
Gian deel die verhoog vir die afgelope paar jaar met Jeremy Schultze (dromme), Logan Scott (baskitaar) en John Mitchell (klawers), en is teen hierdie tyd goed genoeg ingeoefen om die gehoor behoorlik waarde vir hul geld te gee.
Die vertoning sal hoofsaaklik ‘n akoestiese aanslag he, met Jurg Human (eienaar van die Boer) wat soos gewoonlik kom uithaal en wys in die blues segment van die aand.
Die aand kry ook bietjie afronding waneer Rachelle Kruger haar buiging as gaskunstenaar op die verhoog kom maak saam met Gian. Die pragtige engelstem van Rachelle was onlangs gehoor as “Wendy” in die Peter Pan “musical”, wat tydens die Junie vakansie by Canal Walk gespeel het. Sy het ook al voorheen die rol van “Maria” in “Silence of the music” vertolk.
Bespreek dus nou by die Boer: (021) 979 1911

