Foto: Craig Swartbooi (BlackBoy Photography) |
Chokers en Survivors
Nathan Trantraal
Kwela (NB Uitgewers)
ISBN 978-0-7957-0488-8
75 bladsye
Koop Chokers en Survivors by Kalahari.com
Hoekom skryf jy poetry?
Ek skryf poetry oo die liewe annie anne kant vannie kantlyn. As daa niks daa geskrywe innie margins staanie issit ma net oo dai stories nooit geskryf wod ie, of truthfully geskryf wod ie. As daa een ding is wat ek gelee et van opgroei in Bishop Lavis issit dié: daa is niks meer unimportant as die liewens van arm mense nie. As arm mense doodgan los hulle niks agte nie, niks trace dat hulle exist et ie. Vi my is my writing history as told by the losers. My moments van insight het n short half-life, soe ek need om altyd die woorde innie most simple en vinnagste way oppie blaai te kry. Dai is hoekom ek poems skryf en nie novels ie.
Hoekom is Standaardafrikaans so uncool?
Omdat ’n mensie wiet watte woorde oud is en watte woorde modern issie. Ek dinkie die problem is mettie taal ie, ek dink issie mense wie die taal praat, die mense wie soe lief is vi Afrikaans soes ’n ienagste kind. Die taal het niks space om te groei nie, isse coddled taal. Isse insular, exclusionary taal en daa is nie net iets uncool ie maa iets downright linguistically incestuous daa aan; die result is ’n taal met stunted development, met weak genes suppose ek.
Stripkuns deur Nathan Trantaal
Jy is wel belese, maar die themes wat jy in jou boek explore kom als uit een plek uit.
Is swaa vi my om veby die microcosm te kyk. Perhaps omdat os vi ’n lang tyd in soe ’n confined space gebly et wod dai plek vi jou die code waamee jy die res vannie wereld decipher; dai is hoekom ek nooit oo die wye wêreld skryf ie, hoekom alles gefilter wod dee ’n paradigm van sand-sypaadjies en anorexic honne. Bishop Lavis is vi my die hele wêreld.
Watter boeke het jou lewe verander?
Die problem met boeke vi my is dat daa ’n klomp boeke is wat jou liewe change, maa is soes New Year’s resolutions: die change last nooit baie lankie. Ek was agtien toe ek The Plague gelies et van Camus, en ek het ampe suicide commit agtena. Ek was vi ’n lang tyd na dai inne deep fog van existential depression – dai boek het my baie kak lat voel oo myself, en it klink soe phony nou, maa in dai way is ek grateful dat die effect van boeke, soes memories, oek fade. Elke boek van Coetzee wat ek al gelies et was vi my soes ’n fuckin … wat’s ie woord, ’n slypsteen, wat my senses gesharpen het; ek het Elizabeth Costello gelies en agtena decide om ’n vegetarian te wod – dai was hoeveel, vyf jaa geliede; ek is nog altyd ’n vegetarian. The Catcher in the Rye het my gehelp om te realise ek issie mal ie. Hesse se Siddartha, The Glass Bead Game, het ’n groot impact gehad op hoe ek die wêreld sien: it seem alles obvious vi my nou, maa daityd het ekkit vi die eeste kee discover.
Wat is die laaste twee boeke wat jy gelees wat jy baie van gehou het en hoekom het jy daarvan gehou?
The Childhood of Jesus van JM Coetzee en This is how you lose her van Junot Diaz.
Om Junot Diaz te lies is ampe soes oppie beach te stap en mooi skulpe op te tel. Soes iets wat deurie sea ytgespoel was.
Coetzee se writing voel soes hyrie woore agte innie jaat ytgegrawe et. En dan heelnag gelê et inne klein kooi ennie woore polish tot it smooth en mooi is.
Stripkuns deur Nathan Trantaal
In jou gedigte exist daar twee contrasting perspectives, een wat flow uit ’n literary education en een uit ’n pop-cultural education.
