Nuwe boeke by NB-Uitgewers

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Julie:

Die bleek man of my hakke, Die Suid-Afrikaanse Reg, 'n Bakgat 101 Maniere om te Lewe en Sterwe, Maar TinTin in Tibet, Ratels en Back to Villa Park

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624054979
e-ISBN:
9780624054986
Prys: R185

Die bleek man of my hakke
Harriet Christou

’n Hoogswanger vrou stort in ’n koffiewinkel in duie, en word daarna wakker van die verskriklikste pyn. Sy lê op ’n hospitaalbed, langs haar die man met die strepieshemp wat sy in die koffiewinkel herken het voordat sy inmekaar gesak het. Hy is besig om haar ongebore kind stuk vir stuk uit haar te sny...

Maar niemand weet hiervan behalwe Harriet nie. Niemand hoor ook die stemme wat so duidelik in haar kop praat nie. Niemand weet dat sy nie eers kan bad nie omdat haar bad voortdurend vol bloed is ... en tog is dit alles vir Harriet die allerverskriklikste werklikheid.

Niemand weet van Harriet Christou se lewe met skisofrenie nie, trouens, dit is een van die mees verborge aspekte van menswees in die algemeen. In hierdie aangrypende boek vertel sy ’n uiters sonderlinge verhaal, en sy vertel dit onverskrokke en openhartig.

Dit is ’n onthutsende verhaal. Skokkend. Maar ook ’n verhaal van volharding, hoop, menslikheid en begrip vir die kompleksiteit en broosheid van die menslike lewe.

A pregnant woman faints in a shop. She wakes up inexcruciating pain. Next to her is a man that she recognised in the shop, the moment before she collapsed. He is busy cutting her unborn child out of her body...

No one knows about this, except her. No one hears the voices in her head. No one sees the blood in the bath.

A haunting memoir about life with schizophrenia.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die bleek man of my hakke nou van Kalahari.com!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624051527
e-ISBN:
 9780624054399
Prys: R350

Die Suid-Afrikaanse Reg
François Smuts

Elkeen van ons word een of ander tyd met ’n regskwessie gekonfronteer. Of daar nou ’n bouer is wat jy wil dagvaar vir sy knoeiwerk aan jou huis, en of dit jou dogter is wat kom vertel dat jou skoonseun skielik van haar wil skei, die reg is iets waarvan jy kennis gaan moet neem.

Ook alledaagse situasies vereis dikwels regskennis. Jy het ’n kontrak nodig om ’n huiswerker aan te stel en jy het ’n testament nodig as jy familietwis na jou dood wil vermy.

Alles wat jy nog altyd wou weet van die reg, maar te bang was om te vra: Die Suid-Afrikaanse reg is ’n verstaanbare en gesaghebbende oorsig van die regslandskap in Suid-Afrika.

Spaar jouself geld en slapelose nagte deur dié betroubare bron te raadpleeg voor jy in die prokureur se kantoor – of in die hof – beland.

Vind uit:

  • watter slaggate om in kontrakte te vermy
  • wat jou regte in die werksituasie is
  • wat om te maak as die ongeluk jou tref
  • hoe jy familieprobleme kan hanteer
  • wat moeilike regsbegrippe beteken
  • hoe hofprosedures werk
  • waar jy om hulp kan aanklop
  • hoe jy jou regskostes laag kan hou

Die Suid-Afrikaanse reg verduidelik nie net bostaande en vele ander regsbeginsels in toeganklike taal nie, dit gee ook ’n mondvol praktiese raad oor ’n wye reeks probleme waarmee jy een of ander tyd te doene gaan kry.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die Suid-Afrikaanse Reg nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Queillerie
ISBN:
 9780795800689
e-ISBN:
9780795800696
Prys: R210

'n Bakgat 101 Maniere om te Lewe en Sterwe
R.R. Ryger

Twee verhale in een, vertel in Ryger se eiesoortige wegholtrein-manier. Soms skokkend, soms bisar, soms histeries snaaks . . . nooit vervelig nie. Dit is die stem van die skrywer wat al deur skrywer/dramaturg Harry Kalmer “die meester van die moderne Afrikaanse kortboek” genoem is.
            In Bloedlyn is Dirk Steyn, ondersoekende joernalis en skrywer oor die okkulte, op soek na ’n gebreklike ontkleedanseres. Dit bring Steyn in konfrontasie met sy eie verlede, en op pad skuur hy skouers met onder meer ’n satanistiese kultusleier, ’n kannibalistiese dwerg en ’n psigopatiese pastoor.
            In Kaktushart beland die suksesvolle afrigter van die Springbok-rugbyspan, Walter Cronje, in die kloue van ’n groepie  ekstremistiese kunstenaars wat van hom ’n kunswerk wil maak deur ’n kaktus in sy borsholte te plant. Die verhaal ondersoek die grense tussen verskillende groepe mense met uiteenlopende belangstellings, en dié tussen bewonderaar en held.
            In Uys Krige se Sol Y Sombra staan daar: “En selfs as jy wakker is, is jou gees nie helder nie, maar troebel en verward, voel jy asof jy êrens weg van die aarde af is of in ’n tussengebied hang, beangsd, ylhoofdig”. Dit is in hierdie “tussengebied”  waar 101 Bakgat maniere om te lewe en sterwe hom begewe.

