Pasgelaai

Regsmening: Immergroen treffers – Gallo Music v Sting Music

Owen Dean, Cobus Jooste 2012-06-07 "Watter weergawe van die relevante liedjies is deur Sting gereproduseer?" Lees oor Gallo Music en Sting Music wat mekaar in ’n Suid-Afrikaanse hof die stryd aansê.

LitNet-blits #8

Naomi Meyer 2012-06-07 Hierdie is LitNet-blits #8. As jy elke Woensdag die LitNet-blits wil ontvang, stuur ’n e-pos aan naomimeyer@litnet.co.za.

Die Liggaam: Vet

Thys 2012-06-07  Ek was van my skooldae af ’n goeie atleet en het nooit met vetrolle gesukkel nie, maar met die jare het ek ophou oefen en gewig aangesit. Al oefen ek en gaan ek op ’n dieet, gebeur daar niks. My maag raak net groter.

Vonnisbespreking: Beskrywing van geskenkte onroerende goed wat met ’n verband beswaar is

Johan Lötz, Chris Nagel 2012-06-07 Hierdie vonnisbespreking handel oor die vraag of die feit dat onroerende goed wat geskenk word met ’n verband beswaar is, ’n wesenlike beding is wat in die skenkingskontrak vervat moet word ten einde aan die geldigheidsvereistes van artikel 5 van die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 en artikel 2(1) van die Wet op Vervreemding 68 van 1981 te voldoen.

’n Lyf onthou vra die leser se eie oordeel

Malene Breytenbach 2012-06-07  Die 17 kortverhale handel oor die lyflike, hoofsaaklik uit ’n vroulike oogpunt en met die fokus op vroulike hoofkarakters. Daar is egter ook verhale wat uit ’n manlike perspektief vertel word. Die meeste verhale het seks in verskeie gedaantes as tema.

Author of Dancing in the Shadows of Love, Judy Croome, in conversation with Janet van Eeden

Janet van Eeden 2012-06-07 “Dancing in the Shadows of Love is an unusual novel in that it takes the form of a moral allegory of sorts, yet seems to be a fantasy novel on one level. However, it’s rooted in a world we can identify with as reality. ”

Verbode voedsel volgens die bybel

Heiden 2012-06-07  Daar was ’n klomp diere waarvan die mens nie mog eet nie – sien Levitikus Hoofstuk 11. Hieronder is die vark (vers 7), volstruise (vers 16) en wat waterbewoners betref, mag geen skulpdiere soos oesters en mossels geëet word nie, natuurlik ook nie kreef nie (verse 9 tot 12).

Elzette Steenkamp gesels met Catherine Snel oor die Afrikaanse Taalmuseum se opvoedkundige projekte

Elzette Steenkamp, Catherine Snel 2012-06-07 Elzette Steenkamp in gesprek met Catherine Snel oor die Afrikaanse Taalmuseum se verskeie opvoedkundige projekte.

Werklikhede omtrent psigoses en skisofrenie en die behandeling daarvan

Kobus de Klerk 2012-06-07 "As Varkspek geweet het waaroor die medikasie vir skisofrenie en soortgelyke psigoses gaan, selfs die tweede generasie atipiese antipsigotiese kalmeermiddels, sou hy hopelik nie sulke misleidende snert kwytraak, nie."

Praat van die duiwel

Heiden 2012-06-07  Sê nou maar daar was geen straf vir ongelowiges na die dood nie.

Versoening en als

Jan Rap 2012-06-07 “Op RSG nou die dag, miskien op ander stasies ook, was daar weer die ou storie, soos die afgelope N-1994 jaar (waar N = huidige jaartal), naamlik ‘wat doen JY om versoening te bewerkstellig.’”

SêNet die superblog

Jan Rap 2012-06-07 “Ek gaan wandel toe nou die dag daar op die blogs rond nadat ek die twee of drie nuwe SêNet-briewe gelees het en wat ’n frustrasie. Die menings en kommentare daarop is interessant maar dit verg hewige navigasie.”

Jan Rap, pretbederwer

Heiden 2012-06-07 “Jan Rap, moet nou nie my pret kom bederf terwyl ek dit so geniet nie, man!”

Vier Amerikaanse skilders en ’n Brit

Johannes Comestor 2012-06-07 “Amerika, of't wel die VSA, is ’n enorme land met baie kenmerke. Die groot invloed wat die rolprentbedryf en televisie het, is een van daardie kenmerke. As ’n mens daar woon, val dit gou op dat Amerikaners geneig is om sosiaal op te tree asof hulle op televisie is. ”

Waar's hulle?

Enjee 2012-06-07 “Wat het van ons vriende oom Daan, Namib en Oester geword? ”

Mans wat net klets oor kos

Enjee 2012-06-07 “As man wat in ’n huis groot geword het waar pa buite met die boerdery besig was terwyl ma agter die kospotte is, vind ek dit vreemd en irriterend waar meer en meer mans in die kombuis doenig is en die vrou maak die swembad skoon. Om die vleisbraaivuur praat mans nie meer oor sport, politiek of manssake nie, hulle ruil so waaragtig nou reseppies uit. Kan jy nou meer!”

Willie Esterhuyse gesels oor Eindstryd – Geheime gesprekke en die einde van Apartheid

2012-06-06 Saterdag, 9 Junie. Willie Esterhuyse sal om 11:00 in Protea Boekwinkel (Stellenbosch) gesels oor sy onlangse publikasie Eindstryd – Geheime gesprekke en die einde van Apartheid.

’n Inligtingstegnologie-gesentreerde gebruikerskoppelvlak vir navorsingsdoeleindes binne die geesteswetenskappe met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde

Burgert A Senekal 2012-06-06 "Inligting is ’n wesenlike probleem in die 21ste eeu – meer so as in vorige tydperke waar relevante, akkurate inligting uit kleiner datastelle ontgin moes word. Bo en behalwe die problematiek rondom die verifiëring van inligting en die impak wat die leser se vooroordele het, word die hedendaagse mens met ’n data-tsoenami gekonfronteer."

Raising the Spear or dropping the ball?

Mike van Graan 2012-06-06 "The general feeling among most panellists was that, indeed, freedom of expression and other democratic freedoms and rights are under threat from the ANC and its alliance partners." The Cape Town chapter of Arterial Network South Africa hosted a forum to discuss the significance of the Spear controversy for the local arts sector.

Moody Blues: Met ’n titsel viagra aan die pols weer 19 jaar oud

Douwleen Bredenhann 2012-06-06

"Op pad na die Moody Blues-konsert by die Grand West-arena in Kaapstad konfronteer ’n reuse-vuurbal ons oë net voor sonsak op die snelweg. ’n Werklik asembenemende skouspel met verskeie rooi strale wat oorkruis deur die blink sirkel klief."

Top