Ek dink is vi ’n lank tyd al popular vi middle-class mense om te brag oo die fact dat hulle nie ’n TV own nie, maa vi my issit different. Ek was grootgemaak deurie TV – helfte van my education het ek vannie TV af gekry. Ek kyk nou nog Days of our Lives en Bold and the Beautiful, isse belangrike part van my intellectual diet. Wan ek dink as jy oorie wêreld wil skryf moet jy involved wies mettie wêreld. Jy kannie in jou ivory tower sit met jou hermetically sealed thoughts en skryf oo ’n wereld wat nie net een ding issie, maa ’n myriad van dinge at the same time, all the time. Ek gloe oek nie eintlik in cultural hierarchies ie en dai wod reflect innie writing.
Stripkuns deur Nathan Trantaal
Die title Chokers en Survivors kan ook gesien word as ’n sport-metafoor. Was dit toevallig of beteken dit iets vir jou?
Ek is ’n football fanatic, ek hou van sports, ek’s ’n massive Manchester United fan. It was belangrik dat ie title iets vannie athleticism en muscularity vannie writing convey. Ek isse baie physical pesoon. Football was en is nog altyd vi my important. For instance, it was al connection wat ek gehad et met die laities daa in Lavis. En dan is daa nog iets weird. Ek het altyd gedink dis odd vi my om for example na ’n meeting te gan met iemand soes Antjie Krog of Zapiro die oggend en dan kom ek die mirrag huis toe dan gan speel ek sokke mettie druggies innie pad; it was strange om inbetween twie werelde te exist. It was weird ommie social link tussen Antjie Krog en ’n moordenaar genaamd Sietjie te wies.
Stripkuns deur Nathan Trantaal
|
Jy quote baie music in jou boek, Afrikaanse musiek, conspicuous by its absence?
Ek is ’n groot fan van Randall Wicomb. Randall het vi “Dapper muis” geskryf, en as dai nie die most elegant en apt metaphor vi colonialism issie, dan wiet ekkie. “Ek is ’n dapper muis kyk hoe stap ek in jou huis en daar is niks wat ek voor skrik nie.” Fuckin genius.
Wat wil jy hê moet met lesers gebeur as hulle Chokers en Survivors lees?
Ek wil hê hulle moet ’n physical reaction kry. ’n Orgasm preferably. As ek jou ’n orgasm kan gie wiet ek my next boek hoefie ees goed te wies ie.
Wanneer kom die volgende een?
Hopefully next jaa – ek is halfway.
Gospel Allie dronkies sit by Baba’le oppie stoep (Ongepubliseer) |
Foto: Craig Swartbooi (BlackBoy Photography) |
Lees ’n resensie van Joan Hambidge oor Nathan se digbundel.
Kyk na foto’s van die Trantraals by die onlangse Festival voor het Afrikaans.
Kommentaar
Baie lekker hieraan gelees, my verkneukel. Dankie.
Ek dink wel die taal wat Nathan skryf is OOK incestuous.
Hierdie is byvoorbeeld cool:
Ek het 'n nuwe Engelse woord uit bostaande geleer:
Dit is die soort taal wat die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad openlik en die ander lede van die ATR stilswyend bevorder pleks van hulle energie, uitgaande van 'n voor die hand liggende beginselstandpunt, ten bate van Standaardafrikaans aan te wend.
Johannes Comestor
Ek stem absoluut saam. Die digkuns in enige taal is een van die dryfmiddels van taalbevordering. Is dit waar ons wil hê Afrikaans moet heengaan? Of word skeldigte bloot bevorder agv politieke agendas. Ek vra myself af, wat sou die digters wat ons as die vaders van ons taal beskou, hiervan sê?
Ek voel mens moet die ikoon van Standaard-Afrikaans, NP van Wyk Louw, nie sommer saam met die baba en die badwater uitgooi nie. Daar is munt uit hom te slaan:
djesus broe, dis tyd om 'ie heat siewevoudig te roe, soes ai "mak lammes" om 'ie aussie ...
Die artikel, wow wat "n inspirasie Nathan Trantaal.