Hoe lyk jou stad-kompetisie: Roodepoort SSG – Ek draai weg

  • 1

Dinsdagaand:
Tien kilometer,
Kliprand af,
Clarendonlaan,
Steil heuwel uit,
Tot Mouton.

Dan links,
Oor die spoorwegbrug,
Waar die swart mense stap,
Van die hoek van Van Wykstraat,
Aan die oostekant,
Van die SSG,
Van die stad,
Van Roodepoort.

Ek draai weg,
Vinnig met Hamburg,
Die volle vier kilometer
Tussen Rugbyklub
En verkeertoetssentrum,
Tot by die meer,
Van Florida.

Dit agtergelaat,
Met Maude,
Na Negende Laan,
Dan links,
Oor Goldman,
Een, twee, drie blokke,
Verby kerke, kothuise,
Die laerskool,
Die hoërskool.

Nog drie kilometer,
Die laaste skof:
DF Malan,

Honibal,
Die Engelse Kerk,
Die blaffende hond,
Die gloeiende bol in,
Van die sinkende son.

Dis skemer.

In Roodepoort.

  • 1

Kommentaar

  • Paul Sorensen

    Roodepoort SSG,/ En ek draai weer weg./   Dinsdagaand:/  Tien kilometers,/ Kliprand af,/ Clarendonlaan,/ (Nou systrate;/ Bokshuise,)/ Steil heuwel uit,/ Tot Mouton.//   Dan links,/ Oor die spoorweg brug,/ Waar die swartmense stap,/ Van die hoek Van Wykstraat,/ (Winkels wat afskilfer),/ Aan die Ooste kant,/ Van die SSG,/ Van die stad,/ Van Roodepoort.//   Ek draai weg,/ Vinnig met Hamburg,/ Die volle vier kilometers,/ (Dubbellaanpad;/ Darem bome),/ Tussen Rugbyklub,/ En verkeertoetssentrum,/ Tot by die meer,/  Van Florida.//   Dit agtergelaat,/ Met Maude,/ (Ou huise,/ Op ruim erwe;/ Soms vervalle),/ Na Negendelaan.//   Dan links,/ Oor Goldman,/ Drie blokke,/  (Kothuise, ou NG Kerk),/ Die laerskool,/ Die hoërskool.//   Dan drie kilometres,/ Die laaste skof:/ DF Malan,/ Honibal,/ Die Engelse Kerk,/ Die blaffende hond,/ In die gloiende orb,/ Van die sinkende son.//   Dis skemer.//   In Roodepoort.//   Paul Sorensen.   25/07/12.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top