Gebore nie getoë
Gonnakraal nou Friemersheim
Eerwaarde Kretzen verlang na Duitse Ryn
San se kraal verander na heimwee
Gedoop deur kerk sonder speen
Gemerk en weer ’n keer gekarteer
Littekens swaar en diep
Hanna se slawe sweetkruip bergplooie uit
Groot-Brak, Sorgfontein, Kleinplaas verby
George, Mosselbaai staan opsy
Uit hoek van oog sien jy see met grondpad se ry
Balk in ander oog, bome splintermooi getooi
Gerooster, gebak, gepot kom die brood
Gebakte pampoen, makatanjam, in die winter bonesop
Speelman, Draai, Roelfse, inkommers gekerk
Volkwynstoel vul die ryk man se plek


Kommentaar
Pragtig!