’n stad van bedelaars
vol pis en stank
waar plantjies buig
onder naakte ontlasting
op strate
op skouers
teen mure
teen die laaste –
greintjie waardigheid
dit is – stad
dit is – stad: TSHWANE
dit was my stad
met lewe met liefde
maar nou oorlede

