Die Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 se EasyEquities Skrywersfees het vir baie interessante boekgesprekke gesorg. Menán van Heerden het foto’s van ’n paar van die skrywers geneem.

Toyota Stellenbosch Woordfees: Hoe mooi val die lig – ’n resensie

Jeani Heyns Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-08

"Die narratief van Sand en die musiek van die geniale Poolse komponis dans om die ore. Chopin word beliggaam deur Dias en 'praat' deur sy musiek. Treffende silhoeëtte van Sand in haar manelpak en silinderhoed word geskets deur slim beligtingskeuses."

Top