ABO en Duitsland?

  • 2

Wel, dit is vir my baie interessant dat Koningin Victoria die ouma van Koning Wilhelm van Pruisse was en daarom het Duitsland nie aktief in ABO betrokke geraak nie. 10 jaar later was daar seker 'gesinsgeweld' met WO1 en die erge gevolge van dit?

Hierna was daar nie meer ‘n koning in beheer van Duitsland nie.

Nou ja, dit is deel van geskiedenis wat nooit in geskiedenisboeke beskryf is nie!

Hans

  • 2

Kommentaar

  • Miskien ook maar goed dat dinge uitgewerk het soos hulle het, anders het die Eerste Wêreldoorlog 'n dekade of wat te vroeg uitgebreek, en sou dit boonop die skuld van Afrikaners in die algemeen en Oom Paul in die besonder, gewees het. Dink net hoe sou almal ons gehaat as ons nie net vir apartheid verantwoordelik was nie, maar boonop sommer vir die Groot Ooorlog ook nog ...

     
  • Hans die groot probleem van die Keiser, Nederland, Frankryk, Rusland, ens was dat "Brittania rules the waves". So simpatiek soos hulle almal teenoor die ou president gevoel het, het hulle geen keuse gehad nie as om weg te kyk of verskriklik verneder te word. Pruise het reeds teen 1900 die situasie intens aangevoel, maar het teen 1914 nog nie genoeg tyd gehad om die agterstand ter see in te haal nie wat tot sy vernedering in Parys en uiteindelik die nog erger vernedering van 1939 -1945 gelei het. Dis in die eerste plek met harde feite wat die wêreldgeskiedenis geskryf word en die bloedfamilie-deel is net 'n interessante voetnoot. George

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top