Hoe lyk jou stad-kompetisie: My stad (Bellville)

  • 1

Hoe besing jy ’n stad wat nie is nie,
’n Bell wat nie ville nie, maar moet?
’n Stad wat nie vlees is of vis nie,
met net wyke wat wyk voor die roet
van fabrieke en knerpende trokke
waar die belhamel blêr soos ’n bok?
Ek wil bel en vertel van my skokke,
maar my klepel bly sonder ’n klok.
Ek wil bel en vertrek, maar vertrokke
bly ek woon in my stad met ’n wrok.

  • 1

Kommentaar

  • O genade ...! Jy het dit so goed geskryf ...!  Werklik, goed vertel. Jy het jou gehoor getref. En dit na die ongelooflike, onlangse nuusskokke wil ek vir jou vertel – jy het MY getref. Puik vertelling.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top