 An off-beat rollercoaster ride of a book, following the surreal adventures of a) a journalist who investigates the disappearance of a handicapped stripper and b) a Springbok rugby coach who finds himself at the mercy of an extremist art group who wants to turn him into a work of art . . . by transplanting a cactus into his chest!

Klik hier en koop jou eksemplaar van 'n 101 Bakgat Maniere om te Lewe en Sterwe nou van Kalahari.com!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
 9780624063230
e-ISBN:
9780624063230
Prys: R175

Maar TinTin in Tibet
Annelie Ferreira

Wat maak jy as jou dominee-pa by jou studentewoonstel opdaag en sê jy moet saam met hom Beaufort-Wes toe ry omdat ’n Messias daar gesien is? Natuurlik is dit net heeltemal way out buite die kwessie. Maar dan het jy pas met jou Golfie agter in ’n karretjie van die Jack and Jill Driving School vasgery en jou girlfriend kom skielik met die storie dat julle nie meer die naweek alleen Struisbaai toe kan gaan nie. Daarom klim jy maar in jou pa se ou Merc in; luister na Radio Kansel en sy gemoun oor wat alles fout is met die land. Hy stem immers in dat julle soms jou Gert Vlok Nel-CD kan luister, en ten minste vibreer die selfoon in jou sak so af en toe met ’n SMS van jou girlfriend.

Maar so vinnig soos ’n ouerige Merc op die N1 cruise, raak dinge net geweldig complicated. Jy kom agter jou pa het ’n pistool in die cubbyhole, dat jou doodgoeie ma – predikantsvrou! – uithang met ’n vrou wat nie bra dra nie, jou girlfriend vir ’n ruk net wil wegkom van alles, veral van jou, en iemand bel jou pa op sy selfoon om te sê die Messias waarna julle op pad is, is ’n swart seun.

Was ’n reis op die N1 van Stellenbosch na Beaufort-Wes al ooit so fantasties soos die een waarop Annelie Ferreira die leser neem? Dit is soos om van ’n gastehuis op Laingsburg se betaalfoon ’n oproep die donker in te maak en . . . by jouself uit te kom. Want hierdie reis is so vreemd én so bekend, so verskriklik snaaks en tog ook so weemoedig, soos . . . ja, soos die lewe self. En op ’n manier, op ’n baie way out manier, beleef die leser saam met daardie bedryfsielkunde-student en sy predikant-pa ’n wonderwerk.  

Klik hier en koop Maar TinTin in Tibet nou van NB Uitgewers!

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798159944
Prys: R130

Ratels
Leon van Nierop

Ratels is ’n somerskool op ’n wildsplaas waar ’n groep jongmense, uit alle lae van die samelewing, bymekaarkom om oor hulself, die lewe en die natuur te leer. Dit raak aan alledaagse dinge soos korrupsie, dwelms, dobbelary, verhoudings, stropery en die algemene agteruitgang van die natuur. Lekker lewendige relevante jongmens-denke en -taal. Dit is gebaseer op die super-gewilde reeks op RSG met die dieselfde naam, met baie humor, drama en interessante verwikkelinge.

Ratels is a summer school on a game park. This is where a few young people meet to learn more about themselves, life and nature. It touches on things like corruption, drugs, relationships, poaching and the general decline of nature. The novel is based on the very popular Afrikaans series on RSG (SABC) – with lots of quirky humour, drama and complications.

Klik hier en koop Ratels nou by Kalahari.com!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624058793
e-ISBN:
9780624058809
Prys: R130

Back to Villa Park
Jenny Robson

The story takes place on the day of Dirk’s eighteenth birthday, when he has applied for a position in a youth training programme at Kagiso Holdings. At seventeen, and without finishing school, he had hitchhiked back to Johannesburg, where he lived with his parents until he was twelve years old. Now, back in Villa Park, his old Johannesburg neighbourhood, Dirk lives in the maid’s quarters of the house in Groenewald Street where he lived as a boy.
At the Kagiso Holdings interview Dirk finds he is unable to answer the questions in the test he is given, and copies from the girl in front of him. When he is discovered, he is kicked out of the interview. His day goes from bad to worse – and as the story unfolds, the reader learns of Dirk’s life up to now; why he was living with his sister for the last five years, and why he has come back to Jo’burg. Dirk eventually learns that while life can be “unfair”, we all have the power to treat fairly the people we encounter.

Die verhaal speel af op Dirk se agtiende verjaardag, die dag waarop hy vir ’n onderhoud gaan vir ’n internskap by Kagiso Holdings. Tydens die toets wat hy moet skryf, kyk hy af by die meisie wat voor hom sit, en hy word uitgeskop. Sy dag raak net slegter, en soos die gebeure afspeel, besef die leser gaandeweg waarom Dirk as twaalfjarige by sy suster in Port Alfred moes gaan bly, en waarom hy nou in die buitekamer van hulle ou huis in Groenewaldstraat, Villa Park, bly.  Uiteindelik leer Dirk dat, selfs al voel jou lewe soms onregverdig, jy ’n besluit kan maak om almal wat jy teëkom regverdig te behandel.

Klik hier en koop Back to Villa Park nou van Kalahari.com!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top