Cor Nortjé2013-03-28"Sy grootste gawe was dalk sy uitsonderlike vermoë om sy eie taal te praat - suiwer, idiomaties, kleurryk, vlot, met die vonkel in sy oog van ’n towenaar wat vir kinders ’n haas uit ’n hoed trek."
Albert Maritz2013-03-28Hulle noem hulself ’n “theatrical cross-over”-sanggroep. Miskien dieselfde fout wat Roesemoes gemaak het. Daar steek soveel meer in ’n naam; daar was soveel meer aan Roesemoes as dit. Daar steek soveel meer in Elle Amor as ’n “sanggroep”. Elle Amor is Elle Amor.
2013-03-27Lewer kommentaar op LitNet en wen Francois Bloemhof se Hospitaaltyd en Brand Pretorius se Aan die stuur met komplimente van Human & Rousseau en Tafelberg-Uitgewers.
Henry Cloete2013-03-27"Ek is as verhoogkunstenaar hoofsaaklik gemoeid met musiekteatervorme, en as ek regie doen, is dit musiekmatige teater of ek wriemel bloot ’n lied of twee daarin. Maar ek moet erken: ek leef wanneer ek sing en ek sing soms as ek moet regie doen ..."
Henry Cloete2013-03-27"Planne = Digitaal. Daar gaan ’n groot verskuiwing plaasvind vir die kanaal. Hierdie gaan nie ’n negatiewe ding wees nie en gaan inteendeel die kanaal meer toegangklik maak vir mense wat dit tans nie kan 'access' nie."
Kerneels Breytenbach2013-03-27"’n Mens bou soms onredelike vooroordele op teen kunstenaars. Ek het jare lank verseg om na Ayers se musiek te luister, weens sy gedrag voor die opnames van die konsertalbum June 1, 1974 saam met John Cale, Nico, Brian Eno en Mike Oldfield ..."
Albert du Plessis2013-03-27"Vyf jaar na sy 'aanmelding' vir diensplig, is Kasper onder geheimsinnige omstandighede oorlede aan ’n meswond, toegedien in ’n park naby die huis waar hy gewoon het. Dit het bespiegeling versterk dat dit inderdaad in staatsbelang was dat sy werklike identiteit nooit bekend mag word nie."
Kobus de Klerk2013-03-27"Trouens, Duitswester se skynbaar afvallige en anti-Christelike uitlatings en tussenwerpsels het ’n sekere gees wat daarmee gepaard gaan ..."
CorneliusHenn2013-03-27"Die antwoord vir ’n vreedsame naasbestaan, welke die volk in Afrika, is hoegenaamd nie jou Ingelse en kolonialistiese 'art of bearable dissatisfaction' nie, Wouter!"
Johannes Comestor2013-03-27"Dit was nie dat hy op agtien die christelike godsdiens met feite of argumente kon verwerp nie. Dit was bloot dat glad te veel daarvan vir te lank aan hom opgedring is."
Jan Rap2013-03-27"Jou betoog dat Afrikaans op die manier aanpas, en daarom, groei is dus verkeerd. Afrikaans kwyn en verval en raak besmet en word so oorgeneem deur Engels."
Jan Rap2013-03-27"Ek het nie besluit dat ons moedertaal manlik is nie, hy is onsydig en die onsydige persoonlike en besitlike voornaamwoorde is SOOS die manlike."