vad’rland

  • 0

sou’t sek’r lankal al g’brand’t,
als wat minn’rheid v’rrig’t, ja,
hier, op onn’rpunt v’n Afrika,
net patriotte wat v’rstand’t

oor Moed’rland, Oerkontinent, Moed’r Aard,
groei globaal (via Madiba) ubuNtu se waard,
v’rlange na g’regt’gheid, ’t sallie snel b’daar,
al sal talle hul agt’r oorlogsugt’gheid skaar

deesk’ g’boort’grond, g’skied’nis, goed beleë,
nie lank g’lee, Mens nog opp’r-ultra-ong’neë,
vrugte v’n vryheid m’t “Ann’r”, Naaste t’deel,
post-fiktief “ras”-“klas”-illusie, ai, heel skeel

leer b’loft’lann’r, g’loft’lann’r, ubuNtu-les,
umNtu Madibaïsties t’erbarm, nessie res

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top