Pasgelaai
Heil die Leser!: Pandora se kruik en ander euwels
2025-06-12"Pandora is ’n uiters genietlike en toeganklike roman. Spruyt verras as sosiale kommentator par excellence. Sy takel bogenoemde ongemaklike en belangrike geopolitieke brandpunte kaalvuis, ’n subteks wat nie die verhaallyn verswaar nie, maar eerder as slim metatekstuele kommentaar ’n boeiende kwaliteit aan die roman verleen."
Pasverskyn: Merang, saamgestel deur Neil Cochrane en Alwyn Roux
2025-06-12Merang is voorwaar ’n uitsonderlike viering van die Afrikaanse poësie in haar velerlei gedaantes. Dit is selde dat ’n versameling so verteenwoordigend is van verskillende style, poëtiese tegnieke en tematiese wêrelde soos die liefde, verlies, nostalgie, die natuurlike omgewing, plant- en dierspesies, sosiopolitieke kwessies, kunstenaarskap en tegnologie. Nou nooi ons elke lojale en potensiële poësieleser ook uit om deel te wees van dié besonderse fees van digters en gedigte.
Op dees aarde: Alzheimer se siekte
2025-06-12"Daar word geraam dat 10% van mense van 65 jaar en ouer Alzheimer se siekte het, en dié syfer sal teen 2050 verdubbel. Hoe vorder die navorsing tans om dié komplekse breinsiekte te ontrafel? En wat het ’n virus en stampe teen die kop met alles te doen?"
Die vrou met die trollie
2025-06-12"Sy staan die meeste oggende aan die einde van Phạm Văn Đồng-pad, naby ’n elektriese paal met ’n plastieksak daaraan vasgebind. ’n Bejaarde vrou. Sy dra altyd dieselfde koniese hoed, dieselfde wit handskoene en beweeg met dieselfde skewe stap. Sy loop vinnig, maar sonder om te jaag. Haar trollie, bymekaargehou met tou en geroeste draad, rol voor haar uit en maak ’n skuurgeluid met elke stoot."
A mother awaits
2025-06-12"Let Your spirit nourish.
Add courage to the mother’s womb.
Let Your peace dispel the fear
And grow into love so dear."
Jeug
2025-06-12"toe geluk nog spruit uit
sonskyn en moerbei
systap diep waterstrome
groot wilgers vreesloos die niet in"
Langs die pad gekry
2025-06-12"eendag langs die pad
het ek jou gekry
toe ek verby gister geloop het
op my pad na myself"
Bosbaadjie
2025-06-12"met my eie magsnommer
en my eie R1
en my eie stewels
het ek besef
hoe swaar die baadjie wérklik was"
Op reis sonder ’n goodbye
2025-06-12"Die wond is rou. Jy het op reis gegaan sonder ’n goodbye. Jy vlieg nou hoog en is veilig."
Vonnisbespreking: Konteks en bedoeling – besinning oor die Hoogste Hof van Appèl se haatspraakuitspraak
2025-06-12"Terselfdertyd [...] is die fiktiewe karakter van die redelik ingeligte persoon ’n onhoudbare niksseggendheid aangesien die omvang van waninligtingsveldtogte op die internet en sosiale media die gedagte aan ’n 'redelik ingeligte persoon' waarlik ’n uitsondering op die reël maak."
Speurhond Willem in Japan deur Elizabeth Wasserman: ’n kinderboekresensie
2025-06-12"Die Speurhond Willem-boeke neem lesers op spannende én snaakse speuravonture, maar is en bly in wese reisverhale. Wasserman slaag nes met haar Elf dae-tienerreeks met hierdie reeks steeds uitstekend daarin om vir nege- tot twaalfjariges feit en fiksie kreatief te kombineer en pakkende stories te skep en te vertel, én haar lesers daarmee te vermaak."
What are the alternatives to BBBEE?
2025-06-11Ismail Joosub is the manager of Constitutional Advancement at the FW de Klerk Foundation. He tells Freek Robinson that BBBEE has created 100 extremely rich individuals in South Africa, but has done little to nothing for the poor. What, then, are the alternatives?
Kinderliteratuur se komvandaan tot vandag
2025-06-11"Lees kinders nog? Wat ons eintlik moet vra, is: Lees ons as volwassenes nog en wys ons vir kinders dat dit lekker is om te lees?"
Press release: La ronde at the Baxter from June 20 to 12 July
2025-06-11Nothing is quite as it seems in Arthur Schnitzler’s provocative play La ronde, directed by Leila Henriques, as it heats up the Baxter Studio stage this winter from 20 June to 12 July 2025. Far more than an erotic carousel, the play exposes the transactional nature of modern relationships, where the lines between agency, desire and self-worth are constantly blurred.
Persverklaring: RSG Radioteater, Broodlyn op Donderdagaand 12 Junie om 20:00
2025-06-11As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê, maar regverdig die doel altyd die middele?
Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller
2025-06-11"Die bekroonde akteur Willem Dafoe het op ’n keer gesê: 'Goeie teater daag ons denkwyse uit en moedig ons aan om te fantaseer oor die wêreld waarvan ons droom.' Hierdie stelling is waar vir baie klassieke teaterstukke, maar beslis van toepassing op die pas bekroonde Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller wat vanjaar by die KKNK op Oudtshoorn gedebuteer het."
Wiskunde: Graad 8, kwartaal 2, toets en memorandum
2025-06-11Is jy in graad 8 en los jy graag twee teelepels suiker in jou tee op? In hierdie gratis oefenvraestel van Lee-Ann Langeveld gaan jy ook leer om Wiskundesomme op te los – maar dis op ’n algebraïese wyse. Oefen die somme, drink ’n lekker koppie tee en behaal boonop hierdie kwartaal goeie punte in jou eksamen!
Persverklaring: Deon Maas se kunsuitstalling Ou koeie open op 14 Junie 2025 by die Breytenbach Galery
2025-06-11Met sy uitstalling Ou koeie gebruik filmmaker, joernalis en skrywer Deon Maas oorspronklike koerantfoto’s, spuitverf en fotostate om kommentaar op die Suid-Afrika van die 1970’s en 1980’s te lewer, en herroep hy momente en mense uit dié stormagtige jare. Dit open op 14 Junie 2025 om 13:00 by die Breytenbach Galery in Wellington, met akteur Gerard Rudolf as openingspreker.
Stefaans Coetzee in conversation with Joanne Hichens
2025-06-10"I would really stress to writers, especially creative writers – of fiction and also of creative nonfiction – to develop your voice, your style; don’t turn to AI to develop it for you. There’s a wooden quality to this sort of prose that’s a bore to read."
